BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 328

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ondeurgrondelike natuurkragte - Die wesenlike werking daarvan

2744 Die mens kan die kragte van die natuur benut, hulle kan daarvan gebruik maak en dit vir hul planne diensbaar maak, hulle kan weer dinge laat ontstaan met behulp van hierdie natuurkragte, maar hulle is nie in staat om dit heeltemal te deurgrond nie. Dit bly vir hulle verborge in welke samehang hierdie kragte met mekaar staan en wat dit by nadere ondersoek eintlik is. En hulle sal nooit uitsluitsel daaroor kan verkry nie, omdat dit `n indringing in die geestelike gebied beteken, wat gladnie net suiwer deur middel van wetenskaplike navorsing betree kan word nie. Want die diepste grond van elke natuurkrag moet in die geestelike gesoek word en kan daarom nie verklaar word, solank as wat daar nie op die geestelike weg gegaan word nie, of as die geloof in geestelik werksaamheid nie absoluut teenwoordig is nie.

`n Ondersoek na waarheid roer onvermydelik die geestelike sfeer aan, die sfeer wat die mense gewoonlik niks van wil weet nie. En dus sal hulle slegs in soverre die kragte van die natuur kan deurgrond, as wat hulle dit aards kan verklaar en beredeneer. Die mens kan dus wetenskaplik slegs resultate toon wat hulle kan bewys. Hulle kan dus wel deur hul ervarings die uitwerking daarvan vasstel, maar nooit die oorsaak nie. Hulle word in `n sekere sin slegs beter vertroud met dit wat aards geuiter word en hulle kan dit tot in die fynste detail waarneem en dit dus ook deur middel van navorsing bewys en die krag daarop baseer. En daaraan beantwoordend kan hulle hierdie kragte bruikbaar aanwend.

Maar wanneer hulle kom by wat dit eintlik behels en watter doel dit het, is dit vir die mens nog `n onopgeloste raaisel en sal ook so bly, solank as wat die geestelike weg nie gegaan word nie. En hulle sal ook nie in staat wees om die elemente van die natuur te ondersoek, soos wat hulle hul buitengewoon uitleef nie. Want omdat hulle nie op hoogte is van hul oorsprong nie, is die tyd en aard van hul uitbarsting vir hulle onbekend. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat dit die invloed van die son is en daarop baseer hulle die natuurkragte wat egter vir hulle onverklaarbaar is. Hulle kennis is fragmentaries en vertoon groot leemtes op hierdie gebied. Hulle het wel, deur middel van navorsing, so ver gevorder dat hulle die uitwerking van die natuurkragte kan bereken en dit aan die hand van syfers kan vasstel, maar hulle sal nooit in staat wees om die oorsaak te deurgrond nie. En daarom sal hulle steeds weer verras word en sal nie vooruit kan aandui of en wanneer hierdie kragte werksaam sal word nie. Maar hulle sal die natuurelemente ook nie kan afskakel nie. Hulle sal nie in staat wees om dit te rem of tydelik te rangeer nie, want die kragte het `n noodsaaklike uitwerking, ongeag die sterkte en heftigheid, soos wat die tyd en aard ook nie bepaal kan word van wanneer die natuurkragte uitbars nie.

Daarenteen kan mense wie se gees gewek is, sonder enige wetenskaplike ondersoek, vooruit sien en sowel tyd en plek deurgrond. Maar slegs wanneer die tyd en plek gunstig sal wees vir die ontwikkeling van die mens, wat egter gewoonlik nie die geval is nie, om welke rede God dan ook die kennis daaroor van die mens weerhou, totdat die oomblik aanbreek waarop Hy Homself deur die natuurkragte bekendmaak. Want die kennis van tyd en plek sou `n onvoorstelbare chaos onder die mensdom veroorsaak, `n angs en paniek wat gladnie daartoe sou bydra om die positiewe ontwikkeling van hulle siele te bevorder nie. God bring die mense net naastenby op hoogte, om hulle te wys op die gewelddadige woede van die kragte en om hulle tot die regte ingesteldheid teenoor Hom te kry. Die mense, deur wie God hierdie kennis na die aarde stuur, is egter al sover geestelik volwasse, dat hulle op hoogte is van die oorsprong van alle kragte in die geesteryk. En daarom kan hulle die bekendmaking vanuit `n ware geloof in ontvangs neem en ook vanuit `n ware geloof bekendmaak, wat die ondersoekende verstandsmens egter gladnie kan herken nie, omdat die oorsprong daarvan onbekend is aan hom as navorser en hy nie geestelike verklarings ken nie.

En tog sal die bekendmaking van hom wat vooruitsien, ooreenstem met die waarheid, wat bewys sal word deur die verwesenliking van dit wat geestelik ontvang is, terwyl hulle, wat deur middel van hul verstand ondersoek, verras sal word, omdat hulle geen aanknopingspunte kon vind waaruit hulle `n uitbarsting van die natuurkragte kon aflei nie. Dit sal vir hulle verborge bly, omdat die goddelike Wil slegs opheldering aan diegene gee wat `n geestelike verbinding soek met die geestelike wesens, wat oor alles uitsluitsel kan gee omdat hulle van dit weet, wat andersins vir die mens verborge is, en wat maar slegs in die geesteryk verkry kan word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205