BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 391

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Die teenstander se masker – die Antichris

3191 Die mense laat hulself toe om deur die masker van die teenstander bedrieg te word en herken nie sy spel van misleiding nie. Om hierdie rede is hy besig om veld te wen, omdat God geen grense aan hom stel nie, solank as wat die mens hom self die mag oor hulle vrye wil verleen. En hy gebruik hierdie mag in elke opsig deur middel van groter werke van bedrog om mense te mislei. Hulle sou sekerlik daardeur kon sien, indien hulle na geregtigheid en reg sou strewe. Maar sulke strewes is die laaste ding waaroor hulle dink, elkeen is slegs geïnteresseerd in sy eie voordeel en niemand vra in welke mate die volgende persoon dieselfde reg het nie. Dit is selfsugtige liefde waardeur die mense hulself aan die teenstander oorgee en wat hulle ook verblind en onbekwaam maak om van sy aktiwiteit bewus te word. Maar as die mense hulself nie daarteen gaan verset nie, sal hulle ten prooi val aan sy beheer en alle helderheid van gedagte verloor, omdat dit die doel van die teenstander van God is om die gedagtes van die mense te verwar, sodat hulle meer en meer sal wegval van God en onbekwaam sal wees om hulself van sy lokmiddel terug te trek, sodat hy sal woed en hulle onvoorwaardelik in die verderf intrek, sonder om enige weerstand te ondervind, omdat slegs die mens se wil beslissend is en dit is te swak. Die teenstander verteenwoordig die wêreld en daarom is hy `n vriend van hulle wat wêrelds is.

Maar hy kom nader onder die dekmantel van godsdiens en daarom laat die mense dit toe om deur hom bedrieg te word. Hy veins goedheid aan hulle, maar sy dade is boos, want hy spoor mense aan tot harteloosheid, tot eiebelang, tot najaging van aardse rykdom, tot verhoogde fisiese gemak en dit alles is `n agteruitgang vir die ontwikkeling van die siel, dit is `n verontagsaming van die ware doel van die aardse lewe, naamlik die volmaakwording van die siel. En die mense herken dit nie, omdat hulle aan hierdie mag verslaaf is wat poog om hulle van God te skei. Die vyand van die siele neem selfs die Naam van God in sy mond, hy dra hierdie kleed om daaragter te skuil en sy sluheid is suksesvol en daardeur plaas hy onuitspreeklik baie mense onder sy spel. Maar wee hulle as sy sluheid geopenbaar word, wanneer die masker afval en sy ware gesig tevoorskyn kom. Dan sal hulle hulself slegs met groot moeite van sy mag kan verlos, want hulle het Hom verlaat, wat die Heer van alle skeppings is, wat die mense kan verlos wat verlos wil word.

Maar die sluheid van die vyand bestaan daaruit om die mense eerstens ongelowig te maak rakende die hulp van die goddelike Verlosser, asook in Sy Goddelikheid self. En hulle wat hom volg, sal geestelik blind wees en sy banier volg en hulle sal hulself vrywillig van die Verlosser van hul siele skei. Die mensdom sal egter nie die aktiwiteit van die donker mag herken nie, hulle sal lig sien waar daar uiterste duisternis is, omdat die geloof dat daar lig is, alhoewel dit die donkerste nag is, ook `n werk van misleiding van Satan is. En hulle sal wegvlug van die ware lig en sal nie luister na die waarskuwings om versigtig te wees wat aan hulle gegee word deur die benoemde boodskappers nie. Hulle sal `n idool aanbid wie se krag slegs bestaan uit die verswakking van die mens se wil, maar wat magteloos is wanneer die wil na God draai.

En julle sal die idool kan herken deur die feit dat hy niks sal doen om julle geloof in `n liefdevolle, wyse en almagtige God te verhoog nie. Dat die Naam van God inderdaad uit sy mond sal kom, maar hy Hom geen gesag sal gee, deurdat hy Hom nie doelbewus sal aanroep nie, dat hy die liefde sal ignoreer en om hierdie rede ver van God, Wie die ewige Liefde is, verwyder sal wees, dat hy Jesus Christus, die goddelike Verlosser nie sal erken nie en dus `n duidelike teenstander van Hom sal wees, hy wat die mensdom, wat `n behoefte aan verlossing het, weer in gevangenskap sal plaas, as hulle hom sal volg en hulleself onder sy banier sal plaas. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205