BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 434

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

God openbaar Homself - Beloftes

3326 My wil word bekend gemaak aan hom wat homself aan My oorgee en wie My wil dien. Want Ek spreek Self tot julle, nou en vir altyd, soos wat Ek altyd tot die mense gespreek het wie in staat gestel was om my stem te hoor deur die werksaamheid in liefde. Ek was in die Woord onder hulle en sal immer in die Woord by die mense vertoef, tot aan die einde van die wêreld.

Want Ek het Myne belowe, dat Ek My aan hulle sal openbaar as hulle My liefhet en My gebooie onderhou, dat Ek hulle in die waarheid sal inlei en dat hulle My Gees sal ontvang. My Gees is egter My Woord. My Gees is "Ek Self" en dus is Ek Self by diegene wat My liefhet en my gebooie onderhou. En daarom kan hulle ook My Woord direk van My verneem, want Ek openbaar My deur die innerlike stem en maak My wil aan hulle bekend.

En so het My leerlinge My stem verneem. Ek was in die Woord by hulle, nadat My verlossingswerk volbring was. Hulle het My gehoor, ofskoon Ek nie liggaamlik onder hulle vertoef het nie. En hulle het die Woord opgeteken, omdat dit My wil was. In alle suiwerheid het hulle dit weergegee wat hulle deur die innerlike stem verneem het. Want My Woord het helder en duidelik in hulle weerklink, sodat hulle voortdurend op hoogte was van My wil. En hierdie Woord het hulle aan die mense gegee, sodat My wil aan almal verkondig was, sodat hulle hierdie wil kon nakom en geluksalig kon word.

Maar die tyd het hierdie Woord van My nie suiwer en onbedorwe bewaar nie. Dit is nie alles My Woord wat as sodanig aan die mense gegee word nie. Dit het `n verandering deurgemaak deurdat mensewerk daaraan bygevoeg is. Die suiwer waarheid, die deur Myself na die aarde gestuurde Woord, kan slegs geskei word deur diegene wat weer self die Woord kan verneem deur werke van liefde en die wil om My te dien.

Nooit sal My Woord kan vergaan nie. Steeds sal die suiwer waarheid bly bestaan. Dit sal behoue bly tot in alle ewigheid. Maar mensewerk sal nie bly bestaan nie. Wat dus aan die menslike vernietigingsdrang ten prooi val, wat deur besluite en gebooie kragteloos en werkeloos word, is menslike bykomstighede. Want wat van My is, is onverganklik en sal alles deurstaan.

Maar Ek streef `n reiniging na van dit wat as My Woord vir die mense aangebied word en wat nie meer heeltemal ooreenstem met die Woord wat uit My was wat My leerlinge van My ontvang het nie. En daarom stuur Ek die Woord weer direk na die aarde. Ek openbaar My weer en soek weer My leerlinge uit wat Ek deur My Gees in alle waarheid kan lei.

Want Ek sal steeds in die Woord onder die mense wees en aan hulle die brood uit die hemel gee. En in die besonder, wanneer hulle gebrek ly en dit hulle aan geestelike voedsel ontbreek, aan kos wat hulle siele tot lewe moet wek. Dan sal Ek die bron open waaruit lewende water stroom. Ek gee die mense om te eet en te drink, deurdat Ek vir hulle die kos uit die hemele aanbied: My Woord. My vlees en My bloed.

Wie sal My daarin verhinder? Wie sal die goddelike werksaamheid van My Gees as beëindig beskou met die Woord wat deur my dissipels aangebied is? Ek sal by julle bly tot aan die einde van die wêreld, so lui my belofte. Waarom sal Ek nie met myne praat as hul harte daarna verlang nie? En julle mense het My Woord nodig, wat steeds weer My Wil aan julle moet bekendmaak.

Want die Woord het sy krag verloor, omdat dit nie meer suiwer vir die mense aangebied word nie, soos wat my dissipels dit eens van My verneem het. Maar julle mense het die krag nodig wat uit My Woord vloei. En dus gee Ek julle weer die suiwer waarheid. Ek kom opnuut weer in die Woord na die aarde en sal oral weerklink waar die mense wat gewillig en in staat is om liefde te gee, vir My hulle dienste aanbied en in hul binneste luister om My Woord te verneem. En na hulle moet julle luister, want hulle bring die suiwerste waarheid aan julle oor. Hulle maak julle bekend met My wil en hulle wy julle in `n kennis in, wat slegs Ek Self deur My Woord na die aarde toe kan bring. Glo daarom dat Ek steeds weer tot die mense spreek en in die Woord by hulle is. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205