BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 321

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

“Ek sal kom soos `n dief in die nag

2534 Die mense slaan geen meer ag op die tekens van die tyd nie. Niks lyk vir hulle ongewoon nie en elke gebeurtenis aanvaar hulle sonder om daaroor na te dink. Vir hierdie mense is die aankondiging van die natuurkatastrofe wat op hande is, ook nie geloofwaardig nie, want hulle glo dat die tyd wat in die skrif vermeld word, nog nie aangebreek het nie. Hulle neem geen enkele verklaring aan nie, omdat die gedagte vir hulle onaangenaam is dat die mense van die huidige tyd die slagoffers sal wees. Daarom wil hulle nie aan die komende glo nie en sal daarom verras en onvoorbereid wees wanneer die aangekondigde dag aanbreek. Juis vir hulle geld die woorde wat Jesus eens gesê het: “Ek sal kom soos `n dief in die nag”, want hulle sal hul in die diepste geestelike sluimering bevind en sal geen voorbereidings getref het nie. Hul siele sal baie ontberings moet deurgaan wanneer hulle weggeroep word van die aarde. En hulle sal ook nouliks nog tot God kan roep, omdat die omvang van die katastrofe hulle van alle denkvermoë sal beroof.

God se liefde laat egter niks oor die mense kom sonder om hulle eers daarvan in kennis te stel nie. Hy waarsku hulle al vir `n lang tyd vooraf, maar Hy dwing nie die mense om aan hierdie waarskuwings te glo nie.

Vir hulle wat egter op hierdie tekens aggee, sal dit nie moeilik vind om te glo nie. En enigeen wie met God verbind is, sal ook die vermaning van God in die hart voel en sal dan ook self oplet na die tekens van die tyd. Hy sal dan ook moeite doen om in die genade van God te lewe, dus sal hy vir hierdie genade vra en hom dan oorgee aan die barmhartigheid van God.

Nog net `n kort tydjie skei julle mense van hierdie gebeurtenis en die tyd moet julle goed benut, sodat julle dit rustig kan afwag. Julle mag julleself ook nie vlei met die gedagte dat julle al volmaak is en dus geen erbarming nodig het nie. Julle moet julleself ootmoedig toevertrou aan die liefde van God en altyd daaraan dink dat julle laaste uur gekom het. En julle moet luister na die vermaning, wanneer die verteenwoordigers van God Sy woord aan julle bring. Julle sal weet dat die uur nie meer ver is en dat julle gereed moet wees en God se liefde en Sy barmhartigheid sal julle ook bystaan in die ure van nood.

Hy sal aan julle dink soos wat julle aan Hom dink. Hy sal julle die lewe laat behou as dit vir julle siel dienstig is, of julle wegneem van die aarde na `n beter lewe in die hiernamaals, as julle dit waardig sal wees.

Wee egter hulle wat die uur onvoorbereid tegemoetgaan en daarby hul lewe verloor, hul lot in die hiernamaals sal waarlik nie maklik wees nie. En juis daarteen wil God die mense beskerm, deur die komende gebreurtenisse aan te kondig om hulle tot `n ommekeer te beweeg as hul lewenswandel nie volgens Sy wil is nie. En daardeur demonstreer Hy die woorde van die Heilige Skrif: “Ek sal kom soos `n dief in die nag, daarom waak en bid”. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205