BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 421

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Sondeskuld - God se erbarming - Soenoffer

3278 Op die mensdom het `n oormatige sondelas gerus toe Jesus na die aarde gekom het om hulle te verlos. Dit sal slegs vir diegene begryplik wees wat op hoogte is van die beweegrede van die aardse lewe as mens en van die sin en die doel van die skepping, naamlik die kennis dat die mens terwille van die sonde, die gang deur die skepping moes aflê en dat hulle nou, in hierdie laaste stadium, van hierdie sonde bevry moet word, om weer beslis na God terug te keer, van Wie hulle in die allereerste begin uitgegaan het. Maar die sonde kluister die mens op aarde, die sonde versper vir hulle die weg na God, dit maak dat die kloof tussen die mens en God onoorbrugbaar is en dus maak die sonde die doel van die aardse lewe tot niet, dit stoot die mens weer in die diepste diepte terug, waaruit hy hom al deur die gang van die skepping omhoog geworstel het.

Voor die geboorte van Jesus was die mensdom belaai met sondeskuld, want hulle het God nie meer herken nie, hulle was in `n duister geestelike nag, hulle was gespeen van alle liefde en sonder enige strewe na volmaaktheid, hulle was ontsettend ver van God af en daarom in die grootste gevaar om in die afgrond weg te sink, dus om sonder insig en sonder liefde die weg te gaan wat omlaag voer, na die ewige verdoemenis.

Die verwyderdheid van God het tot uiting gekom in `n lewenswandel wat heeltemal in stryd was met die goddelike gebooie, dit was `n lewenswandel wat ingedruis het teen die goddelike ordening, dit was `n lewe in die mees duidelikste vorm van eieliefde en so `n lewe was vol sonde en heeltemal gerig teen die wil van God. En so `n lewe kon die mens nooit meer die vrywording oplewer plus `n geluksalige lewe na die dood nie, inteendeel was die gevolg daarvan `n geestelike dood, `n toestand in die hiernamaals van uiterste kwelling waar ewiglik geen einde aan kom nie, omdat die Geregtigheid van God vir elke sonde genoegdoening moes eis en die sondeskuld van die mense al onmeetlik groot geword het, sodat dit vir die mense `n hopelose saak was om ooit in die nabyheid van God te kom.

Maar die verwydering van God beteken vir die wesens kragteloosheid, onmag, duisternis en uiteindelik verharding van hul eie substansie; vir die wese beteken dit om geestelik dood te wees, `n toestand wat baie erger is as die niebestaan, naamlik om totaal opgelos te wees. Maar die vergaan van die wese is onmoontlik, dus is ook die kwellinge van hierdie wesens, wat onvoorstelbaar is, ondraaglik en nimmereindigend.

En dit het medelye opgewek by die ewige Godheid en Hy het die sondige mensdom te hulp gekom, deurdat die ewige Liefde Haarself in `n mens beliggaam het, Wie nou in Sy alles omvattende Liefde die sondes van die mensdom op Hom geneem het, Wie dus die mense daarvan bevry het, deurdat Hy boete gedoen het vir die sondeskuld, deurdat Hy vir God `n offer aangebied het as versoening, Wie Homself, dus Sy lewe gegee het om weer hul vryheid terug te gee, om vir hulle die Ryk van God toeganklik te maak, wat maar net in volledige suiwerheid betree kon word, sonder sonde. Dus het Hy die mensdom verlos van die sondeskuld, Hy het alle skuld op Hom geneem, Hy het onuitspreeklik gely daaronder en het Sy lyding en sterwe aan die kruis opgeoffer aan die ewige Godheid om Hom genoegdoening te gee, om `n regverdige vereffening vir die mens tot stand te bring, sodat hulle weer nader aan God kon kom.

En God het die offer van die mens Jesus aangeneem. Hy het die sondeskuld van die mensdom vergewe terwille van Jesus en die poorte van die hemelryk geopen vir almal wat Sy barmhartigheidsdsgeskenk aangeneem het. Hy het die mensdom van sonde en skuld verlos. Hy het hulle die laaste moontlikheid gebied om die doel van hul aardse lewe te bereik.

Sy oorgrote Liefde wil alle hindernisse vir die mens uit die weg te ruim, wat vir hulle die toegang tot die ewige vaderland versper, maar die grootste hindernis was die sonde, want dit het die mens van sy krag en sy wil beroof. En die gevolg van die sonde was dat die mense kragteloos en willoos op die grond gelê het en kon nie uit hulself opstaan nie, omdat die las van die sonde hulle platgedruk het.

En daarom het Jesus hierdie las van hulle afgeneem, Hy het dit op Sy eie skouers geneem en gedra na die kruis, om nou deur Sy dood te boet vir die sondeskuld van die mens. Die mensdom, wie deur Jesus vrygeword het, kon nou Sy offer aanneem, maar ook afwys.

Die verlossingswerk is volbring en wel vir alle mense, maar nooit sal God die barmhartigheid van die verlossingswerk teen hulle wil aan hulle opdring nie, maar hulle sal die barmhartigheid kwytraak as hulle geen verlange daarna het om verlos te word nie. Dan sal die sonde nog met sy hele gewig op hierdie mense druk en dan sal hulle onherroeplik na die afgrond omlaag getrek word, want dan stoot hulle die Liefde van God af en moet hulle nog ewighede smag in hul onwetendheid; hulle sondeskuld sal nie verminder kan word nie, ja hulle sal by hierdie sondeskuld nog veel aardse sondes opstapel, wat God hulle eers dan sal kan vergewe, wanneer hulle Sy barmhartigheidsgeskenk aanneem, wanneer hulle dus met oortuiging kan glo dat die oneindige Liefde van God Haar oor hul sondes ontferm het en vir hulle `n Verlosser gestuur het.

Die geloof daarin sal bewerkstellig dat die mense berou sal hê oor hulle sondeskuld, dat hulle Hom om vergewing sal vra en hulle aan Sy medelye en barmhartigheid oorgee sodat dat die barmhartigheid van die verlossingswerk dus by hulle werksaam kan word. Die mense sal toeneem in sterkte van wil en krag en sal hulle nou kan bevry uit die mag van die teenstander van God. En slegs die mens wie sy toevlug bewustelik onder die kruis van Jesus soek, kan van vergewing van sonde praat, kan aan Hom sy skuld bely en Hom om erbarming vra. Sy gebed sal verhoor word, sy skuld sal vergewe word. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205