BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 302

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verkryging van genade in die hiernamaals - Effektiwiteit in die ligsfeer

2450 Die genadetyd van die lewe op aarde eindig met die dood van die mens. Want dan gaan sy siel terug na die geesteryk en sal óf ryk geseënd wees met geestelike goedere, óf arm en behoeftig, na gelang sy `n beroep gedoen het op die genade wat haar in die aardse lewe ter beskikking gestaan het. Sodra die lewe op aarde beëindig word, hou die toevoer van genade op in soverre dat die siel nou self daarna moet strewe. Dat sy dus eers deur haar korrekte ingesteldheid teenoor God weer genade kan verwerf, dat sy dus met goddelike genade, d.w.s. met Sy hulp, beloon sal word wanneer sy vir God kies, dus deur die wil om werksaam te wees in liefde, die uitstraling van Sy Liefde verwerf.

Dit is in die mees ware sin van die woord genade, omdat die toets tydens die lewe op aarde eintlik die laaste voltooiing vir die mens moes bring en dat God nou uit Sy oorgrote Liefde die siel ook in die hiernamaals nie Sy hulp ontsê nie, en wel op die wyse dat Hy die siel toelaat om te kyk na die lyding van ander siele en dat Hy haar daartoe wil bring om hierdie lydende siele by te staan. Deur aan hulle hulp te verleen, verwerf sy weer die genade van God, wat God onbeperk uitdeel om die siele uit die mees duistere nood te red.

En hierdie siel is dankbaar teenoor haar Skepper wanneer sy wetend geword het, d.w.s. wanneer sy die uitstraling van God se Liefde in ontvangs kan neem. Dan word sy heeltemal gelukkig en sy loof en prys God ononderbroke. Die ligsfeer word nou vir hierdie siel toeganklik. Dit word nou haar blywende omgewing. Sy het geen agteruitgang meer te vrees nie. Sy kan maar net in `n steeds ligter ligsfeer ingaan, maar nooit sal `n skaduwee haar geluksaligheid verduister nie.

En nou begin haar aktiwiteit in die hiernamaals, wat haar die grootste voldoening gee. Want sy doen net dit waartoe die diepste liefde haar aanspoor. En daarom is haar huidige aktiwiteit saligmakend. `n Liefdevolle siel is slegs daarop uit om geluk te skenk, om dus dit uit te deel wat haar gelukkig maak. En omdat sy self die toestand deurgemaak het waarin daar geen lig was nie, en die onvryheid as `n kwelling ondergaan het, wil sy in haar liefde die siele te hulp kom wat dieselfde lot moet verdra, want nou weet sy ook dat sy daarmee die wil van God vervul. Sy voel haarself waarlik deurdring van die goddelike wil en voer dit sonder weerstand uit.

En sy beperk nie die siele wat sy omhoog wil lei in hul vryheid van wil nie. Daarom is haar werksaamheid moeisaam en verg dit baie, baie geduld. Maar haar liefde laat haar nie moeg word nie. En die moeite word ook beloon, want sy voel die grootste geluksaligheid wanneer die siel aan haar fluisterstem gehoor gee en haar begin losmaak van die wêreld. Hierdie arbeid aan die siele in die hiernamaals en op aarde is `n verlossende taak, waarvan die mens op aarde die belang maar selde insien. Want eers as sy op hoogte gebring word van die ewige geluksaligheid, word die noodsaaklikheid van hierdie werk verstaanbaar.

Maar sodra die siel in die hiernamaals haarself in die gebied van die goddelike uitstraling van Liefde bevind, is sy ook op hoogte van haar taak en die belang daarvan. En sy vervul dit nou met `n oorgawe wat slegs op haar liefde gebaseer is. Liefde en geluksaligheid is onafskeibaar. Die siel moet geluksaligheid in liefde berei, omdat sy onophoudelik geluksaligheid ontvang. En sy moet die nog gebonde siele help om alle hindernisse uit die weg te ruim wat hul toegang tot geluksaligheid belet. Die siel moet die kennis verder deurgee, waardeur ook die onvrye siele vryword en ook in die ligsfeer kan binnegaan, in die ewige geluksaligheid in. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205