BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 376

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Geestelike nood - Leed en kommer

3138 Die mense besef nie waarheen hulle gevoer word nie, want hulle gedagtes is baie meer op aardse gebeure gerig as wat hulle agslaan op hulle geestelike toestand. Hulle vrees vir hul aardse lewe en die verlies van aardse goedere, maar oor die heil van hulle siele is hulle onverskillig, omdat hulle so-iets ontken en hulself ook nie laat onderrig nie. En die goddelike ingryping sal hulle ook nie anders laat dink nie, want ook dit sal hulle probeer om aards te verklaar en hulle sal nooit hul ongeloof as indirekte oorsaak aanvaar nie.

En daarom het die nood op aarde so `n omvang aangeneem en daar is geen mens wat dit nie aan sy lyf voel nie. En ook die gelowige sal daardeur geraak word, want sy ingesteldheid hierteen moet sy medemens daartoe bring om aan te sluit by sy geloof, wat aan die mens krag gee om alles te verdra wat God oor hom laat kom. Hierdie geloof ontbreek by die mense en gevolglik sien hulle ook geen geestelike oorsaak in hul aardse nood nie. En derhalwe hef hulle hierdie nood nie op deur hul lewe te verander na `n lewenswandel wat heeltemal volgens die Wil van God is nie.

Maar hulle kan nie anders gehelp word, as dat leed en kommer hul voortdurende metgesel is, totdat hulle hulleself van die wêreld en alles wat die wêreld betref, vrygemaak het nie; totdat hulle aan hul verhouding met die Skepper van hemel en aarde gedink het en uit vrye wil poog om hierdie verhouding te verbeter. Dan eers laat hulle die aardse materie los. Die dood staan hulle daagliks voor oë en nou eers sien hulle in dat hulle lewe `n ander sin moet hê, en hulle probeer om hierdie sin te vind. Hulle roep hulself tot verantwoording en vra hulself ernstig af of en hoe hulle die goddelike gebooie vervul het. Want sodra hulle eenmaal glo in `n Mag, voor Wie hulle hulself eendag sal moet verantwoord, erken hulle ook God se gebooie. En hierdie geloof kom nou tot lewe in hulle en spoor hulle aan om hulself innerlik te verander en ook tot ywerige werksaamheid met diegene wat nog heeltemal wêrelds dink en geen aanstaltes maak om hulself te verander nie.

Maar hulle sal nie altyd sukses hê nie. Waar die verlange na wêreldse goed te sterk is, staan die mens ver van alle geestelike gedagtes af. Slegs die wêreldgebeure interesseer hom. Hy ly onuitspreeklik daaronder, maar altyd net uit wêreldse motiewe. Nooit dink hy aan die nood van die siele van hulle wat hard getref word nie, juis omdat hulle siele in groot nood is. Want die goddelike Liefde wil hulle nog red voordat dit te laat is. Sy wil dat hulle nog tot insigte kom en laat daarom die aarde deur uiterlike rampe gaan, sodat daar nog individue gered kan word, wie se harte nog nie heeltemal verhard is nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205