BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 352

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Siel - Onverganklikheid

2860 Alles wat God geskep het, is geestelike krag en as sodanig onverganklik. Tog is die sigbare skeppings aan `n voortdurende verandering onderhewig. Hulle vergaan dus nie totaal nie, maar verander net in hulself. En selfs wanneer dit nie meer sigbaar is nie, hou dit tog nie op om te bestaan nie, omdat God die materie slegs tydelik oplos, totdat die geestelike daarin weer `n nuwe uiterlike vorm benodig. Hierdie verandering dra ook daartoe by dat die gees homself verder ontwikkel, dat dit dus nooit in dieselfde stadium bly nie, maar `n steeds hoër graad van volmaaktheid bereik, totdat dit met sy laaste beliggaming as mens kan begin. Ook die mens is in `n sekere sin verganklik, maar slegs die uiterlike vorm, terwyl die siel, die gees in die mens, ook die laaste uiterlike vorm oorleef en as wese sonder liggaam die ewigheid ingaan.

Vir die mens op die aarde is die gees, die siel, nie sigbaar nie. En tog is sy die eintlike wese wat die liggaamlike omhulsel nodig het, slegs geskape met die doel om uiteindelik volwasse te word op aarde. Maar ná die dood van die liggaam, lei die siel haar lewe verder sonder enige bedekking en daarom ook slegs sigbaar vir die geestelike wesens wat onafhanklik is van die aarde en alle aardse substansie. Wat God geskep het, bly vir ewig bestaan, maar die uiterlike vorm van die bestaan, die toestand van dit wat deur God se wil geskape is, kan baie verskillend wees. Dienooreenkomstig ook meer of minder sigbaar, ofskoon dit ewiglik nie kan vergaan nie.

Die mens met sy fisiese oë is maar net in staat om al die geskapene in die stadium te sien waar dit materiële omhulsels besit, want die liggaamlike oog kan slegs sulke dinge sien, omdat die wese binne die uiterlike vorm, slegs met `n hoë graad van volmaaktheid gesien kan word. En daarom word die onverganklikheid van die menslike siel ook gewoonlik in twyfel getrek, omdat die mens slegs dit wil glo wat hy kan sien en wat hy kan bewys. Maar deur `n bietjie nadenke verkry hy die insig dat alles wat van God uitgegaan het, nie verganklik kan wees nie, al verloor dit haar aardse omhulsel. Eers wanneer hy die gees in homself erken, wanneer hy `n geestelike lewe lei naas sy aardse, uiterlike lewe, sal hy die materie sien as `n bedekking wat nodig is vir die ontwikkeling, en wat vir die gees maar net `n middel tot die doel is. Dan sal hy ook weet dat daar geen einde bestaan vir die gees nie, maar dat die uiterlike omhulsel slegs `n begrensde tydsduur het en solank bly bestaan, as wat die goddelike wil dit wil hê, wat dan die gees vrymaak vir `n lewe buite die aarde, buite die materie, wat nooit meer sal ophou nie, maar vir ewig sal duur. Daarom kan die aardse lewe slegs as `n oorgangstadium beskou word, waarin die gees, die siel, haar laaste uiterlike vorm moet oorwin, sodat sy dan heeltemal sonder omhulsel `n sfeer kan ingaan waar haar eintlike lewe nou begin, in vryheid en bewus van haar krag, wat haar so lank op aarde ontbreek het, omdat sy nog nie die nodige volmaaktheid gehad het nie, waar sy bewus sal wees dat sy vir ewig lewe, dat sy nooit meer kan vergaan nie, omdat dit wat uit God is, onverganklik is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205