BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 414

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vroeë dood - Die barmhartigheid van God-Hoë ouderdom

3260 God se wil bepaal in welke graad van geestelike volwassenheid die mens teruggeroep sal word vanuit sy aardse lewe na die geesteryk. Dit is ook `n skynbare onregverdigheid wat die opvatting van die mense versterk dat God bepaalde mense uitgekies het om geseën te word, terwyl ander weer moet ly deur van God verwyder te wees. En tog is hierdie siening heeltemal verkeerd, want goddelike Liefde en Wysheid ken altyd die wil van die mens en beëindig daarom ‘n lewe wanneer hoër ontwikkeling op aarde twyfelagtig is.

In die gebonde toestand, vóór die beliggaming as mens, was daar slegs progressiewe ontwikkeling, totdat die geestelike wese se graad van volwassenheid gereed geword het vir hierdie laaste beliggaming. Nou maak die vrye wil van die mens egter self sy eie besluite en ontwikkeling kan verder gaan, staties bly, of selfs agteruitgaan, en weer kom dit daarop neer of die mens as sodanig reeds sy aanvanklike graad van geestelike volmaaktheid verhoog het en dan in gevaar is om tot stilstand te kom, en of hy op dieselfde vlak bly staan het as in die begin van sy beliggaming en in gevaar is om agteruit te gaan. In daardie geval is dit steeds `n werk van God se barmhartigheid wanneer die mens teruggeroep word, wanneer hy die hoogtepunt van sy ontwikkeling op aarde bereik het, dus wanneer die liefde van God hom beskerm om verder agteruit te gaan, of dat hy nie sy siel sal bevorder gedurende ‘n verlengde lewe nie, want sy skuld neem toe, hoe meer hy sy beliggaming se tyd van genade verkeerdelik gebruik.

Die mens kan vorder gedurende sy jeugjare en dan sy strewe beëindig en die tot nou toe verkreë ontwikkeling kom dus tot ‘n stilstand en dan roep God hom terug en gee aan hom verdere moontlikhede in die hiernamaals om homself te voltooi. Maar die mens kan egter ook in latere jare sy wil verander en sy nog gebrekkige ontwikkeling kan dan `n skielike verbetering ondergaan en sodoende kan hy `n hoë graad van volwassenheid bereik, ofskoon hy voorheen `n lang tyd laat verbygaan het, sonder om aan sy siel te dink. In daardie geval sal God hom `n lang lewe skenk, want God ken die wil van die mens al van ewigheid af en vorm sy lewe dienooreenkomstig, want elke mens se lot word goed oorweeg deur die Liefde en Wysheid van God en is nooit afhanklik van God se willekeurige gebruik van mag nie.

God sal geen geleentheid tot volwassewording op aarde van die mens weerhou, indien hy daarvan gebruik wil maak nie. Maar die mense slaan min ag op sy barmhartigheid en is onwillig om hierdie betrokke inligting te aanvaar. En omdat God sedert ewigheid weet welke mense besonder afwysend teenoor Hom staan en omdat Hy ook weet wanneer die mens die hoogste graad van sy ontwikkeling op aarde bereik het, is ook die duur van sy aardse lewe sedert ewigheid vasgelê, en varieer dit, afhangende van wat die goddelike Wysheid as doeltreffend en suksesvol beskou.

Maar nooit sal God `n lewe op aarde wat die mens `n hoëre volwassenheid beloof, vroegtydig beëindig nie, want God se liefde is verewig besorg dat die mens die hoogs moontlike volwassenheid sal bereik op aarde en nooit sal Hy `n moontlikheid van die mens weerhou wat nog volkome volwassenheid tot gevolg kan hê nie. Dog ken Hy van ewigheid af elke opwelling van die menslike wil en Hy beskerm die siel van `n algehele verlating, dit is van sekere agteruitgang wat sou plaasgevind het as Hy die aardse lewe nie beëindig het nie.

Daarom sal diegene wat voortdurend strewe, `n hoë leeftyd bereik, terwyl hoë ouderdom terselfdertyd ‘n bewys is van `n langsame hoër ontwikkeling, al is dit nie vir ander mense sigbaar nie. `n Lang aardse lewe is altyd `n barmhartigheid, maar ook lewer ‘n kort lewe `n bewys van God se liefde, wat verewig werksaam is, alhoewel dit nie altyd deur die mens herken word nie. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205