BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 351

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Satan se werksaamheid en sy kluistering

2856 In veelvoudige vorm werk die teenstander teen God. En op velerlei maniere probeer hy Christus se leer van liefde te ondermyn. Haat en verdeeldheid saai hy, waar die bodem maar geskik is daarvoor en elke geleentheid neem hy waar om die mense teenmekaar aan te hits en hulle te versterk in hul liefdeloosheid. Want hy probeer om God te verdring. Hy probeer om al die goeie te versplinter en stadig te verander tot die kwaad. Hy probeer om elke gevoel vir die waarheid uit te roei en om opvattings onder die mense te versprei wat heeltemal teen die liefdesleer van Jesus Christus gerig is. En dus streef hy daarna om Jesus Christus self te verdring, want met sy leuen word die mensdom ook die kennis van die grootste draer van die waarheid ontneem. En dit is die doel van die teenstander van God, want dan gaan die genade van die verlossingswerk vir die mense ook verlore, sodra die mens nie meer hiervan op hoogte is nie en daarom nie die genade daarvan bewustelik begeer nie.

Jesus Christus moet egter erken word as die Seun van God en Verlosser van die wêreld. Eers dan kan Hy die mens die genade van sy verlossingswerk laat toekom en eers dan is dit vir hom moontlik om vry te word vanuit die mag van die teenstander van God. Maar die wil van die mense gee self hierdie buitensporige mag aan die teenstander, want as die mense hulle wou verweer het, sou hulle hul wil heeltemal aan God oorgegee het en dan sou die mag van die teenstander gebreek wees. En as hulle ook op hoogte was van die verlossingswerk en die geloof daarin gehad het, sou die mens wat op God afstuur, nie afgeneem kon word nie.

Tog laat God Sy Krag op dieselfde wyse na die aarde toe vloei, sodat die mens in staat kan wees om die werksaamheid van die teenstander te herken en hom te weerstaan. En dus is daar `n stryd tussen die goeie en die slegte geesteryk. Dit is `n voortdurende stryd wat ten doel het om invloed te verkry op die denke van die mens om hulle op die goeie weg te lei. Want eers wanneer die denke van die mens korrek is, sal hy die waarheid insien en begeer. Maar die goeie kragte het weinig sukses. Die mense is heeltemal sonder enige liefde. Dus het die teenstander van God `n maklik spel om hulle vir homself te wen en sonder weerstand gee hulle oor aan sy invloed.

En dus raak hulle self ontslae van alle geloof en alle genade, omdat hulle wil bereid is om die grootste werk van Liefde te ontken, omdat hulle self nie in staat is om liefde te beoefen nie en hulle dus ook nie die Liefdeswerk van Christus verstaan nie. En so sal ontelbare mense aan die aktiwiteite van die teenstander ten prooi val. Maar God, in Sy oneindige Liefde en Barmhartigheid, sal sy optrede net tot op `n sekere punt duld, want sodra hy sy optrede teen God Self rig, sodra daar, na aanleiding van sy invloed, openlik opgetree sal word teen elke mens wat nog vir Jesus Christus ken, word dit `n openlike stryd teen God, wat Hy nie sonder vergelding sal laat nie. Want nou word dit `n ongelyke stryd, deurdat die mens nie meer met die vrye keuse vir God of vir Sy teenstander gelaat word nie. Inteendeel, daar sal dan geen ander keuse meer oorbly as om, sonder enige terughoudendheid, die teenstander van God te kies nie. Die mense sal gedwing word om hulle geloof prys te gee, en dit sal juis van toepassing wees op diegene wat nog aan Hom wil vashou, want die ander het al voorheen vrywillig afstand gedoen van hulle geloof.

Maar God sal nooit dat Sy teenstander die oorhand kry om Hom te verdring nie. En sy laaste ingryping sal hom alle mag en alle krag ontneem. Voordat Hy hom egter gaan kluister, sal Hy die gelowige mense op buitengewone wyse bystaan, omdat, terwille van die ongelowiges, die heftige stryd oor die geloof moet ontbrand, omdat hulle die krag van die geloof moet insien en omdat die buitengewone werksaamheid van die gelowiges hulle nog kan terugbring om te glo, as hulle egter nie alreeds tenvolle in die mag van die teenstander sal wees nie. Maar uiteindelik sal dit ondraaglik word vir die gelowiges, want Satan probeer hulle dwing om aan hom onderworpe te wees. En dan het die oomblik aangebreek dat sy mag gebreek sal word, dat God `n einde sal maak aan sy doen en late, dat Hy hom sal verneder en hom alle mag sal ontneem.

En almal wat hom huldig, sal kragteloos wees. Kragteloos sal hulle aan die Hand van God prysgegee word, Wie regsprekende nou die geeste van mekaar sal skei; wat alles heeltemal sal verdelg wat nie onder sy vaandel gestry het nie, en Hy sal die weiniges beloon wat Hom toegedaan was, soos wat Hy belowe het. En al woed die teenstander hoe erg, die uur sal kom waarin `n einde aan sy handelwyse gemaak sal word en hierdie uur is nie meer ver nie. En daaraan sal julle die einde herken, dat die satan sonder erbarming sal woed, dat hy die mense teen mekaar sal ophits, dat hy hulle gedagtes sal ingee wat getuig van ongehoorde wreedheid en liefdeloosheid en dat hy hulle sal aanspoor om mekaar te kwel. Dan het die wêreld ook rypgeword vir sy ondergang, dus sal die aarde en alles wat daarop is, deur die Wil van God omvorm en vernietig word, nadat God die mense wat Hom trou toegedaan was, na Hom geneem het, sodat hulle uit die mag van Satan weggeneem kan word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205