BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 419

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Voorloper van Jesus - Barmhartigheidstyd

3276 Luister na die boodskap van God se Gees! `n Tydperk van barmhartigheid het aangebreek en julle sal die seëning daarvan voel, indien julle bereidwillig sal wees om te strewe na die koninkryk van God. Die ligwesens is natuurlik en voortdurend aan die werk om genadegawes vanuit die geestelike koninkryk oor te bring na die mense op aarde, ligwesens is op aarde beliggaam om die mens te dien as geestelike gidse gedurende die laaste dae, sodat die gedagtes van mense wat na God strewe, verlig sal word en daardeur sal hulle nader aan die waarheid kom. Die Liefde van God sal Haarself openbaar in tye van aardse nood, deurdat Sy hulp sal bring waar dit versoek word. Gelowige mense sal buitengewone dinge volbring en die krag van die geloof sal tasbaar word. Baie seëninge sal manifesteer, want die teenstander sal ook alle middele aanwend om geestelike benoudheid vir mense te veroorsaak en daarom wil God hulle sigbare hulp aanbied.

Gedurende hierdie tyd van genade sal daar `n man verskyn wie se gees van bo is, wie se siel heeltemal verenig sal wees met sy gees en wie daarom ook sal spreek wat die gees aan hom onthul, naamlik die absolute waarheid in die mees helderste vorm. God Self sal deur hom spreek en hy sal die mense vermaan om vol te hou en hulle daarteen waarsku om Hom nie op te gee nie. En hierdie redenaar is die Voorloper van Jesus en wanneer hy verskyn, sal die koms van Jesus ophande wees. Hierdie man sal die maat van genade aansienlik verhoog, want hy sal geweldig ondersteunend wees vir die gelowiges en sal aan die ongelowiges geleentheid bied om te glo, want hy sal lewend wees met krag en mag en sal groot invloed uitoefen op mense wat na hom gaan luister. Sy woorde sal ontsteek en soos ’n veldbrand sprei deur die land waar hy gaan werk. Hy sal sonder vrees of skroom spreek, hy sal die mense inlig, hulle bedag maak en wys op die Koms die Heer in die wolke en op die Laaste Oordeel, tog sal weinig mense na hom luister, want die meeste mense sal God en Sy Gees nie meer wil ken nie, gevolglik sal hulle denkwyse totaal teenoorgesteld wees. Kortom kom dit daarop neer dat hulle nie die gawe van genade verstaan of gebruik maak daarvan nie, daarom sal die einde onafwendbaar wees, want die afgrond sal open en alles verslind wat God nie wil herken nie en wie Sy woord verwerp.

God gee onophoudelik en wat Hy gee is `n onverdiende gawe van genade wat ontwerp is om die mense te help om volwasse te word gedurende hierdie tye van nood. Of Hy leed of vreugde gee, dit sal die persoon altyd help om sy siel op te hef na God, dit sal altyd gerig wees op Hom, dit sal hom aanmoedig en lei op die regte pad en dit is altyd genade.

Wanneer hierdie man arriveer, sal die hoeveelheid genade vir die mense ook vermeerder, want hy sal deur lig omstraal word en die lig sal van hom uitstraal wat hy vanuit die geesteryk ontvang. Hy sal kennis versprei en sy woord sal uiterste wysheid en krag wees en sal maklik aanvaar word, omdat dit vol oortuiging aangebied sal word en ook verstaanbaar sal wees vir die mense wat hom opmerksaam aanhoor. Want God maak dit deur Sy liefde vir die mense maklik om te kan glo, deurdat Hy Sy bodes aan hulle stuur wat oor buitengewone krag beskik en wie daaraan al as bodes van die hemel herken kan word. Maar hy sal van alle kante aangeval word en slegs weiniges sal sy taak verstaan en by hom bly, slegs weiniges sal krag put uit sy woorde, maar hulle sal egter krag en barmhartigheid in oorvloed ontvang en sal in staat wees om die wêreldse konfrontasies te weerstaan, naamlik die vyandigheid wat nou openlik sal plaasvind.

Die laaste dae sal buitengewoon moeilik wees, maar ook buitengewoon barmhartig, want God sal Homself openbaar waar daar maar `n hart in nood verkeer wat haarself sal open om Sy genade te ontvang. Dus sal dit ook moontlik wees om in die laaste stryd op aarde te kan oorwin, dat die siel veilig en ongedeerd daaruit kan kom, dat sy die Ewige Lewe kan behaal indien sy voortydig van die aarde heengaan, of, as sy tot aan die einde volhard op die aarde, dat sy deur Jesus Self in lewende lywe weggeneem kan word om `n nuwe lewe op die Nuwe Aarde te begin. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205