BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 415

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Eindstryd met of sonder Jesus

3261 Die gelowige Christen, dus die mens wat in volle geloof in die goddelike Verlosser en Sy werk op aarde lewe, sal in die komende geloofstryd groot verligting ondervind, want die barmhartigheid van die verlossingswerk sal duidelik na hom toestroom, d.w.s. die sterkte van die wil en dus ook die krag om die teenstander te oorwin, in diegene wat in die geloofstryd die maatreëls sal uitvoer teen die gelowiges.

Die geloof in Jesus is die sterkste wapen en die vrees vir die vyand sal ver weg bly van elkeen wat diep en vas in Hom glo, want Sy beskerming en Sy Liefde sal syne omvou, naamlik die mense wat aan Hom getrou sal wees en wat alle wedervarings op hulself sal neem terwille van Sy Naam. En Hy sal hulle help, ook in aardse nood en benouenis. Hy sal hulle gee wat hulle vir hulle liggaam nodig sal hê.

Hy sal hulle die krag gee om vol te hou, Hy sal hulle Sy woord gee, regstreeks of deur tussenpersone en Hy sal ook die ontvangers van die woord beskerm en aan hulle die gawe verleen om te spreek, hulle wat steeds en oral die pad aangewys sal word wanneer die aardse mag hulle tot verantwoording sal roep. En daagliks en elke oomblik sal Hy met Sy hulp gereedstaan en hulle deur alle gevare van siel en liggaam heen lei.

Maar vir hulle by wie die geloof in Jesus ontbreek, sal die geloofstryd baie las besorg. Dit is die mense wat nie heeltemal ver van God af staan nie, wat wel glo in `n hoër Mag, voor Wie hulle hulself eendag sal moet verantwoord, wat hierdie Mag dus ook erken, deurdat hulle vrees om Jesus te verloën, maar wat geen verbintenis met Jesus het nie, wat Sy verlossingswerk in twyfel trek, die wat Jesus as Verlosser van die wêreld en as Seun van God dus sal verloën. Hulle sal in erge nood raak wanneer hulle `n besluit moet neem, want die krag om alles te verdra wat teen die gelowiges onderneem word, sal by hulle ontbreek. En hulle sielenood sal toeneem wanneer hulle die krag van die geloof van die Christene sal sien en sal nie met oortuiging in Jesus Christus kan glo alvorens die kennis oor die betekenis van die verlossingswerk tot hulle deurgedring het nie.

En daarom sal hulle wat in Jesus glo, die taak hê om hulle te onderrig en in liefde te help om in Jesus Christus te glo. En daarom word, deur die woord van God van bo, steeds weer mense tot die regte insig gebring en sodra hulle die wil sal hê om hulle medemens te help, sal die gawe om te kan spreek ook aan hulle gegee word wanneer die nood van die tyd en van die mense dit vereis, want die geloof in Jesus Christus is in die eindtyd nie eenkant te skuif nie. Slegs Hy gee aan die mense die krag om vol te hou en sonder vrees met die stryd aan te gaan. Maar hierdie stryders vir Jesus sal nie oorwin word nie, ondanks die groot mag van die teenstander, want Jesus Christus Self lei Sy leër en Hy voorsien hulle waarlik van die beste wapens wat `n waarborg sal wees vir `n volledige oorwinning, ofskoon die getalle van Sy stryders klein sal wees en erge haat vanaf die teenstander na hulle toegeslinger gaan word.

Maar wie hierdie stryd sonder Jesus aangaan, sal die gevaar loop om omvêrgewerp te word, hy sal nie by magte wees om weerstand te bied en die klein geloof in Jesus wat hy besit, te behou nie, hy sal mismoedig word deur die hardheid van die lewe wat die diep gelowige mens op homself moet neem. En uiteindelik sal hy afvallig word, want hy sal heeltemal kragteloos wees, sodra hy geen aanspraak kan maak op die barmhartigheid van die verlossingswerk nie. En daarom moet hy in Hom kan glo, hy moet homself in volle geloof met God verbind en Hom terwille van Sy erbarmende Liefde vra vir krag en barmhartigheid.

Dit sal `n sware stryd wees vir die gelowiges, maar nie sonder hoop nie, want waar God stry is die sege ook gewaarborg. Maar God en Jesus is Een. En tot hierdie geloof, tot hierdie insig moet julle, julle medemens help om te kom, julle wat deur God Self onderrig sal word, omdat dit vir julle maklik sal wees om sigbaar werksaam te wees, daar waar die diepste onwetendheid nog heers.

Dit is die taak waartoe God julle geroep het en wat julle steeds weer sal moet uitvoer, sodat die laaste stryd suksesvol kan wees vir baie mense by wie die diepe geloof nog ontbreek, want God het erbarming met elke siel wat Hom geen weerstand bied nie en daarom stuur Hy Sy boodskappers aan hulle wat hulp nodig het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205