BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 330

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Woorde van Liefde van die Vader

2752 Bly My tog in liefde toegedaan, dan sal julle niks te vrese hê nie, wat ookal mag gebeur en vergeet nie dat wanneer Ek jou lot bestuur, alles wat oor jou gaan kom, goed is vir jou nie. Vergeet nie dat My Liefde jou lewe so sal vorm dat dit goed sal wees vir jou positiewe ontwikkeling nie. Glo in My Liefde, dan sal jy ook leer om alles te verstaan. Jy sal die swaarste geduldig verdra en jy sal My hulp in vaste vertroue verwag, wanneer die lewe vir jou ondraaglik lyk. My Liefde en My wil het immers net jou voltooiing ten doel. En My Wysheid ken die hulpbronne en die weë vir jou. Vertrou daarom op My, omdat Ek slegs op jou geestelike welsyn bedag is en niks oor jou sal stuur wat nie bevorderlik is hiervoor nie.

Word soos `n kind en laat jou sonder teenstribbeling deur My lei, steeds in die hoop en geloof dat Ek jou nie op `n verkeerde pad sal laat gaan nie, selfs wanneer die pad vol klippe en moeilik is. Eens sal jou siel My dank, omdat Ek jou tydens jou aardse lewe laat ly het. Wat is die kort aardse lewe in vergelyking met die ewigheid, waar daar heerlikhede vir jou wag waarvan jy as mens geen voorstelling kan maak nie? Waarom word jy moedeloos as jy in My glo?

Ek is die Liefde en die Liefde sal jou waarlik nie laat ly, as jy die leed nie vir jou siel nodig sou gehad het nie. Ek laat jou ly, omdat Ek jou liefhet en jou wil help, en omdat jy andersins nie die weg na My sou gevind het nie. Jou weg is vol dorings en moeilik, maar die breë weg, wat goed begaanbaar is, lei nie na My nie. Inteendeel, dit lei na die kamp van My teenstander en My Liefde kan nooit toelaat dat jy hierdie weg betree wat onherroeplik na die verderf lei nie.

Vertrou My en gee jou gewillig oor in my hande. Neem die kruis op en vra My, sodat Ek jou kan help dra. Word nie moedeloos en vertwyfeld nie, maar verheug jou daarin dat jy deur die leed bewus geword het van My Liefde, wat jy in elke leed sal herken. Wees geduldig en verwag My hulp, waarvan jy verseker kan wees as jy maar net glo. En as `n swakheid jou bekommer, as jy onseker word in die geloof, bid dan. Roep My aan, sodat Ek jou kan versterk. Stuur net `n gedagte op na My en Ek beveel jou in My genade aan, want Ek sal jou waarlik nie ongetroos laat nie. Ek sal jou versterk en jou siel sal verheug wees, want sy sal My nabyheid voel en sy sal van die krag bewusword wat `n innige gebed tot My vir jou gee.

Solank as wat jy tweespraak met My kan hou, sal jy nie eensaam en verlate wees nie, want Ek hoor jou altyd en Ek let voortdurend op jou siel, dat sy volwasse sal word, solank as wat jy nog oor die aarde moet gaan. En Ek sal jou ook help wanneer die hulp vir jou liggaam nie duidelik gevoel kan word nie. Ek help dit wat onverganklik is, omdat die onverganklike by My hoort en dus ook na My toe moet kom. En so sal jy altyd My Liefde moet herken en alles gelate uit my hand aanneem, of dit vreugde is of leed.

Jou nood op aarde is gering te noem vergeleke met die nood in die hiernamaals, wat Ek jou wil bespaar deurdat Ek jou hard op aarde hanteer. Wees gelowig en vertrou op My. Eens sal jy insien dat slegs die Liefde My daartoe gebring het om jou op aarde met so `n groot leed te kwel, omdat Ek jou deur `n harde skool laat gaan het om jou te wen vir My ryk, om jou die ewige lewe in geluksaligheid te gee in hierdie ryk. Solank as wat die las van die aardse lewe nog op jou druk, sal jy nog nie volkome die Liefde van jou Vader vir jou besef nie. Maar Ek roep jou trooswoorde toe: Gee die liefde vir My nie op nie, sodat My Liefde jou kan vashou en jou duisendvoudig skadeloos kan stel van al die aardse lyding en alle behoeftes. Neem jou toevlug tot My, sodat Ek jou leed kan help dra. En word nie moedeloos nie, want jou lewe op aarde duur nie vir ewig nie. Ek beëindig dit en sal jou siel na My roep wanneer jou uur aanbreek. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205