BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 378

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die skepping is die bewys van die ewige Godheid

3148 `n Duideliker bewys vir die bestaan van `n ewige Godheid as die skepping is daar nie. Want daaraan kan die mens daagliks sien hoe wonderwerke voltrek word. Hy kan die werksaamheid van `n krag sien en hy kan nou hierdie krag vir homself voorstel soos wat hy wil. Hy moet dit in verbinding bring met iets wesenlik wat dit daardeur sigbaar tot uitdrukking bring, want werke wat van diepste wysheid getuig, waarvan die bestaan nie doelloos of sinneloos is nie, moet vooraf goed oorweeg gewees het en nou deur `n wil wat oor hierdie krag heers, in `n sekere wetmatigheid tot vorm word. En hierdie wil getuig van `n Wese wat as ewige Skepper van die heelal erken moet word. Geen skeppingswerk het sonder `n bepaalde plan ontstaan nie. Want selfs as die bestemming daarvan vir die mens verborge is, lê dit tog ten grondslag aan elke werk wat uit die wil van die skeppende Mag voortgekom het. Hoe aandagtiger die mens die skepping bekyk, hoe meer oortuig sal hy daarvan wees, om in hierdie werk `n Meester te sien wat uitermate liefdevol, wys en magtig is. En dus kan die skepping slegs tot `n rotsvaste geloof lei, wanneer die mens soekend raak en homself ernstig oorgee aan die gedagtes wat in hom opkom, by die aanskoue van selfs die kleinste skeppingswerkie.

Want God self spreek tot hom deur die skepping en elke mens sal Sy taal kan verstaan wanneer hy gewillig is om te luister. Want die mens sal niks uit eie krag kan laat ontstaan wat vir hom sigbaar is in die skepping nie. Die krag van God moet eers werksaam word en hierdie krag moet toegeken word aan `n wese wat self die eintlike Hy is, omdat elke skeppingswerk `n planmatigheid laat blyk, dat die krag deur die wil bestuur word. Maar sodra `n wil erken word, moet daar ook `n draer van hierdie wil wees, ongeag in watter vorm die mens Hom voorstel.

Want vir die mens is die ewige Godheid onvoorstelbaar en tog moet Hy erken word as `n Wese wat dink en vorm gee, wat Sy gedagtes tot `n vorm laat word deur Sy wil wat van diepste wysheid getuig. Wysheid en almag word dus aangetoon en die liefde as die oergrond van alles wat bestaan, naamlik die liefde vir dit wat elke skeppingswerk in hom dra, vir die wesens wat eens uit sy krag voortgekom het, dus `n deel is van Hom self.

Die mens as soekende, weet niks van die geestelike lewe in die hele skepping nie, voorlopig kan hy slegs die Oerkrag herken, die Skepper van alles wat sy oog sien. Maar die innerlike lewe sal ook nie vir hom verborge bly as hy die kennis nastreef nie. Want eers wanneer hy `n Skepper vol wysheid en mag herken het, dan sal hy ook na die sin en die doel van die skepping vra en hy sal antwoorde kry.

En dan sal hy die Liefde van God herken wat onophoudelik aktief is om nuwe skeppings te laat ontstaan, om hulle as blyplek toe te wys aan die gees wat daarin volwasse moet word. En die mens sal nou `n duidelike beeld kry. Hy onderwerp hom dan in die diepste nederigheid aan sy Skepper wat hy nou nooit meer sal ontken nie, wat hy herken het as `n Wese van die hoogste volmaaktheid, vol Liefde, Wysheid en Almag, op wie hy nou met elke gedagte afstuur, omdat hy die Wese wil liefhê en begeer om diensbaar naby aan Hom te kom. Dus kan die mens ook, sonder dat die goddelike woord deur mense aan hom verkondig was, self kennis neem van Sy bestaan. Want God bring die maklikste middel daagliks vir hom onder oë. Hy hoef net aandag te skenk aan die skepping en dit met hom te laat praat, dan praat God Self met hom. En dan ontvang hy Sy woord direk, deurdat hy opheldering gegee word deur middel van gedagtes, sodat hy tot `n lewende geloof kan kom. En hierdie geloof sal in hom geanker wees, want die skepping getuig van die Liefde, Wysheid en Almag van God vir elkeen wat as soekende vra en luister na die antwoord wat aan hom deur die Skepper Self gestuur word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205