BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 362

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Versoekings - Innerlike gevegte – Die toets van die wil

2895 Om homself te kan vervolmaak moet die mens deur `n swaar innerlike stryd gaan, omdat hy sy weerstandsvermoë daarin moet beproef. Die geestelike volmaaktheid kan slegs bekom word deur `n korrek gebruikte wil. En daarom moet dit steeds weer getoets word en dit beteken `n stryd vir die siel. Daar moet versoekinge na die mens toe kom, wat slegs een doel het naamlik om oorwin te word, sodat die gees steeds vryer kan word.

Die opgee van eie liggaamlike begeertes moet bereik word en slegs die siel moet tot ontplooiing kom en daarvoor moet die wil sterk wees. En `n voortdurende stryd teen haarself is `n vereiste, vir die volwassewording van die siel. Dit is geen maklike taak nie, maar die verwesenliking, of die sege oor haarself, dit is `n beloning, `n resultaat wat alle moeite en oorwinning werd is, want die vrye geestestoestand maak haar so gelukkig, omdat sy waarlik niks opgegee het nie. Inteendeel, sy is maar net die ontvanger, want wat sy verwerp het, is sonder blywende waarde, maar die vryheid van gees bly ewig by haar.

Hierdie stryd kan die mens nie gespaar word nie. Want slegs deur voortdurende stryd en loutering staal die siel haarself en dan eers is sy geskik vir die vrye geestestoestand, wat `n volle oorwinning van die materie, naamlik van die aardse wense en begeertes vereis. En daarom moet die versoekings steeds weer en weer na die mens toe kom, sodat hy sy weerstandsvermoë kan bewys, sodat hy ernstig aan homself kan werk om die wil aktief laat word.

Alle geestelike vooruitgang bestaan uit selfoorwinning, hetsy dit in die opgee van die eie begeertes teenoor God of teenoor die naaste is, wanneer die mens ter wille hiervan sy begeerte oorwin het en dit as `n offer bring. Hy moet steeds sy eie ek laaste stel. Hy moet opwaarts strewe. Hy moet na geestelike goedere strewe en van alle aardse vreugdes afsien. Dan streef hy bewustelik na die vervolmaking van sy siel. Dan sal dit vir hom steeds makliker wees om stand te hou teen elke versoeking. Die wense en begeertes sal steeds swakker word, hoe meer hy oorwinnaar oor homself word. En die gees in hom sal vryer en vryer word, want niks hou hom meer teë nie en hy kan ongehinderd opwaarts strewe.

Die versoekinge van allerlei aard is rotse en struikelblokke wat oorkom moet word, wanneer die regte pad gevolg word wat na die doel lei. En daar sal nog veelvuldige verlokkinge deur die wêreld die mens aanleiding gee om sy wil te beoordeel. Daar sal steeds weer innerlike gevegte van die siel deurstaan moet word, as die aardse lewe `n voortdurende vooruitgang moet oplewer, as die siel volwasse moet word deur haar eie weerstand. Sonder stryd kan die doel nie bereik word nie. Steeds moet die mens bereid wees om sy teenstander te weerstaan, wie hom steeds weer nader in alle versoekinge van die wêreld en poog om hom tot `n val te bring. Die mens moet voortdurend op sy hoede wees, sodat hy nie beswyk nie. En daarom moet hy sonder ophou stry, totdat hy homself oorwin het. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205