BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 304

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die mees eenvoudige leefwyse in die komende tyd - die afsonderlike lot van elkeen

2454 Die komende tyd sal `n geweldige verandering van die bestaande lewensomstandighede meebring. En die mense sal gedwing word om `n volkome ander lewe te lei, te midde van verwarring en vreeslike wanorde. Want die komende natuurkatastrofe sal die grootste verwoestings aanrig en `n lang tyd sal benodig word voordat die ou orde herstel sal wees. Elke mens sal genoeë moet neem met `n eenvoudigste leefwyse.

Hy sal nie `n luukse lewentjie vir homself kan opeis nie, maar sal aan swaarkry en laste blootgestel wees, wat hy dink hy byna nie sal kan verduur nie. En dan sal hy homself dikwels die vraag stel waarom hy so `n harde lewe moet lei. En hy sal geen ander antwoord hê as dat die toestand van sy siel hierdie beproewing benodig nie. En wanneer hy hierdie antwoord uit homself kan gee, dan sal hy ook poog om by die moeiliker lewensituasies aan te pas en sal `n makliker lewe in die hiernamaals as vergoeding vir homself insien. En dan sal dit ook makliker word om dit op aarde te dra, want hy moes slegs insig verkry het wat daar oor die mense gekom het, wat beantwoord aan die ewige raadsbesluit van God. En dan sal hy ook vir sy medemens `n meevoelende hart hê. Hy sal hom help waar dit geoorloof is. En die wat in God glo en wat hulle op Hom rig, sal wedersydse nood verlig, want die liefde sal in hulle wees. En liefde help om alles te verdra en te oorwin, want sy gee mens die krag uit God, wat die Liefde Self is.

Die ingesteldheid van die mens teenoor die nood van sy medemens sal maatgewend wees in hoeverre hy self behoeftig en in moeilike lewensomstandighede op aarde sal moet deurbring. Hy sal dit self kan verbeter, deur sy wil om sy medemens te help, want nou gee God hom ook die moontlikheid om sy wil te realiseer, deurdat Hy nou self aan hom kan gee waaraan hy kortkom, sodat hy ook aan diegene kan gee wat, net soos hy, in kommerwekkende lewensomstandighede lewe en dus `n moeilike bestaan lei.

Die verstandelike vermoë van die enkeling sal nie deurslaggewend wees nie, want dit sal nie tot veel in staat wees nie, omdat alle lewensvoorwaardes anders geword het as tevore. En slegs die grootste geduld en die grootste bereidheid om te offer, sal die lewe met mekaar draaglik maak, want God bepaal daardeur watter lot die enkeling sal moet dra.

God self is Liefde en hierdie Liefde wil nie die leed van die mens hê nie, maar hulle geluk. Maar hulle kan nie geluk gegee word, solank hulle God nog nie as die Liefde herken nie. Maar om Hom te leer ken, moet die hart verander tot liefde. En gewoonlik word die liefde gewek deur groot nood en sorg. En dus moet God sulke dinge oor die mensdom stuur, om die vonk van liefde in die hart van elke mens te laat ontvlam en soos wat hy dit sal doen, so sal hy ook deur die ewige Godheid in ag geneem word.

En so kan hy baie gou weer `n draaglike lewe lei, soos wat hy ook self daartoe sal bydra om die nood van sy medemens te verlig en daar sal vir hom waarlik genoeg geleentheid gebied word om sy hart te laat spreek. Hy sal op verskeie maniere werksaam kan wees in liefde. Geestelik sowel as aards sal vereistes aan hom gestel word, waaraan hy maar net hoef te voldoen om die nood vir homself te verminder en om die lewe vir hom draaglik te maak. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205