BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liefdadigheid - Kommer - Die Heiland teenwoordig in liefde

399 Myne sal My heerlikheid sien en aan hulle sal alle seën van die hemel ten deel val. Respekteer mekaar daarom en hê mekaar lief, want deur hierdie liefde word julle dit wat julle My kinders maak. Julle het in alle lewenssituasies baie geleenthede waarin julle hierdie liefde kan uitoefen. Dit sal niemand ontsê word om loon te versamel deur liefdadigheid nie.

Hou God daarom op julle lewensweg, want so dikwels mense met vrae na julle kom, beproef Hy julle hoe julle teenoor hulle optree. En julle sal altyd deur die stem van die gewete `n wenk van bo gegee word. As julle na hierdie stem luister en die geleentheid gebruik, dan word julle siele spoedig volwasse in hierdie liefde. En so besef julle steeds weer dat die liefde die enigste ware weg is na die hart van die Vader. Met Sy lewe op aarde het die Heer alle mense deur liefde probeer wen, julle moet ook die dryfveer van julle hart volg, wat julle steeds sal aanspoor om in liefde werksaam te wees.

Die lewe van Christus op aarde is die riglyn vir hierdie lewe. As julle Hom en Sy woorde kan navolg, dan sal julle dit maklik bereik wat die doel moet wees vir oneindig baie wesens in die heelal. Deur die liefde begewe julle julleself in die genade van God, want oral waar liefde heers, is God Self onder julle. En in die nabyheid van die goddelike Verlosser vloei sy genade in julle en as die goddelike genade julle ondersteun, sal hierdie stryd op aarde steeds makliker word.

Dit moet almal goed beloon op wie die las en kommer van die wêreld druk. As hulle hulself steeds meer daarop toelê om werke van liefde te doen, dan laat God hulle soveel krag toekom, dat hulle dit vinnig in hulself gewaar en die daaglikse sorge hul nie meer bedruk nie. Hierdie sorge word van hulle skouers afgeneem en die lewe is dan makliker om te dra. In al hierdie bekommernisse van die lewe wil die ewige Skepper Homself openbaar.

Wie sonder gedagtes aan die Godheid deur die lewe gaan, moet opmerksaam gemaak word op `n Krag wat hom beheer, waaraan hy hom nie met eie krag kan onttrek nie. As daar nou ware liefde in die handeling van die mens is, dan sal hy ook weldra in hierdie liefde bekwaam word om God in alles te herken, selfs in wat hom bedruk en belas. En as hy dit eenmaal ingesien het, dan dring God Self sy hart binne, want Hy woon tog altyd daar waar ware liefde die dryfveer van alle handelinge is.

As julle die goddelike Skepper nie kan herken nie, maar tog voortdurend in liefde optree, dan het julle siele lankal tot insig gekom en sal dit nog net `n kort tydjie duur totdat julle geestelike oë ten volle geopen is. Hê daarom lief as eerste gebod. Laat die een vir die ander sorg. Laat julle medemens nie gebrek ly nie, gee waar julle kan en moenie in die laaste plek vir hulle geestelike welsyn sorg nie. Wanneer julle self tot insig gekom het, moet julle hulle help om ook tot hierdie insig te kom en dit kan julle alleenlik doen deur die liefde, wat `n uitstroming is van die Heer, die hemelse Vader van ewigheid tot ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205