BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se boodskappers en hul werk

480 Die bereidwilligheid van `n aardse kind om God se woord te ontvang, het die effek dat God se boodskappers instem om te alle tye te help, dus verenig almal wat bereid is om God te dien, binne `n kort tydjie. Die werk aan die ander kant, sowel as op die aarde, is uitsluitlik bedoel vir die siele wat nog mislei is en in die verkeerde rigting gaan. God berei elke boodskap en gee dit aan die kinders volgens hulle geestelike vermoë. Almal wat die belang van die aardse mense op die hart dra, deel aan hierdie samekoms tussen die aarde en die hiernamaals. Hulle het almal geliefdes op die aarde agtergelaat, of het `n band met hulle deur God se wil, en strewe nou voortdurend om hulle op die regte weg te lei. Dit is `n baie moeilike onderneming, so lank as wat die mens glo dat hy alleen kan loop.

Elke misleide siel se begeerte om hulp sal graag en gewillig toegestaan word. Elke siel se pleitende gebed sal verhoor word en aan elke sukkelende siel sal hulp verleen word. God se boodskappers is in staat tot baie, want God se wil werk deur hulle. En so sal jy ook al die hulp ontvang wat jy begeer, omdat al die wesens rondom jou dieselfde begeer, om vir God ons Saligmaker te werk. Om siele na Hom toe te lei en ontelbare siele van swaarkry en angs te red. Waar jy ookal werk, dien dieselfde doel en jy sal ondersteun word wanneer jy bid.

Met elke openbaring is nog `n boodskap van bo aan jou gegee, elke enkele boodskap sal `n positiewe uitwerking op die aarde hê, en die inhoud daarvan sal altyd dien om harte te ontwaak en lig in die geestelike duisternis te bring. Daar is baie sulke dwalende siele op aarde, almal is deur God genooi. En aan almal sal die inligting oor die ewige Godheid gegee word, maar slegs `n paar sal die lig begeer. Hierdie paar moet met soveel liefde as moontlik genader word, sodat hulle die regte weg kan vind en bereid sal wees om daarop voort te gaan, so lank as wat hulle op aarde lewe. Elke oomblik is lig wat jou gedagtes na die Godheid lei. En elke weg is korrek, wanneer jy dit neem met die wil om God te bereik. Die wil alleen is voldoende vir God om sy boodskappers te stuur om jou te ontmoet, volg dan altyd die stem van jou hart, want jy kan nie meer afdwaal nie. Jy weet nie hoeveel makliker die aardse lewe sal word wanneer jy God gevind het nie, en hoe min jy die dood daarna sal vrees nie, want daar sal geen dood meer vir jou wees nie. Jy sal reeds in die ewigheid woon wanneer jy leef en sterf in God, dan sal die dood slegs `n oorgang in die ewige heerlikheid wees, waar jy God van aangesig-tot-aangesig kan sien. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205