BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 426

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vergewe of behou van sondes - Dissipels van Jesus

3297 Vir wie julle die sondes vergewe, dit is hulle vergewe en vir wie julle die sondes behou, dit bly hul behou. Dit is ook My Woorde, wat dikwels `n ander uitleg gekry het as wat deur My ingestel is. En om dit reg te stel, is `n mens met `n gewekte gees nodig, wat My stem kan hoor en My opheldering aan julle mense kan oorbring, sodat julle bevry kan word van dwaling en die waarheid kan ken.

My dissipels was bemagtig met die krag om in My Naam wonderwerke te verrig, te genees, dooies tot lewe te wek en daardeur die mense die krag van hul totale geloof in My te bewys. Hulle geestestoestand het al die bonatuurlike werksaamheid toegelaat; want toe My Gees hulle vervul het, was hulle gevul met krag en lig, met mag en wysheid. Daarom kon hulle die waarheid verkondig, omdat hulle hulself daarin bevind het en hulle kon slegs deur hulle woord dinge volbring wat bo alle menslike vermoë gelê het. Want hulle was My dissipels, deur My onderrig gedurende die tyd van My lewe op aarde deur die innerlike woord, hulle het vasgestaan in die liefde en in My geglo, daardeur kon hulle ook My Gees in hulle opneem en daardeur werk.

Die buitengewone dade was tekens van die volwassenheid van hulle siele, wat weer vir die mense moes bewys lewer welke buitengewone gawes die mens kan bereik indien hy volgens My Wil, sal leef, dus as hulle hulleself sou omvorm tot My ewebeeld, naamlik tot liefde. Want liefde is krag en wanneer die mens in liefde leef, word hy ook deurdring met krag en lig, want die Gees van God, die uitstraling van Sy Krag, kan hom dan deurdring.

En Ek het aan die mense `n lewe in liefde vergestalt. Ek het hulle getoon tot watter krag die mens kan kom en het na My dood lewende voorbeelde nagelaat, wat opnuut My Liefdesleer verkondig het en ook `n voorbeeld van die krag daarvan as bewys gegee het, sodat dit vir die mens makliker kon wees om in My te glo. Maar Ekself was te midde van My dissipels, hoewel nie meer sigbaar nie, maar wel in die Gees. Ek het hulle gelei, omdat alles wat deur My Gees deurdring word, onderwerp is aan My goddelike leiding, omdat Ek nou Self deur diegene kon werk wat in My Naam werksaam was.

Dus het die dissipels nou dieselfde mag en dieselfde reg gehad, omdat alles wat hulle nou gedoen het, My Wil was, hulle was verlig deur My Gees, wat die uitstraling is van Myself. Gevolglik het hulle ook die mag gehad om in My Naam die mense se sondes te vergewe, in die besonder dan, wanneer `n siekte die gevolg van hul sondes was en hulle, om hierdie siekte te genees, ook die sonde self van die mense moes kwytskeld. As hulle egter die onwaardigheid van `n mens ingesien het, hulle ongeloof en hul wil wat van God afgewend was, dan was hulle eweso bevoeg, om hulle in hul sondige toestand te laat; want hulle menslike insig het dit nie bepaal nie, maar die goddelike Gees in hulle, My Gees, Wie alles weet en dus ook op hoogte is van ’n persoon se onwaardigheid en die futiliteit van `n barmhartige aksie by hulle. Ek het My dissipels dus die reg gegee om aan die mense te gee volgens hulle insig, want My Gees was werksaam in hulle en het my dissipels gewaarborg dat hulle denke korrek was.

Maar nou het die mense egter, in wie My Gees nog nie werksaam is nie, vir hulle dieselfde reg aangematig. Hulle het die bevoegdheid om sondes te vergewe of te laat behou op die persoon self betrek, maar nie op die goddelike Gees in hierdie persoon nie en het dus hierdie bevoegdheid toegeken aan alle navolgers van die dissipels volgens die woord en nie volgens die gees nie, en het gevolglik die betekenis van My Woord misverstaan, ofskoon hulle nou ook korrek sou gedink het as hulle geweet het wie regtig My dissipel is. Nie hulle wat hulself aangestel het nie, maar hulle wat Ek aangestel het vir hul bediening op aarde, want Ek het My leerlinge die opdrag gegee: “Gaan heen en onderrig al die nasies”. Maar om te kan onderrig, moet My Gees in hulle werksaam wees, sodat hulle die suiwer waarheid aan die mense kan uitgee en sodat hulle My gebod van liefde in die wêreld kan versprei. Maar die waarheid kan nie anders as deur die werksaamheid van die Gees in besit geneem word nie. Daarom is dit noodsaaklik dat My dissipels deur God se Gees verlig moet wees, alvorens hulle hulself as My dissipels kan reken. In daardie geval sal hulle ook met lig en krag deurstraal word en sal hulle buitengewone dade kan volbring, die Krag van die Gees sal hulle in staat stel om siekes te genees, dus om die mense te bevry van die sondes en die gevolge daarvan, sodra hulle in My en My Naam sal glo. Aan hierdie geestelik verligte mense het Ek die mag gegee om sondes te vergewe, omdat hulle deur hul volwasse geestestoestand kan herken wanneer die mens waardig is, sodat sy sondes vir hom vergewe kan word, want dan tree hulle op namens My en Ek is Die Een wat in werklikheid hulle sondes vergewe. Maar wanneer mense hulleself egter aangestel voel om die daad van sondevergewing te verrig, alhoewel hulle nie deur My geroep is nie, wat nóg deur My Gees verlig is, nóg deur My woord binne hulself, kan hulle aanstelling wel regtens betwis word, aangesien dit alreeds getoon is deur die feit dat hulle onbevoeg is om hulle naaste te herken, ten einde te oordeel of sy sondes vergewe moet word of behou moet word. Die beoordeling daarvan veronderstel alreeds die werksaamheid van die Gees, wat egter ontken moet word by die meeste wat glo dat hulle as God se dienaars geroep is, solank as wat hulle nie die innerlike woord besit nie. Slegs deur My woord is hulle geroep om vir My te werk, want slegs My Woord gee aan hulle kennis, dit dra dus die suiwer waarheid aan hulle oor en dit is absoluut noodsaaklik om in staat te wees om vir My te kan werk. Enigeen wat die waarheid ken, kan dit ook aanstuur en help dus daardeur dat sy naaste bevry word. Enigeen wat My Woord het, sal ook die bevoegdheid van oordeel hê wanneer ’n persoon se wil na God gerig is. Want die mens se gesproke woord is meestal misleidend, die hart is nie noodwendig betrokke in wat deur die mond gespreek word nie. Maar ’n ware dissipel het die gawe om sy naaste te herken en weet daarom watter persoon ernstig is met vergifnis van sy sonde en sal hom nie laat mislei deur baie woorde wat vêr kortskiet aan innerlike oortuiging nie. En daarom kan die vergewing van sondes ook geen algemene daad wees nie, omdat dit slegs daar kan plaasvind waar dit deur die diepste berou voorafgegaan is en waar dit deur My volgelinge as sulks herken word. Maar in daardie geval sal die oordeel van laasgenoemde geldig wees voor My, want hy het slegs volgens my opdragte opgetree en sy daad sal dan volgens My wil wees. Met daardie woorde het Ek My dissipels laat verstaan dat hulle aksies en denke in volkome ooreenstemming met My sal wees wanneer hulle vir My in My Naam sal werk, dat hulle nie aan iets anders mag dink of enigiets anders mag hê, behalwe wat binne My wil is wanneer die goddelike gees deur hulle werk nie, wat hulle in die eerste plek as My dissipels gekenmerk het. Want Ek stel My dissipels op aarde Self aan, want Ek weet waarlik wie gekwalifiseer is vir hierdie bediening en op wie Ek daardie gawes kan plaas wat noodsaaklik is vir ’n bediening op aarde. En aan hulle sal Ek ook die gesag gee, want dan sal hulle slegs my wil uitvoer. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205