BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 416

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Nuwe wonders in die skepping van die nuwe aarde

3264 In elke afsonderlike ontwikkelingsperiode word die geestelike substansie gebonde gehou, totdat dit die volwassenheid kan bereik wat nodig is vir die laaste beliggaming as mens. As dit dan in die vorige fase van ontwikkeling as ‘n mens gefaal het, moet dit weer in die gevangenskap van harde materie die weg deur die mineraal-, plante- en dierewêreld gaan, totdat dit weer ‘n mens kan word. Die geestelike substansie, daarenteen, wat in hierdie tydperk nog nie die laaste stadium bereik het nie, maar wat deur God vrygelaat word deur die laaste vernietiging van die aarde, sal weer gekluister moet word in uiterlike vorms wat sal ooreenstem met sy graad van volmaaktheid, dus sal die onderbroke weg van ontwikkeling voortgesit word in die nuwe ontwikkelingsperiode op die nuwe aarde.

Om hierdie rede sal die nuwe aarde ook weer van baie verskillende skeppings voorsien word, in werklikheid heeltemal nuwe en ander skeppings as die van die ou aarde. En so sal nuwe wonders in die skepping tot stand kom, wat vir die eerste mense wat die nuwe aarde sal bewoon, erken sal word as wonderwerke, as bewys van God se heerlikheid en as bewys van Sy Liefde, Wysheid en Almag. Mense sal uitermate verwonderd wees oor dit wat hulle op die nuwe aarde sal sien en in verwondering sal hulle God prys, liefhê en dank met hulle hele hart. En die siele sal voortgaan met hulle ontwikkeling.

Maar die substansie wat in die harde materie gekluister is, sal gekwel word deur sy gebondenheid en sal poog om te ontsnap. En na gelang van die sterkte van sy wil, sal hy slaag of faal, maar God hou rekening met die wil van die substansie en daarom sal die materie op die nuwe aarde uiters vas en solied wees, sodat die wil van die inherente gees versag sal word en sodoende ten slotte sy weerstand opgee. Gevolglik sal die geringste verandering van die wil die vorm losser maak, in aardse terme beteken dit dat, alhoewel die vaste materie buitengewoon hard sal wees, dit ook baie bros sal wees en sal dus maklik kan breek of uitmekaarbars sodra die wil van God ten doel het om dit los te maak van sy gevangenskap. Net so sal die ander skeppings ook ‘n korter lewensduur hê, omdat die transformasie van die geestelike substansie met ’n vinniger tempo sal voortgaan, wat inderdaad moontlik sal wees, maar wat nietemin sal afhang van die gees se gewilligheid om te dien. Die geestelike substansie word maar net toegelaat om sy finale beliggaming as mens vinniger te bereik as in vorige ontwikkelingsfases, solank as wat sy wil nie heeltemal teen God s’n is nie. En daarom sal die eerste mense op die nuwe aarde wonderwerke op wonderwerke belewe. Dit sal so `n diep indruk op hulle maak, dat hul liefde tot God steeds sal toeneem, omdat hulle deur hierdie liefde hulself steeds nog inniger met Hom sal verbind en in Sy genade sal lewe, maar hulle sal ook hierdie wonderwerke verstaan. Hulle sal weet dat dit slegs uitdrukkings is van God se oneindige liefde, Wie alle gees wil wen vir Homself en elke moontlikheid aan hulle bied om hulle wil te verander.

En dit sal vir `n lang tyd so aangaan, totdat die aanvanklike gebonde geestelike substansie in die plante- en dierewêreld, die stadium van beliggaming as mens bereik het. Daarna sal die kennis van die wonderwerke in die goddelike skepping geleidelik begin kwyn by die mense, die hunkering na die materie sal weer ontwaak en as gevolg van hulle eie hunkering na besittings, wat nog onvolwasse geestelike substansies bevat, sal Satan se invloed op mense weer sterker word. En dan sal die verbinding met God weer afneem en die stryd tussen lig en duisternis sal weer toeneem, wat in die begin verdwyn het, omdat alles lewend op die aarde met sy eie vrye wil verlig was. Want die ontwikkelingsweg van die geestelike substansie bly altyd dieselfde gedurende elke periode. Die gees moet binne die vaste vorm lewe, totdat hy gewillig is om die weg van diening te gaan deur die skeppingswerk wat minder weerstand sal bied en dan moet hy dien totdat hy ‘n sekere mate van volwassenheid bereik het wat hom in ‘n posisie sal plaas waar hy met sy eie vrye wil sal kan dien, maar anders as in vorige stadiums, word hy nie langer gedwing om dit te doen nie. En in hierdie stadium mag hy nie faal nie, andersins sou die hele vroeëre proses van ontwikkeling tevergeefs gewees het. Die vrye wil van die mens beslis of dit sy laaste beliggaming op aarde sal wees en of dat hy weer die evolusionêre proses weer sal moet deurgaan, of hy na die lig sal draai in die laaste stadium en of hy homself deur duistere kragte gevange sal laat neem, sodat hy weer in die harde materie gekluister moet word vir eeue lange tye wat kom. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205