BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Depressie –Geestelike en fisiese traagheid

599 Gee aandag aan alle depressie wat jou affekteer en beskou dit altyd as die wyse wat deur die Heer gebruik word om die siel aan Sy wil te onderwerp. Kyk, julle mense sou sonder `n tweede gedagte toegee aan `n sekere hoeveelheid geestelike traagheid, as julle nie onderworpe was aan buie wat julle denke beïnvloed nie. Om hierdie rede is dit geestelik voordelig om depressie te ontdek en om dit op te los, want die mens se taak is om voortdurend aktief te wees, sodat sy krag nie verminder nie, en dit is beide van toepassing op sy liggaam en sy gees. Sodra die toestand van verminderde krag plaasgevind het, sal sy geestelike, sowel as sy fisiese aktiwiteit waarskynlik ook kwyn en dit sal altyd dui op `n afname, wat goddelike Wysheid poog om te verhoed, afhangende of die aardse kind vrywillig voldoen aan elke aanmoediging en voorkoming.

Die gevaar van so `n afname is te groot om dit oor die hoof te sien, inteendeel, dit moet beveg word deur gebruik te maak van alle beskikbare hulpbronne, wat dus baie wyslik gebeur deur die onderwerping van `n persoon aan depressie, wat op sy beurt, rede gee vir bepeinsing en dit oefen `n verfrissende effek uit op die liggaam en die gees. Iemand wat altyd sulke aanslae verstaan en dit insien as `n herlewing vir gees en liggaam, sal die meeste voordeel daaruit kry. Hy sal kontroleer van watter kant die gevaar kom en sal homself beskerm, selfs voordat die toestand van traagheid voorkom.

Dit is hoe God sy eie teen moegheid beskerm en dit terselfdertyd kombineer met `n opvoedkundige doel, van verhoogde kragtige aktiwiteit, met deurdagte introspeksie oor hoe klein en onvoldoende die aardse wese werklik is, en sodoende herwin die mens weer sy innerlike nederigheid wanneer hy die risiko loop om dit te verloor. goddelike Wysheid moet dikwels ingryp as die siel se verbetering steeds moet vorder.

Julle mense is so swak en sonder deursettingsvermoë. As dit aan julle alleen oorgelaat sou wees, sonder die ondersteuning van die goddelike barmhartigheid, sou enige vordering baie moeilik gewees het. Niks in die wêreld duur vir ewig nie, ewige afwisseling en verandering hou alles voortdurend aktief. Die gees moet dus ook voortdurend gestimuleer word en God handel hiermee op `n veelvuldige en dikwels veranderende wyse. Maar altyd met die voordeel van die kinders op aarde in gedagte en hulle versorging volgens hul behoefte, dikwels in pynlike, maar ook op opbouende maniere. Die enigste bepalende faktor is egter die uitwerking wat die gebeure of gevoelens op die mens se gees uitoefen.

`n Persoon slaag selde daarin om alle struikelblokke in die lewe met dieselfde gemak te oorkom. Baiekeer sal sy krag hom verlaat en dan moet sigbare hulp van bo kom, maar dit is dikwels van so `n aard dat dit nie baie verwelkom word nie, dit is in die vorm van emosionele depressie wat die aardse kind so belas, dat hy dit sal probeer bemeester en sodoende homself bevry van die dreigende gevaar van traagheid. Dan sal hy tweekeer so hard probeer om God se wil te vervul, hy sal poog om weer `n toestand van innerlike vrede te bereik en kan dit slegs bereik deur middel van verhoogde aktiwiteit. Gevolglik sluit elke depressie, wanneer dit lyk of dit die aardse kind belas, ook `n sekere seën in, mits dit as sodanig herken word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205