BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 374

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dood voor die eindtyd is `n genade – Die hiernamaals

3135 God sal almal genadig wees wat nog hulle onreg gaan insien en daarvan afstand doen. Maar sonder ontferming sal die swaarste straf opgelê word aan hulle wat onversetlik wreed is, hulle wat geen medelye met hul medemens het nie en wat hulself dus oordeel deur hul liefdeloosheid. En die komende tye sal getuig van die verdorwenheid van die mens, die mees ondenkbare metodes van vernietiging sal bedink word en die mens sal nie aarsel om hierdie metodes te gebruik om hul planne te laat slaag nie en die mensdom se wanhoop sal toeneem. Die leiers, sowel as hulle volgelinge wat ingestem het en hierdie planne ondersteun het, sal verantwoordelik gehou word vir alles. Want God is regverdig en Hy oordeel gedagtes, woorde en dade. Niks is vir Hom verborge nie. Hy kyk in die hart van die mens en elke opregte emosie bepaal die mate van genade wat vir hom ter beskikking staan en wat ook aan hom gegee sal word wanneer die einde kom, want die einde kom onherroeplik. Dit sal egter bespoedig word deur die gedrag van die mense en dus kom `n era tot `n einde, waar geen beter menslike geslag bereik kon word nie, selfs al verleng God Sy geduld en bied Hy meer geleenthede vir die mensdom aan om hulleself te verander. Maar hulle sal nie gebruik maak daarvan nie en daarom sal God die aardse lewe beëindig.

Dit tydperk van ontwikkeling was besonder ryk aan genade vir die mensdom en sou heeltemal voldoende gewees het vir hulle verlossing. Alhoewel God tot aan die einde by die mense staan met buitengewone genadegawes, word daar meestal geen ag daarop geslaan nie, soos wat daar oor die algemeen nêrens meer aandag geskenk word aan dit wat met God, of die eie sieleheil, verband hou nie.

En daarom sal `n langer verblyf op hierdie aarde onvanpas wees, dit sal slegs die liggaam dien, maar nie die onverganklike siel nie. Daarom sal die siel se verdere aardse moontlikheid weggeneem word, maar sy het die versekering van verdere ontwikkeling in die hiernamaals, as sy egter nie ook God se woord in die hiernamaals verwerp nie en ook net as sy haar fisiese lewe verloor voor die Laaste Oorsdeel, voor die einde van hierdie aarde en aanvaar word in die sfeer van die hiernamaals.

Dan is ook die dood voor hierdie gebeurtenis nog `n besondere genade vir die mens as hy nog nie `n besluit op aarde geneem het nie. Agterna in die hiernamaals sal hy nog genoeg geleentheid vind om hulpvaardig te wees en om in liefde te dien. En daardeur kan hy nog sy onderbroke ontwikkeling voortsit, ja inteendeel, selfs nog begin, as hy nie weier om te luister na die hulpvaardige siele nie.

In daardie geval kan hy ook steeds verder agteruitgaan en weer tot die mees soliedste materie terugkeer, waar hy dan nogmaals ook die lang weg oor die aarde moet aflê voordat hy homself weer as `n mens kan beliggaam.

God het dus nog baie seëninge beskikbaar voordat Hy hierdie ou aarde sal vernietig, maar Hy sal nie die mens se wil forseer nie en afhangende van hoe hulle Sy barmhartigheid aanvaar, sal hulle voordeel ontvang vir hul siele. Hulle sal leeg en onbevoeg bly op aarde, sowel as in die hiernamaals, as hulle alle seëninge ignoreer en verwerp, of hulle sal baie vinnig hoër ontwikkel deur elke gawe van genade gewilliglik toe te laat om hulle te affekteer, sodat hulle daardeur baie meer krag kan ontvang. Want God is bomate genadig en barmhartig, maar Hy is ook regverdig en Hy gee aan die mens volgens hul wil. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205