BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 410

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Behoeftige siele - Berou - Liefdevolle hulp

3256 Wanneer julle mense jul aardse lewe beëindig het en die geesteryk binnegaan, dan sal die tyd van julle bestaan op aarde slegs as `n oomblik voorkom, sodra die herinnering aan van die oneindige lang tyd voor julle beliggaming as mens aan julle gegee word.

Dan sal julle ook die groot genade besef van die laaste stadium van julle ontwikkeling van julle siel, en hy wat dit benut het en wat toegang to die geestelike ryk verkry het, hy wat hom nie hoef te verwyt dat hy die genade van die aardse lewe onbenut laat verbygaan het nie, sal geseënd wees. Want die berou in die hiernamaals is dubbel pynlik, omdat die siel insien dat sy nie meer kan goedmaak wat sy op aarde nagelaat of versuim het nie.

Die berou in die hiernamaals is soveel meer pynlik wanneer die siel besef dat sy dit wat sy vermy het, of nagelaat het op aarde, nie meer kan regmaak nie, wanneer die siel bewus word van die ondenkbare lyding van die oneindige aardse weg en hoe maklik die kort lewe as mens in vergelyking daarmee was, en wat nie korrek gewaardeer was nie. Die siel se berou oor `n verkeerd geleefde aardse lewe is so pynlik en depressief dat dit in sigself veroorsaak dat die siel boete doen en dit vererger haar pynlike situasie, tog is die fisiese lewe met sy vele moontlikhede nou verby en die siel sal nou die gevolge van haar aardse lewenswyse moet aanvaar. Sy sal nou haar ontwikkelingsproses in die hiernamaals moet voortsit, maar met baie meer probleme as op aarde, solank sy nie toegelaat word om die ligryk te betree nie.

Julle mense ken nie die angs van so `n siel wat nog in duisternis is nie en die barmhartige liefde wat sy benodig om hulp te ontvang nie. Julle almal behoort medelye te hê met sulke siele, julle moet in liefde aan hulle dink, andersins kan hulle nooit verlos word nie, want hulle is te swak sonder hulp, want slegs liefde kan aan hulle krag gee en hierdie siele hoop en vra vir hierdie liefde van mense, aangesien die liggeeste eers hierdie siele kan help wanneer hulle bereid word om ander siele te help. Ten einde hierdie gewilligheid te laat ontwaak, moet hulle wil versterk word en slegs die krag van die mense op aarde se liefde vir hulle kan dit bereik.

Verlore siele, dus hulle wat die aardse lewe nie korrek benut het nie, of wat heeltemal sonder `n geestelike strewe op aarde geleef het, is in die grootste nood, want hulle is totaal kragteloos en het `n heeltemal verswakte wilskrag. Om hierdie siele te help, is een van die grootste liefdeswerke wat die mens kan verrig. Hy moet voortdurend vir hierdie siele bid en moet hulle geestelik aanmoedig om in liefde werksaam te word, selfs in die hiernamaals. Oor en oor moet hy hulle aanmoedig om lief te hê, hy moet geestelik met hulle kommunikeer met sy liefde en krag aan hulle skenk, wat vertroostend sal wees vir die siel, want dit sal haar toestand van lyding verlig. En die siele sal ewig dankbaar wees vir die mense wie se liefdevolle hulp hulle verlos het uit hulle smartlike toestand, sodra hierdie siele self in die verlossingswerk kan deelneem, sodra hulle die lyding van ander siele kan help verlig deur geestelike kennis aan hulle oor te dra wat hulle eerstens self moes bekom het.

As gevolg van hulle wil om behulpsaam te wees, word hulle grootste nood bevredig en hulle berou sal verminder met dieselfde tempo as wat hulle gewilligheid om behulpsaam te wees, sal toeneem. Want nou verstaan die siel dat sy in die geestelike sfeer benodig word en in haar entoesiasme vergeet sy van haar eie lyding. Sy streef nou om geestelike waardes te vergaar, sodat sy dit weer kan deel, sy het `n nuwe sfeer van aktiwiteit vir haarself geskep en poog nou om op te maak vir dit wat sy op aarde verwaarloos het, naamlik om liefde te gee. En nou kan sy haar ontwikkelingsproses voortsit in die geestelike sfeer, danksy die hulp van mense se liefdevolle gedagtes op aarde, vir wie sy ewiglik dankbaar sal wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205