BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 325

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebrek aan begrip vir die profesieë - Noodsaaklikheid

2555 Slegs weinig mense besef die erns van die tyd, en dus kan die komende gebeure slegs vir weinig geloofwaardig gemaak word. Solank as wat hulle net na die welsyn van hulle liggame streef, sal hulle slegs aandag skenk aan gebeure wat daaraan verwant is en kan en sal nie `n verandering in die wêreldgebeure verstaan wat deur geestelike dringendheid veroorsaak word nie. Want geestelike ervarings is vreemd vir hulle en al sulke verwysings word onbeduidend en onbelangrik geag, indien nie heeltemal verkeerd nie. Om die komende gebeurtenisse nou vir hulle aan te kondig, sal min sukses hê en tog moet hulle ook gewaarsku word, sodat niemand sal leef om die dag in volledige onkunde te sien nie. Want wat hulle nie nou wil glo nie, sal skielik geloofwaardig word vir hulle en hulle motiveer om hulle gedagtes tot God te rig en Hom aan te roep in nood.

Geestelike gedagtes is dikwels ongerieflik vir so `n persoon, omdat dit maar net sy aardse lewe ondermyn, en as gevolg hiervan verwerp hy dit wanneer dit opgehaal word en dus kan hy ook nie tot insigte kom nie. So gou as wat `n medemens lig- en geestelike gawes aan hom oordra, weier of ignoreer hy die gawe en dus sal hy nie kan gebruikmaak van die tyd wat hom nog skei van die groot natuurgebeurtenis nie, sodat dit hom nie sal verras en heeltemal verbyster nie. En tog kan hy nie op enige ander manier gehelp word nie, as deur die vermelding van die uiters belangrike verandering, selfs al is hy nie ten volle in staat of bereid om dit aan te neem nie. Want net die sekerheid dat die profesie vervul gaan word, sal die persoon reeds na `n skielike insig lei.

God se liefde sal elke persoon ontmoet, en Hy stuur Sy vermanings en waarskuwings aan almal, want Hy ken mense se swakhede en wil hulle help wanneer hulle in die moeilikheid is. Maar meeste van die tyd wil mense nie gehelp word nie, omdat hulle dink dat hulle dit nie nodig het nie. En tog ly hulle geweldig, want hulle het geen innerlike kontak met God nie, hulle het hulself van Hom gedistansieer en sal dus nie na Sy stem luister wat deur middel van `n menslike mond met hulle praat nie. Hulle herken dit nie as God se stem nie en dus sal dit geen invloed op hulle hê nie, want hulle sluit hulself af vir die uitwerking daarvan.

Elke dag op aarde wat in geestelike onkunde geleef is, is `n verlore dag en daar is nie veel meer oor nie, want die groot wêreldse nood het nog nie tot `n einde gekom nie en die mensdom staar `n groter een in die gesig, wat onvermydelik is, ter wille van die mens se geestelike ontwikkeling. Dit sal baie menselewens eis en hul geleentheid vir ontwikkeling op aarde tot `n einde bring. God wil hulle help, terwyl daar nog tyd is en Hy stuur Sy dienaars en verteenwoordigers uit na hulle, sodat hulle in Sy Naam sal spreek en hulle herinner om hulle siele te oorweeg en te streef na hoër geestelike ontwikkeling. En as hulle na hul luister, sal hulle dit wat gaan kom maklik verdra, want hulle sal besef dat niks op aarde sonder betekenis en doel gebeur nie en dat geestelike ontwikkeling die uiteindelike doel van die aardse lewe is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205