BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 337

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verleiding in die vorm van aardse vermaak

2778 Julle mag nie glo dat die teenstander julle met rus sal laat nie, selfs wanneer julle na God streef. Sy werksaamheid is onbegrens, solank as wat die wil van die mens swak is. Slegs `n sterk wil kan hom die weerstand bied wat hy nie kan oorwin nie. Steeds is dit die wil wat deurslaggewend is of hy mag oor `n mens kan verkry. Maar as die wil egter swakker word, word sy invloed ook weer sterker en die verleidinge kom in die mees uiteenlopende wyses na die mens toe. En daarom moet hy voortdurend worstel, hy moet voortdurend om krag en genade vra vir die versterking van sy wil, hy moet konstant op sy hoede wees om nie te beswyk voor die versoekings van die bose nie, hy moet waaksaam wees en bid, want die prys is die stryd werd.

Die mens word steeds weer oor en oor gekonfronteer met die wêreld en sy verlokkinge en dit is die doeltreffendste middel van die teenstander om die mense tot `n val te bring, want alles wat deel uitmaak van die wêreld, skei die mens van God. Hy kan nie God en die wêreld tegelyk besit nie, hy moet die een opoffer as hy die ander wil verwerf. Die wêreld bied egter slegs skyngoedere, wat drogbeelde is, wat die mens maar tydelik gelukkig maak en wat in die niet vergaan. Dit het geen blywende waarde nie, vernietig daarenteen selfs nog die geestelike waardes, d.w.s. dit lei die mens af van die geestelike strewe en dit is `n stap agteruit op die weg van ontwikkeling.

Die teenstander is onophoudelik daarop bedag om die mens van God te verwyder en daarom benader hy hom steeds in die vorm van wêreldse vermaaklikhede, hy lok hom met die vreugdes van die wêreld, hy trag om sy sinne hierop te rig en hom dus aan God ontrou te maak. En as die mens hom nie teenstaan met `n vaste wil nie, dan sal hy die onderspit delf en dan het die teenstander die spel gewen. Terwyl die liggaam van die mens aan genietinge deel, kom die siel daarenteen in nood, want met dieselfde mate wat die persoon die aardse genietinge geniet, word die siel te kort gedoen. As die siel sterker as die liggaam kan word, dan sal dit slaag om die mens in `n ontevrede stemming te bring, dit is die innerlike vermanings en waarskuwings wat deur die innerlike stem aan die mens oorgebring word as hy maar net ag sal slaan daarop. Dan sal hy alles in werking stel om die verlange na die wêreld te oorwin en weer met toenemende vasberadenheid na die geestelike streef. En hierdie vasberadenheid sal hom ook die krag en die genade gee om dit te bereik.

Maar die stem van die wêreld is egter dikwels sterker as die innerlike stem, in daardie geval sal laasgenoemde ongehoord vervaag en hy sal homself steeds dieper in die maalstroom van wêreldse genoegdoening stort, want hy wil homself geniet en word gevang in die teenstander se vangnette van leuens, wat die mens steeds hegter aan hom vasketting, deur aan hom die vreugde van die wêreld te bied en om hom heeltemal onontvanklik te maak vir geestelike goedere. Hy het sy wil gebonde gemaak en sal homself moeilik van hom kan losmaak, want die mens moet homself met sy eie krag afwend en na God verlang, voordat die krag en genade werksaam kan word in homself.

Daarom, behoed julle teen die bekoringe van die wêreld. Besef dat die teenstander van God weer en weer op julle sal afkom en dat slegs julle wil hom kan verdryf. Waak en bid sodat hierdie wil sterk genoeg mag word. Gee aandag aan die gevare wat aanhoudend vir julle lê en wag in die vorm van wêreldse versoeking en smeek vir die krag van God om dit te kan weerstaan, want elke val is `n geestelike regressie en elke oorwinning bring julle nader aan die doel. Wat God julle aanbied, is onvergelykbaar waardevoller en kan nooit deur wêreldse goedere, deur wêreldse vreugde of vermaak vervang word nie. Wees waaksaam en weet dat julle deurlopend onder druk geplaas word deur God se teenstander, wat probeer om julle tot `n val te bring. En daarom, doen `n beroep op God vir krag en versterking van julle wil, sodat julle elke versoeking kan weerstaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205