BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vergifnis van sondes

444 Neem jouself in oënskou en erken jou sondes. En as jy oortree het, maak `n beroep op die Heer om vergifnis en Sy barmhartigheid. Slegs dit is welgevallig voor die aangesig van God. Maar as jy glo dat aanhoudende gebede, wat nie van diep binne-in die hart ontstaan nie, die Heer sal bereik en as jy glo dat die Heer net diegene vergewe wat hulself ag om deur `n voorreg nader te wees aan die Heer, wat `n skema uitgedink het dat al hul sondes stelselmatig binne `n spesifieke tyd kwytgeskeld kan word, dan sal die Heer jou anders onderrig.

Deur die Verlosser se goddelike liefde het jy die reg ontvang om in staat te wees om jou vry te stel van jou sondes, as jy hulle in die diepte van jou hart erken, opreg jammer is daaroor en terselfdertyd jou Heer en Saligmaker, Jesus Christus smeek vir Sy goddelike barmhartigheid om jou vry te stel van hierdie sondes, en dan vas besluit om hierdie sondes te vermy uit liefde vir die goddelike Verlosser.

Alles wat `n persoon erken om verkeerd te wees, moet ook deur hom in sy hart verafsku word, en dit sal op sy beurt tot gevolg hê dat hy in sy voorneme sal vermy om te sondig. As hy soos `n kind sy ernstige voorneme bely aan sy Vader dat hy Hom nooit weer wil bedroef deur weer sulke verkeerde dinge te doen nie, as sy afsku aanleiding gee tot diepe berou en die voorneme om homself te verbeter, dan sal God die berouvolle sondaar liefdevol teen sy hart hou en sy sondes vergewe.

Maar gebruike en tradisies is in die wêreld gevestig dat `n persoon heeltemal outomaties kwytgeskeld word van sy sondes en daardeur is `n nog groter boosheid en heiligskennis op die mensdom afgeforseer, want die vergifnis van sondes het `n ware geloofsvernietigende slegte gewoonte geword, omdat dit op so `n manier plaasvind, dat die opregtheid van hart inderdaad as noodsaaklik genoem word, maar dat min sondaars `n poging aanwend om in volle kontak met God te kom. Dat alle formele voorwaardes werklik waargeneem word, maar dat die werklike daad van vergifnis van sonde mense onder die indruk laat dat hulle hul plig nagekom het, selfs al het die persoon se hart nog nie aan die voorwaardes voldoen wat nodig is vir die vergifnis van sonde deur God nie. En daardeur word `n verkeerde leer toenemend meer algemeen, wat in die basiese beginsel en voorneme inderdaad goed en edel is, maar kry net mense in die gewoonte van die uitvoering van `n pligsgetroue aksie, waar die diepgaande diepte nie ernstig genoeg verstaan word nie en wat tog so oneindig noodsaaklik is vir die verlossing van die mens se siel.

Geen menslike wese is die middele gegee om homself te verlos van sy sondeskuld nie, hulle sal altyd die goddelike Verlosser se liefde daarvoor vereis. Nog minder het `n persoon die krag om ander mense se sondes te vergewe. Slegs indien hy in sy bediening optree as `n verteenwoordiger van die ewige Godheid op die aarde en die ander persoon se hart heeltemal opreg is, d.w.s. as laasgenoemde `n beroep op die hemelse Vader doen om vergifnis in die volle besef van sy sonde. Dus is die aardse kind se wil altyd die deurslaggewende faktor en die werk van God se verteenwoordiger is bloot `n simboliese teken van die daad van barmhartigheid.

Daarom sal die daad van belydenis van `n mens se sondes ook altyd `n heeltemal nuttelose daad wees, selfs as `n plig blykbaar vervul is, as die belydenis van sondes nie gelyktydig na die goddelike Vader in `n opregte gebed om vergifnis gestuur word nie. En, alternatiewelik, sal so `n berouvolle belydenis van sonde tot die Vader ook lei tot ware vergifnis van sonde sonder hierdie seremonie.

Mense is dikwels nie meer bewus van hoever verwyder hulle is van die werklike Godheid nie, selfs al voldoen hulle aan al die verwagtinge wat op hulle geplaas word deur die kerk op aarde. Iets wat `n opregte vereiste is, het `n heeltemal meganiese handeling geword en dus kan sodanige nakoming van pligte nie altyd dieselfde seën ontvang nie.

Mense se harte moet die Heer vind, die intieme kontak met die Skepper en Verlosser moet eers gevestig word, dan sal die Heer Sy aardse kinders met `n oorvloed van barmhartigheid voorsien, sodat hulle altyd nader aan Hom sal kom en nie meer sal wil lewe sonder hulle Verlosser op aarde nie. Maar die persoon moet die eerste stap neem. Elkeen weet wat hy gesondig het. En net soos wat hy die sonde self gevind het, moet hy ook innerlike oordenking vind. As hy sy sonde erken, sal hy ook leer om dit te verafsku, en dan volg berou en die begeerte om van die skuld vry te wees. In daardie geval sal sy gebed om vergifnis uit die hart kom en sal ook die oor bereik van die Een wat alleen al die skuld op grond van Sy groot liefde vergewe. Amen.

 

 

 

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205