BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 395

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Totale verandering, fisies en geestelik

3204 Omvattende veranderings is op hande, in die fisiese asook in die geestelike sfeer, want die onvermydelike geestelike omwenteling vereis ook `n algehele aardse verandering. Dit vind in die eerste plek plaas in die skeppings van die natuur, wat totaal verander moet word, omdat hul huidige struktuur nie meer voldoende is vir die gees se proses van volwassewording nie. Die geestelike substansies wat nou streef na `n hoër ontwikkeling, moet hierdie weg in `n korter tyd aflê as voorheen en het verskillende vorms daarvoor nodig, waarin hulle dienend besig kan wees, alhoewel in `n gebonde toestand. En hierdie verandering van die natuur het `n ingrypende uitwerking op die menslike geslag wat op die aarde gaan lewe voor haar transformasie. Die voorafgaande tyd sal sonder enige orde wees, daar sal `n algehele disintegrasieproses plaasvind, selfs rakende wêreldse aangeleenthede. Die mense sal die goddelike orde skend en hulle sal `n sterk vernietigingsdrang uitvoer, daar sal ongeëwenaarde chaos wees en die mense sal volkome aardsgesind wees, behalwe die weiniges wat bewustelik sal bid vir goddelike barmhartigheid en dit ook sal ontvang. En omdat `n oortreding teen die goddelike ordening uiteindelik tot verwoesting moet lei, is dit duidelik dat alles wat bestaan, al word dit nie vernietig nie, tog verander moet word om die orde te herstel, wat absoluut nodig is vir die ontwikkeling van die geestelike substansies.

Die skeppings in die natuur sal verander in ooreenstemming met die wil van God en die menslike gees wat haarself voorheen heeltemal van God verwyder het, sal hierdie skeppings as hul woonplek moet aanneem, en omdat die nuwe verlossingsperiode korter sal wees as die voorafgaande periode, sal die nuwe skeppings `n heeltemal ander samestelling hê as die van die ou aarde.

Hulle sal `n sekere sin ietwat harder, dus meer geboeid wees, wat `n veel meer pynlike toestand sal wees vir die gekluisterde gees as wat enige vorige aardse proses was. Dit is dus bedoel om die God-opponerende wil te breek binne `n korter tydperk, ten einde haar te bevry vir die voortsetting van haar evolusionêre proses in ander skeppings. Daaruit voortspruitend sal die hele proses van transformasie ook `n algehele geestelike verandering daarstel.

Daar sal `n tyd aanbreek waarin geen opponerende krag die opwaartse strewe van die siel sal kan verhoed nie, want hulle sou versoekings en beproewinge deurstaan het en sal dit nie meer nodig hê nie. Hulle sal die graad van volwassenheid bereik het waar hulle, verbonde met God, ontvangers van lig en krag sal word. Hulle sal `n geseënde en vreedsame bestaan voer wat in werklikheid die ewige lewe is, maar wat op aarde ervaar sal word, want hulle sal `n nuwe menslike geslag begin, wat noodsaaklik sal wees vir die opwaartse ontwikkeling van die onvolwasse geestelike substansies in die skepping, dus sal hulle die aardse take moet vervul om die steeds sukkelende geestelike substansies omhoog te help. Sodoende sal dit `n hemelse paradys op aarde word en geseënd is daardie persoon wat toegelaat sal word om hierdie vreedsame toestand te ervaar as inwoner van die nuwe aarde. Dit sal `n tyd van rus en vrede wees, want die stryd tussen lig en duisternis sal tydelik ophou, met duisternis wat die vêrste afstand verwyder sal wees van God en die lig die naaste nabyheid aan Hom. Die wat die vêrste van God verwyderd is, sal gekluister wees en sal `n bepaalde tyd nodig hê vir hulle verlossing, wat weer `n vreedsame geestelike lewe sal verseker vir hulle wat naaste aan God staan, wat onbeskryflik mooi sal wees vir die mens wat die einde van die ou aarde oorleef het, want hulle het getrou gebly aan God gedurende die voorafgaande moeilike tyd van stryd en kan nou die chaotiese toestand verruil vir `n toestand van diepgaande vrede en goddelike orde.

Die Gees van God sal hulle regeer, Sy Liefde sal hulle versorg, Hy sal Self as Vader hoorbaar, sowel as sigbaar, by Sy kinders vertoef na die afloop van die ou era, wat sal eindig met die Laaste Oordeel, dan sal `n nuwe periode van verlossing begin en hierdie Laaste Oordeel sal die totale verwoesting van alles op aarde wees, naamlik vaste materie, plantelewe en dierelewe; ook die menslike geslag sal `n totale verandering ondergaan, soos wat God se Liefde en Wysheid dit verorden het en soos wat Sy almag dit sal vermag, sodat die God-opponerende gees sy weerstand sal opgee en verander. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205