BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 336

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die wil om te lewe - Angs vir die dood

2776 Die wil om te lewe is sterk ontwikkel in die mens, solank as wat die siel se volwassenheid baie laag is, wat ook verstaanbaar is, aangesien die wêreld haar nog gevange hou en voorgee om haar begeertes te vervul. Die mens vind dit uitermate moeilik om die aardse lewe op te gee, solank as wat hy nie glo aan `n lewe na die dood nie, want laasgenoemde maak dat hy heel anders na die lewe op aarde moet kyk. `n Diepgelowige mens beskou die aardse lewe slegs as `n intermediêre plek, as `n skool wat hy moet bywoon om toegelaat te word tot die koninkryk waar die ware lewe begin. En hierdie geloof sal hom ook krag gee om alle hindernisse en probleme van die aardse lewe te oorkom, terwyl die ongelowige dikwels ineenstort en sy lewe weggooi in die veronderstelling dat hy dit self permanent kan eindig. Enigeen met `n sterk geloof sal sy lewe met graagte oorgee as dit van hom vereis word, want hy rig sy aandag op die lewe na die dood van die liggaam en sy verlange na die vereniging met God, omdat hy primer voel dat dit die ware lewe is. Solank as wat die mens slegs aandag skenk aan die aarde en sy goedere, belemmer hy sy strewe na bo, want hy begeer dan die wêreld met elke vesel van sy wese en die gedagte om eendag van hierdie wêreld te moet skei, is ondraaglik en neerdrukkend vir hom.

En hieruit word sy geestesgesteldheid geopenbaar, want sy liefde vir die wêreld verklein sy liefde tot God en ander mense en dus is die mens nog geestelik onvolwasse, d.w.s. sy siel het nog nie verenig met die gees in hom nie, want hy is nog nie bewus nie en weet van niks beter as sy lewe hier op aarde nie. Dan vind hy ook elke gedagte aan die dood verskriklik, want hy wil lewe om te geniet, hy begeer die goedere van die wêreld en negeer geestelike waardes. En hierdie lae geestelike vlak kan nie genoeg afgekeur word nie, aangesien die mens nou in die grootste gevaar verkeer om sy aardse, sowel as sy geestelike lewe te verloor. As hy sy aardse lewe nie benut om kontak met God te kry nie, sal hy sy lewe tevergeefs geleef het en dit is beter dat hy sy aardse lewe verloor, as om onder te gaan in liefde vir die materie, wat dieselfde is as geestelike dood. Aardse lewe is `n genade wat aan die mens gegee word vir hoër ontwikkeling en om bo die materie uit te styg om sodoende die geestelike koninkryk te kan binnegaan.

Solank as wat die gedagte aan die liggaamlike dood vir die mens ondraaglik is, slaan hy geen ag op sy werklike aardse opdrag nie. Die wil om te lewe is so sterk in hom dat hy alles sal doen om hierdie lewe te beskerm en te verleng in die oortuiging dat sy lewe in sy eie hande lê, en weereens is hy bevrees om dit voortydig te verloor. Slegs wanneer hy rekening hou met die hiernamaals en glo aan `n lewe van die siel na die dood, begin die verskrikking van die dood te bedaar en dan verstaan die mens dat sy aardse lewe maar `n voorstadium is van die ware lewe wat ewig sal duur. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205