BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 392

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Kindskap van God

3195 In die geestesryk is daar baie onderafdelings, baie grade van geluksaligheid, wat as stralinge van lig in die mees verskillende sterktes herkenbaar is en wat ooreenstem met die graad van volwassenheid van die siele. Sodra die gees, die siel, in die ligryk ingegaan het, is geluk en geluksaligheid haar deel, omdat sy die uitstraling van God se Krag in ontvangs kan neem, wat altyd geluksaligheid beteken, selfs wanneer die siel slegs in geringe mate beloon kan word, in ooreenstemming met haar volmaaktheid. Maar die geluksaligheid neem egter toe, beantwoordend aan die werksaamheid in liefde van die wese, wat steeds sal toeneem in krag, wat `n vermeerderde deurstraling van die goddelike Liefde beteken.

En die wese kan sonder beperking aktief wees. Sy is in `n toestand van lewe, van vryheid en voortdurende liefde, met voortdurende gebruikmaking van die krag vanuit God, omdat die goddelike krag hierdie wese aanhoudend toestroom en die ontvangs van krag `n diepe geluk in haar voortbring. Maar die wese sal nou voortdurend aktief wees. Sy is weer werksaam in die liefde, deurdat sy die krag verder lei en ontelbare wesens daarmee gelukkig maak en hul geestelike vooruitgang bevorder en haarself terselfdertyd tot steeds groter volmaaktheid vorm, wat weer `n vermeerderde skenking van krag vanuit God tot gevolg het. En die ligstrale wat die wese omring skitter steeds meer.

Daar bestaan geen grense in die ligryk nie. En ligsfere is oral waar die wesens die graad van volwassenheid bereik het, sodat hulle die goddelike uitstraling in hulself kan opneem, sodat hulle met Sy liefdeskrag deurstraal kan word. Maar omdat die volheid van die ontvange krag moet beantwoord aan die graad van volwassenheid, sal die ligsfeer ook verskillende ligsterktes uitstraal. Want hoe meer volwasse die wese is, des te nader is sy aan die ewige Godheid, wat as Oerlig `n onvoorstelbare oorvloed van lig uitstraal op alle wesens.

Omdat die volmaakte wesens geen grense ken nie, kan die wese steeds nader aan die ewige Godheid kom, dus steeds verder groei. Sy kan die uitstraling van Liefde direk in ontvangs neem, maar tog nie heeltemal met Hom verenig alvorens sy nie die kindskap van God bereik het nie. Want dit beteken algehele samesmelting met die oerlig. Dit beteken onbeperkte ontvangs van krag en dus die hoogste geluksaligheid.

Elke wese in die ligryk is onuitspreeklik gelukkig en kan steeds nog dieper geluk voel, hoe meer sy haar liefde tot uitdrukking bring en haar ontvangs van lig en krag daardeur vergroot. Maar die wese wat haar eenmaal in die lig in die hiernamaals bevind, ken geen grense nie. En die wete is so buitengewoon geluksalig, dat die wese kan strewe na steeds groter volmaaktheid en dat die goddelike Liefde ook in Haar uitstraling van krag onbegrens is. Maar steeds is die ontvangs van krag vanaf God anders te beoordeel as die finale eenwording met Hom, wat aan die wese die kindskap van God gee, want sy sal een wees met God en haar werk in die geesteryk sal anders wees as die van die ligwesens. Sy sal heeltemal uit haarself skeppend en vormend besig wees en sal besonder salig wees, omdat hierdie werk die hoogste graad van liefde vereis en daarom haar geluksaligheid tot in die onmeetlike vergroot.

Die binnegaan in die ligryk vind dus plaas sodra die siel die volwassenheid verkry het, wat `n deurstraling van lig toelaat. Maar dan is daar ontelbare grade van volwassenheid en gevolglik ook ontelbare vlakke van geluksaligheid. Daarom kan die siel in steeds nuwe ligsfere ingaan wat altyd hoër word, want daar is geen grense aan dit wat volmaak is nie. Die siel sweef steeds hoër. Sy kom nader aan die Oerlig en tog is sy nie volledig een met die Oerlig alvorens sy nie die reg tot kindskap van God op aarde verwerf het nie.

Die aaneensluiting met God het sy egter gevind, vanaf die oomblik waarin sy die deurstraling van Sy Liefde ondervind het, waarin sy so gelouter was dat sy strale van krag en lig in haarself kon opneem. Want van nou af sal sy ook die ewige lewe hê. Sy kan aktief wees, dus werksaam in liefde, sy kan opstyg na onmeetlike hoogtes, sy kan lig en krag van God in ontvangs neem en deur aaneensluiting met geeste van dieselfde volwassenheid, dit vermenigvuldig en onuitspreeklik gelukkig wees.

Maar soos die volheid van lig vir die mense op aarde nie voorgestel kan word nie, so is daar ook geen manier om die geluksaligheid van die wesens wat die ligsfeer ingegaan het, te vergelyk nie. Want die mens is - solank as wat hy op aarde is - `n onvolmaakte skepsel. Hy sien en hoor slegs met die oë en ore van die liggaam en kan nie die geesteryk vir homself voorstel waarin alle materie ontbreek nie, wat slegs geestelik bestaan en gevolglik ook slegs deur die gees in die mens - deur die siel - waargeneem en verstaan kan word, maar ook slegs dan wanneer die siel `n bepaalde graad van volmaaktheid bereik het.

En daarom kan die mensdom geen voorstelling van die geesteryk vir hulleself maak nie. Hulle kan net glo, en dit ook maar net as hulle gewillig is en hulself sonder innerlike weerstand laat onderrig. Maar hulle kan daarna streef om opheldering te kry en dan sal baie vir hulle duidelik word, want dan sal die eerste ligstrale al `n uitwerking begin te hê. En soos wat daar van nou af aan op aarde `n stadige rypwording in insig, aan lig - dus aan kennis van die suiwer waarheid - sigbaar word, so sal die ontwikkeling van die wese ook in die ryk hierna toeneem. Sy word steeds meer volmaak. Sy sluit haarself steeds meer by God aan, sy word onuitspreeklik gelukkig.

Maar die kindskap van God is `n hoër graad van volmaaktheid en dit bring oneindige verrukkinge mee. Dit is die reg van hulle wat al op die aarde met al hul geestelike vermoëns daarna gestreef het om by God uit te kom, die wat Hom liefhet met hul hele hart en wat Hom in uiters getroue oorgawe wil dien, wat lyding en aardse nood op hulleself geneem het, wat poog om Sy wil te volbring en voortdurend werksaam is in liefde. Want sy het al op aarde gepoog om haarself by die ewige Godheid aan te pas en daarom gryp die Liefde van God haar vas en toon haar die weg na Hom. Maar op aarde sal haar lot nie maklik wees nie. Sy sal baie beproewinge moet deurstaan. Sy sal take op die aarde moet vervul wat groot krag sal vereis met `n vaste wil om by God uit te kom. Maar die goddelike genade sal hierdie siel onmeetlik bystaan, sodat sy die doel sal bereik indien sy maar net daarna sal streef. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205