BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 407

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Lewe - Ontwaking van die goddelike vonk in die mens

3240 Die goddelike geesvonk in die mens is sy werklike lewe, gevolglik kan `n mens slegs van wedergeboorte praat wanneer die gees in die mens ontwaak het, wanneer hy begin om aktief te raak, want so begin die geestelike lewe. In daardie geval is die mens geestelik wedergebore, want sy fisiese geboorte maak slegs sin en dien sy doel wanneer die geestelike wedergeboorte plaasgevind het. Die goddelike geesvonk word nou bewustelik erken deur die persoon se siel, selfs al is die persoon nog nie in staat om rasioneel te onderskei tussen die twee konsepte van siel en gees nie, want die proses van eenwording van gees en siel kan gebeur sonder dat `n persoon daarvan bewus is, aangesien dit eers aan hom oorgedra word wanneer dit plaasgevind het. Slegs dan sal die gees aan die siel verduidelik wat die eenheid van die gees met die siel beteken, en dan eers sal die siel streef na `n steeds nouer eenheid met haar gees en sal die mees waardevolle kennis daarvan aanvaar.

En van daar af aan sal die mens lewend wees, wat beteken dat hy sy kennis sal benut en bewustelik sal werk vir die koninkryk van God, hy sal gretiglik werk om die bekomde inligting te versprei en sal hierdie kennis oordra aan sy medemens. Die lewe is `n deurlopende aktiwiteit. Toegegee, die mens is sekerlik fisies lewend sonder dat sy inwonende geesvonk ontwaak het, hy is dus aktief op `n aardse wyse en werk dus vir sy aardse lewe, vir sy liggaam en vir sy aardse doelwitte. Maar dit is nie die ware lewe nie, die lewe wat ewiglik is, die lewe waarvan Jesus gepraat het en wat Hy beloof het aan elkeen wat in Hom glo. Ware lewe is die nimmereindigende lewe van die gees, waarvan die verkryging die doel van die lewe op aarde is. Hierdie doel sal slegs bereik word wanneer die mens se gees lewend geword het.

Geestelike wedergeboorte is die mees waardevolle doelwit om na te streef, want dit sal `n onbeskryflike opbrengs vir die menslike siel oplewer. Dit wat deur die wêreld aangebied word, is verganklik en bevoordeel slegs die liggaam, maar nooit die siel nie. In teenstelling daarmee sal dit wat die gees die siel bied, die siel se dors les en haar verfris, hy is haar voeding, hy is dus lewenskrag, hy is `n kosbare kommoditeit wat nie meer kan vergaan nie, wat geluk induseer en hy moedig ywerige aktiwiteit aan en kan dus die Wondermiddel van die lewe genoem word, want die dood, wat die siel voorheen bedreig het en haar onvermydelike deel sou gewees het as wedergeboorte nie plaasgevind het nie, sal nie meer moontlik wees nie. Die vleeslike liggaam is die omhulsel wat die goddelike vonk huisves en dit is die persoon se vrye wil of hy die omhulsel wil bars, of hy daarna sal streef om die Goddelike in hom te laat ontwaak tot die lewe. As die siel, die draer van die wil, haar na die goddelike gees wend deur te poog om innerlik deur die omhulsel te dring, deur te poog om haarself te bevry van alle aardse begeertes, van slegte gewoontes en ondeugde, as sy poog om die omhulsel op te los deur middel van werke van liefde, sal die goddelike geesvonk begin beweeg, hy sal kontak maak met die mens se siel en haar help om bo haarself uit te styg, hy sal voortdurend advies en instruksies influister en sal dus die siel lei sodra sy toelaat om gelei te word.

Van daar af sal die goddelike vonk in die persoon die leiding neem en dit sal waarlik reg wees. Dan sal die gees en siel mekaar nie meer opponeer nie, maar hul doel gesamentlik nastreef, hulle sal streef na die ewige huis en sal geen aandag gee aan die liggaam, die wêreld en alles wat van `n wêreldse aard is nie, alhoewel die mens nog op die aarde woon. Die mens is lewend, selfs as wêreldse sake van geen verdere belang vir hom is nie, want sy gees is lewend en is voortdurend aktief. Die mens sal dan slegs vir die geesteryk werk, vir die koninkryk van God, hy sal werk om homself en sy medemens te verbeter, hy sal aanhoudend aktief wees, want die inwonende geesvonk laat hom nie toe om te rus nie, dit is, om ledig te wees nie, want dit is skadelik en sinoniem met die dood, `n toestand wat tot in die ewigheid pynlik is en moet daarom gevrees word as die ergste lot wat die menslike siel kan oorkom. Maar helaas, sodra die gees tot lewe gekom het, sal die dood nie meer bestaan nie, want die gees is onsterflik en trek ook die siel die ewige lewe in, in die ewige heerlikheid in. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205