BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 365

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Omvorming van die materie - Oplossing - Ontwikkelingsgang

2910 Die verandering van die materie vereis dikwels `n eindelose lang tyd. Want eers wanneer dit losraak, stel dit die gees vry wat daarin verban is. Die menslike wil kan die ontbinding van die materie versnel, maar dit is maar `n klein deel van dit wat beskikbaar is, en dit is die omhulsel van die gees wat nie hardnekkig teenstand bied teen God nie. God is sedert ewigheid op hoogte van beide die weerstand, asook van die opgee daarvan, en het die gees ook die blyplek toegewys waaruit verlossing sal kom volgens sy wil. En dit verklaar weer die verskil in gesteldheid van die aardoppervlakte en die plantegroei daarop, die tydsduur van baie skeppings, die uitbarstings wat dikwels voorkom in sekere gebiede, die ontginningsmoontlikhede van die minerale hulpbronne en die verskil in die vermoë om vorm te gee en in die kreatiewe krag en vermoë van mense. Aan die gees wat van plan is om sy weerstand op te gee en te dien, moet die moontlikheid steeds in ooreenstemmende verhouding gebied word om in materie te bly om `n dienende taak vervul. En ook moet die wil van die mense teenwoordig wees om in hulle vaardigheid doelmatige voorwerpe te vervaardig uit die harde materie waar hulle dit dan sal benodig. Daar moet `n voortdurende balans wees tussen kragte wat aktief werksaam wil wees en behoeftes.

Die materie is dus nodig vir skeppings van dienende aard om hul bestemming op `n doelmatige manier na te kom. Eers dan is daar `n deurlopende verandering van die buitenste vorm van die gees moontlik. Maar geweldig baie gees is in skeppings gekluister in beide die mees vaste vorm, asook in die al meer volwasse planteryk, wat vir ondenkbare lang tye onveranderd gebly het. Dit het slegs minimale veranderinge ondergaan deur die dienende doel te vervul, wat egter nie vir die mens duidelik sigbaar is nie, maar wat vir ander skeppingswerke en die ontwikkeling daarvan nie sonder betekenis is nie. Hierdie materie bevat die mees wederstrewige gees en is vanuit hierdie oogpunt van die hardnekkigheid sedert ewigheid tot `n omhulsel bestem. Hy maak wel ook die ontwikkelingsgang deur, maar in `n veel stadiger vorm. Mensehande dra weinig by tot die transformasie van sulke materie en dit word gewoonlik slegs verander deur goddelike ingryping deur natuurkragte, storms, hitte, reën en uitbarstings wat oor `n lang tydperk `n oplossing of `n verandering van die uiterlike vorm tot stand bring. En daarom moet daar steeds ingrypende veranderinge op die aarde plaasvind. Van tyd tot tyd moet die aarde in haar uiterlike vorm omvorm word, om ook aan die gees in die binneste van die aarde die moontlikheid te bied om na die aardoppervlak te kom om daar sy ontwikkelingsgang te kan begin. En daarom kan die aarde nooit onveranderd bly bestaan nie, want sy is materie waarvan die einddoel ontbinding is, wat wel ewighede sal duur, maar gedurende sekere periodes steeds weer plaasvind as `n dwingende noodsaaklikheid vir die gees wat in vaste vorm gekluister is en wat eendag moet vrykom om hulself positief te kan ontwikkel.

En nou begin die weg van die aardse bestaan vir die gees deur die ontelbare uiterlike vorme, waarvan hy elkeen moet oorkom deur dienende werksaamheid tot by die ontbinding van daardie vorm. En al gaan daar ook duisende jare verby, dan voltooi die ontwikkelingsproses op aarde homself tog, omdat niks op aarde blywend is nie, omdat alles moet verander en moet deels deur menslike wil, deels deur goddelike wil, `n verandering ondergaan. Daar is wel sekere wette van krag, d.w.s. iets mag nie onregmatig verwoes word nie, soos ook die voortbrengsels wat deur mensehande ontstaan het, wat die naaste geen skade mag berokken nie, omdat die gees in die materie gedwing sal word tot liefdeloosheid en sal dit vir die mense wat tot so `n aktiwiteit aanleiding gegee het, laat voel. Die wil om te dien is die basis vir die weg omhoog. En die gees moet hierdie wil steeds weer bewys, deurdat hy in elke vorm sy taak op aarde met bereidwilligheid sal vervul. Hierdie taak kom hy wel onder die wet van dwang na, maar deur sy bereidwilligheid om te dien, verkort hy die duur van sy verblyf in die vorm aansienlik van daardie oomblik af en kan hy nou des te gouer verwissel vanuit hierdie vorm.

Die ontwikkelingsgang van die gees is daarom `n eindelose ketting van deformasie van verskillende vorme en die bereidwilligheid van die gees daarin bepaal die tydsduur van elke afsonderlike vorm. En daarom moet die hele skepping op sigself verander.

Niks kan bly soos dit is nie. Inteendeel, dit moet voortdurend nuwe vorme aanneem. En elke vorm moet `n dienende doel vervul, anders kan die gees daarin nie volwasse word tot by die laaste uiterlike vorm nie, tot by die mens wat dan sy laaste proef in die aardse lewe in vrye wil moet aflê om nou van elke uiterlike vorm bevry te word om as vrye gees in die geesteryk te kan ingaan. Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205