BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 367

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Eieliefde in die hiernamaals verleng die toestand van lyding - Hulpvaardigheid

2914 In die geesteryk het die werksaamheid in liefde presies dieselfde uitwerking as op aarde, naamlik `n vergrote toevoer van krag, dus ook geestelike vooruitgang, want elkeen wat in liefde werksaam is, neem die weg na God en om naby aan God te wees, is die einddoel van alle wesens. In die geesteryk word liefde ook gepredik, d.w.s. die ligwesens maak die onverloste siele daarop opmerksaam, dat slegs liefde aan hulle bevryding kan bring en hulle gee hulle dan ook elke geleentheid om hul in liefde te ontplooi. Geen siel kan haarself positief ontwikkel, as net op die weg van die liefde nie, maar dit is in die geesteryk heelwat moeiliker as op aarde, solank as wat die siel nog onkundig is, dus nog geen insig het nie, want dan gaan dit slegs oor haar eie lot, sy sien nie die nood van ander siele nie, omdat sy nog te veel in die eieliefde vassit, wat die skuld is van haar onwetende toestand.

En hierdie eieliefde verhinder haar om onbaatsugtig in liefde te werk, want die siel beskou haarself as die middelpunt. Sy voel ongelukkig en verontreg, want haar eieliefde verberg haar eie foute, terwyl sy alle foute van die ander siele insien en haarself verhewe voel bo hulle. En dus kan sy geen liefde voel vir al die siele om haar heen nie. Sy is hard en gevoelloos en toon geen belangstelling in die ander siele nie. En vir solank sal sy ook haar nood bitter voel, maar wat wel kleiner sal word soos wat die liefde in haar ontvlam en haar aanspoor om in liefde werksaam te wees. En dikwels gaan daar `n eindelose lang tyd verby, voordat die siel sensitief word en uit eie aandrang bereidwillig raak om te help.

En tog kan sy nie anders as om deur die onderrig van die ligwesens aangemoedig te word om in liefde te werk nie, want sy moet in volle vrye wil besluit om te wil help. Sy moet haar eieliefde opsy plaas, haar eie nood buite beskouing laat en poog om die nood van die ander lydende siele te versag. Dan sal haar tot nou toe kragtelose toestand `n verandering ondergaan. Die siel sal die toevoer van krag bemerk en steeds beter in staat wees om te help en in liefde te werk. Haar toestand word nou steeds vryer en sy besef nou dat dit steeds om haar heen ligter word. Sy word in staat gestel om dinge te sien, wat haar gelukkig maak. Haar kennis word groter en haar wil om by God uit te kom word steeds sterker. En dus word ook haar werksaamheid in liefde steeds yweriger, want sy besef die mag en die krag van die liefde. Sy sien haar doel in en stuur hierop af. Sy poog om in die nabyheid van God te kom om haarself deur die liefde te verlos. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205