BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 400

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Weerlegging van die leer van reïnkarnasie -Geregtigheid

3220 `n Helder lig word aan jou gegee, as jy dit wil hê om dit te laat straal. `n Tyd van chaos verwar ook die denke van die mens, want die denkvermoë word swakker en geestelike waarhede kan nie meer as sodanig herken word nie, dit is waarom `n voortdurende toestuur van lig nodig is en dit mense verg wat bereid is om dit te ontvang, waardeur geestelike kennis aan die soekendes oorgedra kan word. So `n lering kan verskeie kere plaasvind. Dit kan kennis wat al teenwoordig is, volledig maak, dit kan as heeltemal nuwe kennis aangebied word as die mens tevore verkeerde gedagtes gehad het, maar dit kan ook as weerlegging van `n verkeerde leer `n gebied duidelik maak waaroor daar nog onduidelikheid onder die mense heers.

Maar die voorwaarde is dat die op God gerigte kragte die geestelike kennis aan die mens sal oordra, wat as opnamehouers van die goddelike Gees hulself bereid verklaar het om God te dien deur die verbreiding van die waarheid. En aan hierdie voorwaarde word voldoen sodra innige gebed oor die stuur van die suiwer waarheid elke geestelik onderrig voorafgaan.

Alle goeie geestelike kragte het maar net een doel, naamlik om die wesens wat op aarde beliggaam is, met God te verenig, dit wil sê, om daarmee behulpsaam te wees. Maar `n geestelike vereniging kan slegs bestaan in die toestand van lig, dit wil sê in die toestand van insig, wat die gevolg is van `n lewe in liefde. Om hierdie toestand te bereik, is `n aardse lewe aan die mens gegee, waarin hy sy vermoëns kan vorm, wat by die begin van sy beliggaming slegs swak ontwikkeld is, maar wat na gelang van sy wil, `n positiewe of ook negatiewe ontwikkeling kan deurmaak. Sy lewensloop sal hom volop geleentheid gee vir hierdie ontwikkeling, maar dit hang nie af van meer of minder ontwikkelde gawes van die verstand nie; slegs van die wil tot die goeie, van die ingesteldheid teenoor God en dus van die werksaamheid in liefde, die strewe om homself by God aan te sluit deur goeie werke. Slegs daardeur kan die mens so `n hoë graad van geestelike ontwikkeling bereik, dat hy al op aarde in `n stadium van lig kan ingaan, dit wil sê dat hy insig kan verkry. Dan het die aanpassing by God al plaasgevind en hierdie toestand verseker die siel dat die mens by sy sterwe toegang tot die ligryk sal kry, in sfere waar hy aan die verlossingswerk van Christus kan deelneem, waar hy in staat sal wees om wysheid en lig aan ander siele te verskaf, deurdat hy hulle in liefde sal onderrig en dus verlossend besig sal wees. Hierdie graad van volmaaktheid kan die mens dus maklik bereik, deur slegs die wil te hê om die goeie te doen en die verbinding met God tot stand bring deur innige gebed.

Dat die mense se begripsvermoë verskillend is, dat hulle meer of minder intelligent is, is glad nie bepalend vir die wil tot die goeie nie. Want die liefde laat die geesvonk in die mens ontwaak. Maar die liefde word in die hart gebore en dit kan uitermate aktief wees in `n mens, wie se verstandelike vermoë aansienlik laer is as `n ander s`n. En selfs waar die lig, die kennis van die waarheid, nie besonder voor die dag kom gedurende die lewe op aarde nie, kan die siel by die binnegaan in die ryk hierna omring word deur lig. Dit wil sê, die insig kan bliksemsnel oor haar kom en `n oorvloedige kennis kan haar nou in staat stel om in die hiernamaals ywerig in liefde werksaam te wees.

En daarom is die idee ongegrond dat `n minder ontwikkelde verstandelike denke afbreuk kan doen aan die volmaakwording van die siel, dat elke siel dus eers die geleentheid gebied moet word om gevorderde liggaamlike vermoëns te benut, om dus `n groter volmaaktheid op aarde te verkry. Sulke siele kan egter op aarde uitermate seënryk werksaam wees vir sovêr hulle hul buitengewone verstandelike vaardighede in diens kan stel vir hul medemens, om geestelike kennis aan hulle oor te dra en hulle daardeur aan te spoor tot verhoogde doeltreffendheid in liefde, maar net so kan `n mens sonder spesiale stimulering, die liefde tot die hoogste ontplooiing bring en hierdie mens sal onteenseglik die hoogste volmaaktheid bereik. Maar sy denke kan heeltemal ongekompliseerd wees, dit hoef geen groter wysheid te laat sien nie en tog sal hy in sy denke en handeling gestuur word deur goeie geestelike kragte, wat hom sal bedien volgens sy begripsvermoë en hom voortdurend aanspoor om meer werksaam te wees in liefde, om sodoende sy vereniging met God te bereik. Want die liefde is die eerste, daaruit word die wysheid gebore en hierdie wysheid is die aandeel van die siel, sodra sy die geesteryk ingaan.

Maar die liefde kan `n eenmalige beliggaming op aarde volledig tot ontplooiing bring, omdat die liefde in elke situasie van die lewe, in elke lewenslot, in elke liggaamlike en geestelike gesteldheid, beoefen kan word, omdat dit slegs voorwaardelik is dat die goddelike vonk in die mens aangesteek sal word en tot die hoogste vlam aangewakker word en dit kan die mees primitiewe mens in sy denke doen, as hy maar net die wil sal hê om goed te wees. Maar die insig in goed en kwaad het hy in homself, omdat beide kragte - goed en kwaad - vir sy siel stry en sy denke dus deur beide geestelike kragte beïnvloed word en die kragte wat die sege oor hom sal behaal, sal wees na wie hy sy vrye wil heen wend.

Hoe sy wil egter sal kies, is tot `n sekere mate afhanklik van sy geloof, van sy ingesteldheid teenoor God en die verlossingswerk van Christus, indien hy kennis daaroor besit, dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het vir die swakkes, wat uit hulself nie in staat was om die wil om goed te doen op te bring nie. Maar niemand moet dink om sterk te wees nie. Alhoewel iemand groot geestelike vermoëns kan besit, het hy tog die genade van die verlossingswerk nodig, die deur Jesus Christus gekoopte sterk wil, om hom tot ligwese te kan ontwikkel gedurende sy aardse lewe. En daarom het Jesus Christus dit volbring, sodat almal wat van goeie wil is, salig kan word.

Die mense is in hul geestelike ontwikkeling wel baie agtergeblewe en hulle skenk geen aandag aan geleenthede om vooruit te gaan nie. Dit is `n onmiskenbare afkoelingsproses, wat egter sy oorsaak het in die vrye wil van die mens en waarvoor hy ook self sal moet antwoord. Gevolglik kan die mens vir iets wat deur sy eie skuld plaasgevind het, geen begunstiging verwag nie. Maar dit sou `n begunstiging gewees het indien hy sy ontwikkeling na willekeur deur sy eie skuld versuim het of verontagsaam het en dit kon inhaal met `n hernude beliggaming op aarde. Want hy het sy vrye wil nie op die korrekte wyse gebruik nie, waartoe hy egter in elke lewensituasie in staat gestel was deur die verlossingswerk van Christus, wat die mag van Sy teenstander op die wil van die mense gebreek het deur sy dood aan die kruis. Daar is waarom daar vir `n onvolmaakte siel op aarde geen rede vir `n hernude lewenswandel is wat op goddelike geregtigheid sou kon berus nie, want as mens het hy gefaal, ondanks die toestuur van genade, en kan hy nie na willekeur aanspraak maak op `n herhaling van `n beliggaming op aarde om tot dieselfde graad van volmaaktheid te kom wat `n mens met goeie wil gedurende sy lewe op aarde sou kon bereik het nie, maar hy sal die baie moeiliker weg omhoog in die hiernamaals moet aflê, as regverdige vergoeding vir sy verkeerde wil.

Die mense het wel verskillende insigte, verskillend kennis en verskillende aardse vermoëns. En dit laat hulle dikwels tot die verkeerde opvatting kom dat die volmaakwording van die siel haar voltrek in ooreenstemming met hierdie vermoëns. Maar dan word dit buite beskouing gelaat dat slegs die aktief wees in liefde deurslaggewend is, dat slegs die werksaam wees in liefde die positiewe ontwikkeling kan bevorder. Maar elke mens kan liefde beoefen, want slegs die wil van die mens is daarvoor nodig. Dit is `n drang in die hart, wat in geensins in verband staan met `n bepaalde graad van kennis of `n besonder ontwikkelde verstandelike doeltreffendheid nie.

Dat die afkoeling van die liefde begryplikerwys ook `n beperkte kennis tot gevolg sal hê, is onbetwisbaar en daarom openbaar die duistere geestelike toestand homself ook in die besonder, omdat dit die gevolg is van liefdeloosheid, waarvoor die siel haarself sal moet verantwoord. Daar kan eers van `n hoër ontwikkeling gepraat word wanneer die siel haarself met die Gees verbind het, wanneer sy dus die liefde beoefen en daardeur die geesvonk in haarself tot lewe wek, wat nou voortdurend bly werk, dit wil sê wat die siel aanspoor tot voortdurende werksaamheid in liefde. Gevolglik is daar `n stilstand in die ontwikkeling te sien sonder die werksaamheid in liefde, of selfs `n agteruitgang by duidelike liefdeloosheid.

Maar dieselfde mate van genade staan elke mens ter beskikking en aan hom is dieselfde geleenthede gegee vir die volmaakwording van sy siel. As hy dit nie benut nie en as hy ook geen aandag skenk aan die genade nie, sodat dit nie by hom werksaam kan word nie, dan moet hy ook volgens die goddelike geregtigheid die gevolge op homself neem, dit wil sê hy sal in die hiernamaals self met hierdie toestand moet klaarkom, wat hy uit eie skuld verdien het.

Dit sou dan in `n sekere sin `n onreg wees, wanneer diegene wat nie gebruik gemaak het van die groot genade van die beliggaming ten behoewe van die heil van sy siel nie, nog `n keer dieselfde geleentheid gebied sou word om dit in te haal wat hy versuim het. Dit sou `n onregverdigheid wees teenoor hulle wat hul lewe op aarde heeltemal benut het, terwyl hulle nie op hul liggaam gelet het deur die afsien en voortdurende onthouding van die vreugdes van die wêreld nie. Dieper kennis is dus beslis nie nodig nie, slegs die werksaamheid in liefde. En daarom kan ook die mees oningeligte mens hom positief ontwikkel, as hy maar net werksaam sal wees in liefde, want die kennis sal aan hom gestuur word, sodra hy dit nodig sal hê vir sy medemens, of wanneer hy die geesteryk sal ingaan, want dan kan hy die siele in die hiernamaals gelukkig maak met sy kennis wat nou bliksemsnel aan hom oorgedra word, sodat hy as ligdraer in liefde weer werksaam kan wees in die geestesryk. Amen.



 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205