BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die uittree uit die moederkerk

400 Die allergrootste domheid word begaan as die mense uit hul kerk gaan waaraan hulle behoort. Die weinige, nog aan God welgevallige geestelike leiers, het dit teenswoordig baie moeilik. Hulle doen hul uiterste bes om hul skapies by mekaar te hou en tog sonder die één na die ander hulle af en vind nie weer die weg terug nie. Dit is dan baie moeilik om weer op die siele van die afvallige in te werk, wat tog die opdrag van elke geestelike leier is en moet wees.

Nou aan die eindtyd, plaas God ook die gawe van onderrig in die hande van dienare wat deur Homself uitgekies is. Nie om die geestelike leiers uit hul amp te verdring nie, maar alleen omdat hulle, wat hulleself buite die kerk bevind, ook die seën van Sy Woord kan bekom. Maar wie luister nog en neem Sy Woord aan?

Vir hom wat die kerk vrywillig gelos het, is dit baie moeilik om homself aan die gebooie van God te onderwerp, nie dat hy nie die moontlikheid sou hê om die ware weg te bewandel nie. As sy hart hom egter ingee wat God welgevallig is en hy volg die stem, sal hy baie spoedig `n vlak bereik wat hom baie hoër kan bring. Maar meestal wil hierdie mense wat hul moederkerk verlaat het, heeltemal niks van suiwer geestelike dinge weet nie. Hulle verloën alles en bevind hulle daarom in `n uiters gevaarlike toestand, deurdat hulle hulself aan kwade magte oorgee. Hulle het elke houvas wat die kerk nog vir hul was, opgegee. Hulle is nou baie eerder geneig om heeltemal ongelowig te word en al hul gedagtes geld alleen nog maar die materiële dinge en die dag van vandag en omdat hulle nie glo in `n lewe na die dood nie, is dit meestal ook die oorsaak dat hulle die geloof opgee wat hulle tot nog toe gehad het.

As hierdie mense eens in groot nood kom, dan ken hulle geen raad nie. Hulle soek dan na God en weet nie waar om Hom te vind nie. Die geestelike leiers sal wel nie meer instaan om die ou tug te handhaaf nie, want dit het sy krag verloor, deurdat die verkondigers van God se Woord hul amp ligter gemaak het. By die meeste van hulle ontbreek die ware diep geloof en hulle kan derhalwe nie meer met heilige ywer opkom vir dit wat hulle leer nie. En so verklaar die een die ander.

Die Woord van God moet in die verkondiger lewend word, wie tot die volk spreek moet van die ware liefde tot Jesus Christus deurdring wees, dan eers sal elke woord wat uit sy mond kom, deur God Self gespreek wees. Dan sal elke woord ook in die harte van die mense indring en steeds inniger sal die klein kudde op aarde, wat die Heiland navolg en bereid is om Hom te dien, met mekaar aaneensluit.

Maar wie sy moederkerk verlaat het, begeef hom in gevaar om hom van die goddelike genade te verwyder, as hy nie die goddelike leer uit vrye wil in sy hart aanneem nie, want die goddelike leer is `n buitengewone genade vir elke mens. En in die teenswoordige tyd is `n worsteling in die hart oor die goddelike leer van groot waarde. En waar `n klein gemeenskap nog saamkom om God se Woord te hoor, daar word die bodem ook in die hart van die mens gereedgemaak. En as die liefde ook nog aktief is in die mens, dan word die mensekind spoedig die seën van God se Woord gewaar, terwyl hy nou ook bekwaam word om dieper in die goddelike leer binne te dring, waardeur die ware insig in God se Woord ook aan hom gegee word. En so word die grondslag vir die geloof in so `n gemeente gelê en staan hierdie gemeente ook voortdurend onder leiding van `n troue herder wat alleen vir God dien, dan sal God se Woord ook wortel skiet in die harte van die gelowiges, sodat hulle dan ook die goeie weg na bo sal gaan.

Daarom, bly julle moederkerk trou, verlaat haar nie, want elke kerk kan julle nog die basis gee waarop julle opwaarts kan ontwikkel, maar net as julle nie net met die ore nie, maar ook met die hart hoor wat julle Hemelse Vader julle laat verkondig deur Sy dienare. Waar julle dus nog God se Woord hoor, weet dat die Heer Self deur Sy dienare tot julle spreek. Weet dat elkeen wat Vader van ganser harte dien, ook bestemd is om Sy Woord te verkondig, sodat daar eenmaal `n ryke oes mag wees. Wie Sy Woord uit die diepste van sy hart verkondig, die het ook van Hom die opdrag en die krag daarvoor ontvang. Luister na hom en God se Seën sal op julle kom. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205