BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 313

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Materie en Gees?

2494 Wat is die wêreld en sy materie? Hierdie vraag hou baie mense besig en tog is hulle nie in staat om hierdie vraag met hulle intellek op te los nie. Alles wat sigbaar is, is materie, dus substansie wat verdig is as `n vorm. Die substansie het as’t ware eers deur die samepersing sigbaar geword, want voor dit was die materie onsigbaar, dit is geestelike substansie.

Geestelike substansie is God se uitgaande krag wat, in ooreenstemming met Sy Wil, dit word wat dit is sodra God vir hom `n bepaalde vorm bedink het. En hierdie vorm is dus weer die samesluiting van tallose substansies, dus `n maaksel wat kan oplos om elke aparte substansie weer vry te laat as God dit wil. Elke materiële vorm is dus vernietigbaar. Die materie is iets wat geen ewigheidsbestaan het nie, want dit is slegs die omhulsel van geestelike substansies wat hulself moet ontwikkel en daarom nie vir ewig in hierdie omhulsels bly nie. Alhoewel materie self ook geestelike substansies is, is dit in ooreenstemming met God se wil, saamgeperste geestelike krag, wat ontwikkel deur aanhoudende ontbinding, verbanning en hervorming, sodat dit weer na `n oneindige lang tyd, ook so `n vorm kan okkupeer. Alles wat sigbaar is, is geestelike krag wat nog in die beginstadium van ontwikkeling is, terwyl die meer volwasse gees onsigbaar is vir die menslike oog en gebruik `n sigbare vorm om in te woon.

In alle uiterlike vorms leef daar dus iets geestelik, `n wese wat onbewus is van haarself, maar wat egter na vereniging verlang met soortgelyke wesens om haar hoeveelheid krag te vermeerder deur so `n vereniging, aangesien elke wese na volmaaktheid streef.

En sodra die materie oplos en `n vorm uiteenval, streef die vrygeworde geestelike wese na gelyke geestelike wesens wat verenig om lewe te gee aan `n nuwe vorm. Hierdie proses vorm die basis vir die ononderbroke ontstaan en vergaan in die natuur en is dus die oorsaak van voortdurende geboorte en sterwe in die natuur.

Die geestelike substansies deurloop die hele skepping, deels afsonderlik en deels in tallose samevoegings. Korresponderend daartoe is die grootte en aard van die omhullende vorme. Alles wat hierdie geestelike wesens omhul, is materie.

Maar materie self bestaan uit geestelike substansies wat in die begin van hulle ontwikkeling staan en kan daarom vir die menslike oog sigbaar wees, want slegs die reeds meer volwasse gees is onsigbaar. Daarom moet alles wat sigbaar is, nog as onvolmaak beskou word, dus geestelike substansie wat nog ver van God verwyder is en wat nou eers sy weg van ontwikkeling begin. Die gees wat binne die sigbare vorm geberg is, het alreeds hierdie weg afgelê en streef nou na God. Daarom is `n vernietiging, dit is `n sterwe of oplossing van `n vorm, of die verganklikheid van materie binne die wil van God, omdat die voortsetting van ontwikkeling vir die geestelike substansie daardeur moontlik gemaak word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205