BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 409

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Selfkennis - Arbeid aan die siel - Genade - nederigheid

3244 Dit is `n groot risiko vir die mens wanneer hy homself in die voldoening van die eie ek oorgee, as hy dink dat hy geestelik baie hoog ontwikkeld is en homself dus nie ken nie. Want dan kort hy nederigheid, wat hy teenoor God sal moet betoon, indien hy Sy genade wil ontvang om verder te kan ontwikkel. Slegs iemand wie hom klein waan, sal omhoog wil streef, slegs iemand wat swak voel, sal vra vir krag en as hy die hemelse Vader nederig in gebed nader, kan krag aan hom gegee word.

Die mens moet voortdurend werk om homself te verbeter en dit kan slegs plaasvind indien hy homself as onvolmaak beskou, as hy bewus is van sy foute en swakhede en poog om dit van hom af weg te werp. Elke tree na volmaaktheid sal moeisaam geveg moet word, want om teen jou eie foute en swakhede te stry, verg `n stryd teen jouself, teen jou begeertes, teen jou verlange na die wêreld, teen materiële besittings, teen jou bose instinkte wat dit moeilik maak vir die siel om die gees te bevry.

En hierdie stryd is nie maklik nie, solank die liggaam nog eise stel wat belemmerend inwerk op die ontwikkeling van die siel. Maar eers sal die mens homself egter moet herken, hy sal moet weet wat God wil en in hoeverre sy eie wil nog teen die Wil van God gerig is, hy sal moet weet dat God `n volledige transformasie tot liefde verlang, en hy sal moet bedink wat hierdie verandering tot liefde beteken, naamlik dat daar geen bose gedagtes in die mens mag ontstaan nie en daar dus geen bose daad uitgevoer mag word nie, dat elke opwelling in die menslike hart deugsaam en sag moet wees, dat alle slegte gewoontes bestry moet word en dat die mens homself moet leer om sagmoedig, vredeliewend, geduldig, barmhartig en nederig te word.

Hy moet homself steeds voortdurend waarneem en oor en oor sal hy swakhede en gebreke vind, indien hy die arbeid om homself te verbeter, ernstig opneem. Hy sal nie tevrede wees met homself, solank as wat hy op aarde lewe nie, want hy sal nie op aarde so volmaak word, dat hy niks meer sal hê waarmee hy homself sal kan kritiseer nie. Hy sal na volmaaktheid moet strewe solank as wat hy lewe en hy sal dit slegs kan doen as hy van sy onvolmaaktheid bewus bly, as gevolg van sy streng selfkritiek en solank as wat hy absoluut vasberade bly om die weg omhoog te gaan. En daarom moet hy uiters nederig bly en homself en sy werk gering ag en des te ernstiger vir die toestuur van genade vra, sodat God se krag na hom kan vloei en hom in staat stel om die werk uit te voer om sy siel te verbeter, want God skenk Sy genade aan die nederiges. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205