BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 348

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die taal van die natuur - Skepping en Skepper

2834 Laat die natuur tot julle spreek, welke onbeskryflike wonderwerke hulle vertoon en julle voortdurend My Liefde en almag openbaar. Luister en kyk. Rig julle blik op elke skepsel en herken My wil en My krag en herken Myself in al My skeppingswerke. Kyk net hoe onvergelyklik bekoorlik en hoe veelsydig die skeppings is en hoe sinvol hulle elkeen hul bestemming vervul en dat die doel van elke skeppingswerk die instandhouding van die hele skepping is.

Laat Ek Self tot julle spreek deur die natuur en luister na My stem, dan sal julle My almag, liefde en wysheid herken en voor dit buig, dan sal julle weet dat julle die grootste skeppingswerk op aarde is, wat My hand geformeer het en dan sal julle besef hoe oneindig graag Ek wil hê dat julle ook in My sal bly.

Aangesien elke skeppingswerk slegs vir julle ontstaan het, is dit slegs `n voorstadium, waardeur julle jul ontwikkel het tot wat julle nou is, tot vrye, selfstandige skepsels wat nog oneindig baie meer kan word as wat julle nou is.

Beskou die natuur en sien haar ontwikkelingsgang, haar groei, wat in alle skeppings van die natuur herken kan word. Die geringste wese is My werk, die kleinste grasspriet is My gedagtes wat vorm aangeneem het. En elke skepsel gehoorsaam My wil en voer dit uit wat Ek hulle as opdrag gegee het en dien weereens die mens, deurdat dit sy bestaan verseker.

Niks is sonder rede en doel nie, niks geskied sonder My wil nie, alles het My Wysheid en liefde as basis. En as My Wysheid vir julle nie duidelik is nie, omdat julle geen kennis het van die samehang wat alle werke van die skepping met mekaar het nie, besef dan tog My Liefde, wat steeds weer in die wonder van die natuur tot uiting kom.

Kyk hoe alles rondom julle groei en bloei, hoe dit volmaak word en vrugte dra, kyk hoe dieselfde proses homself steeds weer voltrek vir julle, om julle mense te beskerm en om alles wat op aarde leef, te behou. Ek het ontelbare skeppings geformeer met die mees diverse afmetings en vorme, met die grootste verskeidenheid en bestemmings en as julle jul oë en ore open, sal niks julle ontgaan nie en My oorgrote liefde en wysheid sal vir julle duidelik word. Want Ek gee, sodat julle kan ontvang, Ek skep, sodat julle nuttig gebruik kan maak daarvan, Ek handhaaf en versorg die skepping, sodat julle harte hul hierin kan verheug en dat julle My sal herken, Ek wat van ewigheid af is aan Wie se bestaan julle twyfel, wie se Wil en Wese julle wil uitskakel en Wie se werk julle beskou asof dit vanself omvorm het.

Julle wandel blind by alle wonders van die skepping verby en julle verstaan nie die taal van die natuur nie, julle sien die skepping, maar nie die Skepper daarin nie, julle sien wel die werking, maar nie die oorsaak nie, die wil, wat die fondament in elke skepping is. Julle glo om vol wysheid te wees en dat julle die ontstaan van alle dinge kan deurgrond, maar julle kennis is lapwerk, solank julle My nie as primêre oorsprong van die skepping erken nie.

In elke skepping van die natuur kom Ek naby aan julle, sy is die uitvloeisel van Myself, sy is `n gedagte wat volgens My wil vorm aangeneem het. Elke natuurlike skepping is `n bewys van My bestaan, omdat daar niks sonder My sou kon bestaan nie, omdat slegs My wil het dit wat julle kan sien en wat om julle is, in die lewe geroep. En niks kan wees of word sonder My wil nie, niks kan bestaan as My wil en My Wysheid nie goedkeuring gee nie. Maar My wil, My Liefde, My Wysheid en My krag moet julle ook `n geloof leer in `n Wese, hulle moet julle laat insien dat almal aan `n Wese behoort, wat ook tot julle wil spreek deur die wonders van die natuur, wat innig verbind wil wees met julle, want julle, ook deel van Sy skeppingswerke, was die uitsluitlike rede vir die ontstaan van die hele skepping.

Ek wil dat julle wetend word, maar dan moet julle luister na die taal van die skepping, na die stem wat hom deur die natuur aan julle bekend maak, julle moet met My, as die intrensieke Skepper van alle dinge kommunikeer en Ek sal julle op julle vrae antwoord gee en Ek sal julle antwoord, ooreenkomstig julle wil om na waarheid te soek, vooropgestel dat julle My as die Gewer van die waarheid sal erken.

Ek is te alle tye naby aan julle, sodra julle verlang om na My te luister, sodra julle maar een gedagte na My omhoog sal stuur. Daarom sal julle My vind, waar julle ookal is, maar die beste is om My in eensaamheid te soek, waar alles om julle heen julle sal herinner aan die Skepper, Wie se wil die hemel en aarde geskape het, omdat Sy Liefde Hom aangespoor het om die wesens, wat hulle eens van Hom afgeskei het, `n moontlikheid te gee om weer naby aan Hom te kom. En die kennis hiervan sal aan julle mense gegee word, die kennis hiervan sal julle self moet begeer en daarom sal julle moet luister na die taal van die skepping, want daardeur spreek Ek tot julle wat My wil hoor. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205