BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 431

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God se liefde bepaal die mens se lot

3317 My Liefde vloei voortdurend met onverminderde krag na My lewende skeppings, en hierdie liefde bepaal ook die mens se lot op aarde. My doel vir alles wat gebeur is altyd geestelike volwassewording. Nietemin speel Ek `n rol in elke gebeurtenis en die uitwerking daarvan. Ek begelei die mens voortdurend, tasbaar vir hom as Hy homself aan My oorgee, of ongesiens wanneer hy geen kontak met My soek nie.

My Liefde vir My lewende skeppings sal nooit verminder nie, en so moet julle mense My Liefde altyd sien as die rede vir julle vreugde of smart op julle aardse weg, want Ek weet waarlik die beste wat dienstig vir jou is om geestelik ryp te word. En daarom moet jy nooit terneergedruk voel of moedeloos wees met jou lot nie, want omdat dit deur My Liefde bepaal is, is dit goed vir jou, selfs al ervaar jy dit by tye as pynlik. My Liefde gaan uit na julle van ewigheid af, maar julle sal dit nie verstaan solank as wat julle julself nie tot liefde verander nie. My Liefde bly altyd dieselfde, en die diepte van My Liefde kom tot uitdrukking in My Verlossingsplan, wat die basis vorm van elke gebeurtenis en elke skeppingswerk.

As Ek julle nie wou gered het uit julle geestelike nood nie, as Ek julle nie na My toe getrek het omdat Ek julle liefhet nie, sou die hele skepping nie bestaan het nie, want sy enigste doel is om julle nader aan My te bring. En net soos wat die hele Skepping ontstaan het uit My Liefde vir die gees wat van My afgeval het, net soos wat Ek vir julle onbegryplike en onberekenbare werke laat ontstaan het, met die doel om hierdie gees te terug te wen, so is ook hierdie aardse lewe van die gees in die beliggaming as menslike wese, wat deur My Liefde gelei word en met elke detail van die lewe vooruitbepaal, sodat julle weer die finale doel kan bereik, naamlik om met My te verenig.

Maar julle moet weet en glo dat julle altyd en ewig deur My Liefde omgewe is en julle moet hierdie liefde ook herken in leed, in lewensomstandighede wat julle moeilik vind om te dra, in aardse mislukkings, in siekte en teenspoed van allerlei aard. Indien My Liefde dit nie vir julle as voordelig insien nie, sal dit waarlik nie oor julle kom nie. Maar Ek gebruik hulpbronne wat vir julle resultate sal oplewer, omdat My Liefde vir julle oorgroot is, maar julle is in gevaar om vir My verlore te gaan as Ek julle alles sou wil spaar wat julle op aarde sal beswaar.

Plaas julle vertroue in My en My Liefde, wat nooit sal eindig nie, en gee julleself heeltemal ongeremd oor aan My leiding, laat Ek vir julle in elke aardse nood sorg en dink slegs aan julle siele se redding. Werk ywerig vir julle siele, streef na My koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie, en laat alle bekommernisse oor julle aardse bestaan aan My oor.

Dit sal nie meer lank duur nie, en julle moet van elke minuut gebruik maak en geestelik strewe. Slegs Ek is op hoogte van elke persoon se lewensloop, en dit sal volgens My wil afgelê word, dus is elke angstige bekommernis onnodig, want julle kan nie verander wat Ek bepaal het nie, dus kan julle niks verbeter deur julle angstige bekommernis nie. Wees net liefdevol teenoor mekaar, help waar julle kan, en waar julle krag ontoereikend is, plaas julle vertroue daar op My hulp, want My Liefde is altyd gereed vir julle en sal julle nie langer in die moeilikheid laat as wat dienstig sal wees vir jou siel nie. En selfs as jy jou lot hard ag, mag jy nie aan My Liefde twyfel nie. Wat kan jou egter oorkom sonder My wil? En My wil word deur My Wysheid en Liefde bepaal, wat die basis vorm van alles wat gebeur.

Selfs die bose word deur My Liefde aan jou gestuur, tot voordeel van jou siel as jy nie My wil sal teenstaan en alles wat Ek na jou sal stuur, berustend en sonder verset aanvaar nie. En wees daarom nie bang en moedeloos nie, want My Liefde is voortdurend by jou, omdat sy nooit of te nimmer minder kan word as wat Sy sedert ewighede was nie.

Streef slegs daarna om in staat sal wees om hierdie Liefde te voel, deurdat jy `n lewenswyse lei volgens My wil, deur die beoefening van liefde om daardeur in staat te wees om My krag van liefde in jou op te neem. Want of jy jouself ontvanklik wil maak vir die uitstraling van My Liefde al dan nie, dit staan jou heeltemal vry. Maar jou lewe sal baie ligter wees as jy weet dat dit gelei en versorg word deur My Liefde, as jy My voel en My Liefde in alles herken. Bly daarom verbind met met My deur gebed en werke van liefde, en jy sal krag ontvang op jou aardse lewensweg en jy sal niks hoef te vrees nie, ongeag van wat oor jou gaan kom, want Ek Self sal jou lei tot aan die einde van jou lewe. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205