BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 335

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Inkarnasie – instinkte – voorlopige stadiums

2775 Die beliggaming van `n siel kan plaasvind wanneer alle substansies, wat in die mees verskillende skeppings die weg op aarde afgelê en hulself hoër ontwikkel het, hulself daarin verenig het. Want elke skeppingswerk moet in die sielesubstansie aanwesig wees om te inkarnarneer, dit is sodat die menslike liggaam nou die omhulsel word van so `n siel, wat al die lewende skeppingswerke in miniatuur in haarself berg. Die eindelose lang aardse weg van voorheen het die samesluiting teweeggebring van al hierdie substansies en hulle wag nou op hulle laaste beliggaming. Hulle word as siel in die menslike uiterlike vorm ingelyf om die laaste stadium van ontwikkeling deur te maak.

Hierdie beliggaming se tydsduur verskil, na gelang van die volmaaktheid van die afsonderlike substansies. Hulle het in hulle voorstadiums ook al `n sekere mate van vryheid gehad, ofskoon hulle in `n gedwonge toestand volgens die wil van God werksaam was. Maar in die laaste stadium voor die beliggaming as mens, word hierdie dwangtoestand reeds meer en meer verslap, sodat sekere instinkte verminder of selfs verhoog kan word. En dit het weer `n hoër of laer graad van volwassenheid tot gevolg, wat nou weer op sy beurt die duur van die laaste beliggaming as mens sal bepaal.

Sodra alle sielesubstansies hulself versamel het tot `n menslike siel, strewe hulle na hierdie laaste beliggaming op aarde, want hulle weet dat die menslike dop hulle laaste fisiese omhulling sal wees en dat hulle na hierdie bedekking, van alle aardse beperkings kan vrykom. En om daardie rede spandeer die siel slegs tyd daar waar die geleentheid haar gebied word om te inkarneer. Begryplikerwys sal sy haaself inkarneer waar mense se karakter aanpas by haar toestand van volwassenheid, dus daar waar die mense dieselfde instinkte en kenmerke het wat met haar eie wese ooreenkom.

Hoe dit ookal sy, dit sluit nie uit dat `n anders ingestelde siel nie sal poog om met vreemdgeaarde mense te inkarneer nie, slegs om haar eie beliggaming te versnel, maar dan moet sy dikwels worstel met bykomende probleme gedurende haar aardse lewe, omdat daar geen rekening gehou was van haar geaardheid nie en sy nie die eise wat aan haar gestel was, kon nakom nie.

Nietemin, aangesien die siel al vooraf haar aardse lewensweg ken, word sy nie verhinder as sy self hierdie keuse maak nie, aangesien sy die middele tot haar beskikking gehad het om finale volwassenheid te bereik in elke beliggaming. As gevolg van haar talle vroeëre diverse vorme, het sy alle aanlegte van verskillende grade binne haarself en kan dit laat toeneem of verminder volgens haar wil. Sy is dus nie onbekwaam nie en die krag daartoe sal aan haar volgens haar wil toebedeel word. As sy egter lou is in haar strewe, dan sal sy in daardie dieselfde toestand van volwassenheid bly voor haar beliggaming as mens en in daardie geval het die inkarnasie geen hoëre ontwikkeling meegebring nie. Sy sal weliswaar ten tye van haar dood haar fisiese omhulsel afgooi, maar haar begeertes en instinkte, wat sy gedurende haar aardse lewe moes oorwin, sal haar nog met die materiële wêreld verbind.

Sy het derhalwe nie ten volle gebruikgemaak van haar aardse inkarnasie nie en wanneer sy agterkom dat sy haar reg verkwis het om kind van God te word en dit ook nie meer kan bereik nie, ervaar sy `n onbeskryflike toestand van berou, alhoewel daar nog `n oneindige aantal geleenthede in die hiernamaals haar tot beskikking staan om tot die die aanskoue van God te kom.

Maar `n geïnkarneerde siel sal haarself eendag voor God moet verantwoord inhoeverre sy die aardse moontlikhede benut het en welke geestelike vordering sy by haar heengaan bereik het, want die beliggaming as mens is `n barmhartigheid wat nie hoog genoeg geskat kan word nie. Dit is `n gawe wat die mens behoorlik moet waardeer, deurdat die mens alles moet doen wat vir sy opwaartse ontwikkeling dienstig is, want hy kan nie meer terugkom aarde toe wanneer hy dit eenmaal verlaat het nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205