BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 428

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Innerlike aansporing is God se opdrag -Onderwerping van die wil

3308 God stel julle in kennis van sy instruksies deur julle hart. Sodra as julle gedryf voel om iets te doen, sodra julle innerlik gedryf voel, sal julle altyd deur die stem van God opdrag kry, met voorbehoud dat julle `n poging aanwend om volgens God se wil te lewe, dat julle dus na Hom sal streef en julle toevertrou aan Sy leiding. Dan sal julle so deur Sy wil gerig word, dat julle dieselfde wil sal hê, want julle het julself bewustelik oorgegee aan Sy wil en slegs dan kan julle voldoen aan die aansporing van julle hart en julle optrede sal reg en in ooreenstemming met God se wil wees. Tog moet julle julself ernstig en noukeurig ondersoek aan watter krag julle die reg gee om julle te lei. Innige gebed beskerm julle teen die teenstander se krag; maar ongeag wat julle doen, sonder dat julle God se seën vra, alles wat julle doen bloot om julle liggaam se welstand te verbeter, alles wat julle doen wat heeltemal apart van God is, is nie Sy instruksies nie, maar Sy teenstander s’n, en dit sal die siel beskadig.

Die persoon wat na God strewe hoef nooit bang te wees om verkeerd te dink en op te tree nie, want sy houding teenoor God laat hom die beskerming geniet van geestelike kragte wat saam met hom wandel, en daardeur word die invloede van bose magte afgewend. Slegs die begeerte na God waarborg goddelike beskerming vir `n persoon, en iemand wat goddelik bewaak word, kan nie afdwaal nie, hy doen net wat sy siel bevoordeel. Hy word deur God Self gelei en elke weg wat hy neem, sal belangrik wees en lei na die doel.

Alhoewel die persoon optree volgens sy eie diskresie, in soverre as wat sy wil hom dring om hierdie of daardie aksie te neem, is dit tog God se wil wat manifesteer deur sy wil, solank as wat die persoon toegee aan die innerlike drang. As hy egter nie toegee aan hierdie drang nie en hy weerstaan dit, word hy besluiteloos, omdat sy wil homself nog nie heeltemal aan God se wil onderwerp het nie. En dit is waarvoor hy moet oppas, want dit is altyd die gevolg van te min gebed. Hoe meer intiem hy in kontak met God is, hoe duideliker sal hy sy afgebakende weg sien en hoe meer gewillig sal hy die instruksies volg wat God aan hom deur sy hart openbaar. Slegs die afstand van God ontneem hom van die skerp sin vir die goddelike wil, want in daardie geval moet hy op homself staatmaak en sal hy onseker wees wat hy moet of nie moet doen nie. En die teenstander van God maak gebruik van sulke situasies deur in te skakel op `n persoon se gedagtes, om hom te probeer aanspoor om al sy aksies op sy eie voordeel te baseer. En dan sal die persoon moet veg, hy sal sukkel om weer sy band met God te herstel, wat hom helderheid van denke sal gee, sodat hy in staat kan wees om die versoekings te weerstaan. Enigiemand wat na God soek, sal nie verkeerd gaan nie, maar die weg van iemand wat Hom uitsluit, sal misleiding wees. Dit is waarom niks onderneem moet word sonder `n gebed vir God se seën nie, dan sal mense se denke korrek gelei word en elke aktiwiteit sal God se wil in ag neem. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205