BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 326

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Goeie Herder - `n Hart wat bereid is om te ontvang

2561 Die geringste bereidwilligheid om My te dien, beloon Ek met My Liefde, want as jy jou wil aan My oorgee, hou Ek jou vas en nooit sal jy verlore kan gaan nie, want jy het jou bereidwilligheid om vir My werksaam te wees, aan My kenbaar gemaak. En wat jy ookal sal begin, sal ooreenstem met My wil wees en derhalwe ook aan My welgevallig wees. Ek dwing geen mens nie, maar Ek gee jou vryheid. En soos wat jy besluit, so sal jy deur My beloon word. Ek sal by jou wees, sodra jy by My wil wees.

Jy alleen bepaal die mate van My Liefde, want as jy jou oopstel, vloei Sy na jou toe. Sodra jy jou hart gereedmaak om te ontvang, neem Ek haar in besit. Maar jy sal My nie onvoorbereid kan opneem nie, omdat Ek nie kan bly in `n hart wat nie vir My vinniger gaan klop nie. Ek word na jou toe getrek, maar netso sal jy ook op My moet aanstuur. Ek rig geen versperrings op as jy dit nie vir jouself oprig nie. Ek is steeds daar vir jou, maar jy sal My moet roep, omdat Ek jou andersins nie kan beloon nie. Maar as jy na My verlang, dan kan jy verseker wees van My Liefde, omdat Ek jou liefhet vanaf die allereerste begin.

Laat Ek in jou hart woon en doen alles om hierdie doel te bereik, want dan is jy magtig en vol krag. Jy is wys en staan in die lig, want Ek Self deurstroom jou met My Lig en my Krag. En dan sal jy van alles op hoogte wees en jy sal tot alles in staat wees, omdat dit Ek is wat jou vervul met Sy Gees, wat dus deur jou werksaam sal wees. As jy my Woorde glo en daarna streef om My in jou hart op te neem, dan sal jy die aarde met sy behoeftes maklik oorkom, want jy streef nou jou eintlike bestemming na. Jy streef na die eenwording met Hom, van wie jy jouself eens afgeskei het en Ek ondersteun jou in hierdie strewe. Ek gee jou krag, sodat jy nie moeg word nie. Ek verlig die weg na My, sodat jy nie verdwaal nie en Ek Self kom jou tegemoet en druk jou aan My Hart. En dan gaan jy saam met My die weg omhoog en sal jy die doel bereik. Ek Self soek na my skape wat op die pad verlore raak en Ek bring hulle terug van die afgrond, want Ek is die goeie Herder, wat besorg is oor sy skape. Ek laat hom nie aan sy lot oor nie, maar Ek klim agter hom aan as hy van die kudde afgedwaal het en gevaar loop om te verdwaal. Want My Liefde omvat al My skepsels en geen enkele een wil Ek in die maalstroom van die wêreld laat ondergaan nie. Maar eers wanneer hy My gaan herken, stuur hy met dieselfde liefde op My af. En dan eers kan Ek my intrek in sy hart neem, wanneer die mens hom voorberei het om My op te neem deur `n lewenswandel in liefde, wanneer dit sy wil is om My vir altyd te dien en wanneer hy blyke gee van hierdie wil deur sy medewerking aan die verlossing van hulle wat dwaal op aarde. Vir hom wil Ek seën en by hom wil Ek My intrek neem. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205