BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 390

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Liefde is die beste wapen teen die bose

3187 Die magtigste wapen van die mens teen alle boosheid is die liefde. Wie die liefde het, hom staan God tersyde, omdat Hy in hom is en alles voor sy Mag moet buig. En die bose vlug vir hierdie wapen, of hy laat hom oorwin. Want die liefde is sy heftigste teenstander, waarteen hy nie kan standhou nie. Die liefde maak hom, wat daarmee in aanraking kom diensbaar, as hy die liefde nie duidelik ontvlug nie. En daarom sal die liefde steeds die beste wapen vir die mens bly. Daarmee sal hy steeds suksesvol kan veg en nie hoef te vrees wanneer hy met hierdie wapen ten stryde trek nie.

Dit sal ter harte geneem moet word in elke lewensituasie, by elke onenigheid en veral in die laaste tyd van stryd, aangesien daar selfs teen die liefde ingegaan sal word, want die teenstander van God sal veral daarop aandring, naamlik dat ook die werksaamheid in liefde onderdruk moet word en dus onuitvoerbaar gemaak word. Hy sal die mens daartoe bring, deur `n gebod uit te vaardig, wat remmend sal inwerk op die werksaamheid in liefde, wat van God geverg word. Hy sal nie terugdeins om aan die mense dit wat maar net ooreenstem met die Wil van God, as `n onreg te bestempel nie. Hy sal liefdeloosheid vereis, waar God die werksaamheid in liefde verlang, omdat hy slegs dan kan seëvier oor die mense, naamlik wanneer hulle nie meer die wapen van die liefde gebruik nie.

Dit beteken `n groot gevaar vir die menslike siel, waarteen bewustelik opgetree moet word. En daarom spoor God die mense aan om aktief te raak in die liefde. Hy stel hulle die seën en die krag daarvan voor oë, naamlik wat die mens sal ontvang wanneer hy ononderbroke in liefde werksaam sal wees. Hy mag hom nie van stryk laat bring deur wêreldse voorskrifte nie en hy moet steeds net doen wat sy hart hom ingee, want sonder liefde sal hy wegsink in die duisternis en sal die teenstander sy doel bereik het.

Die liefde is goddelik en wie in die liefde bly, dra God in hom en hy sal geen mag vrees nie, al bedreig dit hom hoe erg. Wie in die liefde bly, sy diepste wese bied weerstand teen die vereistes van die wêreld wat deur die teenstander van God regeer word. En hierdie weerstand kan niemand breek nie, want die krag van die teenstander is swak en kan die krag van die liefde nie ewenaar nie. Die liefde mag nie uitgeskakel word nie, omdat dit algehele ondergang sal beteken. Slegs die wat liefhet, sal lewe, omdat liefdeloosheid onvermydelik die dood van die siel tot gevolg het.

En dit is die doel van die vyand, dat hy al die mense, wat sal poog om die lig te bereik, in die duisternis wil stort. Maar wie in die liefde leef, teen hom is hy magteloos. En wie in die liefde leef, moet ook die liefde uitstraal teenoor sy naaste, sodat hy die krag van die liefde kan besef en hy ook daarna sal streef, deurdat hy liefde beoefen waar daar vir hom `n geleentheid gebied word. Slegs hy wat hom tot liefde omvorm het, sal sterk wees gedurende die komende tyd. Niks sal hom bangmaak nie. Hy sal elke aanval met liefde probeer goedmaak, en hy sal `n skans om hom oprig, wat niemand kan afbreek nie. Die liefde is die magtigste faktor op aarde. Dit is die sleutel tot die Wysheid, dit is die brug na die lewe in die hiernamaals, dit is die waarborg vir die Liefde van God. En dus beteken dit lig en krag en beide is lewe; om in alle wysheid werksaam te kan wees tot in alle ewigheid.

Slegs die liefde lei na die doel. Slegs die liefde gee die gees in die mens sy oertoestand terug. Slegs die liefde bring die mens nader aan God en mag daarom nooit uitgeskakel word nie. En nooit mag die mense hulle onderwerp aan regulasies, wat dit in praktyk sal bring om die liefde te onderdruk en wat daarom die werk is van diegene wat as teenstander van God, heeltemal sonder enige liefde is en dit daarom bestry. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205