BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 433

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Ligsfeer - weersiens – Geluksaligheid

3324 Soos 'n wolk van lig sal die ryp siel opstyg na haar liggaamlike dood vanuit die gebied van die aarde na die sfere van die hiernamaals. En dan het sy alle materie oorwin. Dan is sy vry van elke boei. Sy is weer wat sy oorspronklik was: 'n Vry geestelike wese vol lig en krag. Sy sal net sigbaar en herkenbaar wees vir die eweneens volwasse gees, wat dus in staat sal wees om haar geestelik te beskou, terwyl sy vir die onvolwasse gees onsigbaar sal bly, dus sal hulle ook nie deur haar herken kan word nie. En daarom kan daar tussen die ryp en die onryp geestelike, dus tussen die siele van die mense wat op aarde gesterf het, wat met verskillende toestande van volwassenheid die hiernamaals ingegaan het, ook vir so lank geen weersiens wees, alvorens die onvolmaakte gees `n bepaalde graad van rypheid verwerf het wat vir haar die sfere van die lig sal oopmaak. Die onvolmaakte siel kan weliswaar deur die ligwesens herken word, want hulle gewaar alles en daar is vir hulle niks verborge nie, dus ken hulle ook elke siel wat haarself nog in die duisternis van gees bevind, maar hulle kan nie deur eersgenoemde herken word nie.

Die begeerte van die siele na hul geliefdes is egter af en toe so sterk, dat dit 'n dryfkrag is wat homself positief ontwikkel in die hiernamaals, sodra die siel in die stadium van insig binnegegaan en kennis neem van die moontlikheid van 'n vooruitgang in die geestelike ryk deur werke van liefde. Dan word sy voortdurend aktief, omdat die verlange na die siele wat haar na aan die hart lê, haar onophoudelik opwaarts dryf. Want sy herken haar gelykes en weet daarom dat sy haar geliefdes ook weer sal sien en hierdie bewustheid gee haar steeds meer krag. En hierdie krag word juis aan haar gegee deur die wesens na wie sy verlang. Hulle kan die siel krag laat toekom, maar sonder om deur haar herken te word. Nader hulle haar om haar behulpsaam van raad te voorsien, dan verdoesel hulle hulself, omdat die onryp siele nie die volheid van hul lig kan verdra nie. Wat sy sien haarself dus deur wesens omring wat egter vir haar vreemd is en wat skynbaar by 'n ander ligsfeer hoort as sy self. Maar omdat hulle haar met raad en daad bystaan, is die onvolmaakte siel baie dankbaar en toegeneë en sy volg hul raad op.

En so trek die ryp wesens hul geliefdes na hulle toe totdat die een ’n graad van volwassenheid bereik het waar sy ’n ontvanger van lig word. Dan word sy ook in staat om geestelik te aanskou. Sy herken haar omgewing, sy herken die ligwesens van gelyke volwassenheid en haar geluksaligheid neem voortdurend toe, omdat sy met die ander aaneen kan sluit, omdat sy haar geliefdes weer sien en nou van haar kant af weer diegene kan bystaan wat in die duisternis van gees versmag. Eers wanneer die graad van volwassenheid bereik is wat hierdie geestelike aanskouing toelaat, sal die siel vry wees van elke las. Want dan staan sy ook in die lig, het sy die insig van die suiwer waarheid en is sy in die liefde. En elke taak wat sy nou uitvoer, sal saligmakend wees, omdat slegs die liefde haar daartoe aanspoor en die werksaamheid in liefde steeds geluksaligheid vir haar teweegbring.

Die samesmelting van gelyke ryp siele wat mekaar in die innigste harmonie aanvul, is die eintlike geluksaligheid. Want dit is die innigste liefde wat hierdie aaneensluiting soek en vind. En liefde maak steeds gelukkig, as dit gaan om die suiwer geestelike, want liefde is om te gee en nie verlangend nie. En tog vind hierdie liefde haar hoogtepunt in die verlange na God, in die finale aaneensluiting met Hom. En hierdie verlange word steeds vervul, want die siel mag God altyd begeer. En sy kan ook altyd op die bevrediging van haar verlange reken, want God gee onophoudelik. Hy deel voortdurend Sy liefde uit en maak die inwoners van die geestelike ryk daardeur tot die geluksaligste wesens. Hul geluksaligheid is ondenkbaar, want liefde en lig vul die sfere aan waar die wesens in die nabyheid van God mag vertoef, Wie die ewige Liefde en die Oerlig self is


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205