BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 435

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Dogma - Persoonlike verantwoordelikheid

3329 Elk mens is persoonlik verantwoordelik vir sy siel en so moet hy homself verantwoord vir elke slegte daad, asook vir die nalaat van elke goeie daad. Hy kan nie sy skuld op ander afskuif nie, ook kan ander dit nie vir hom vereffen nie, maar hy moet dit self op aarde, of in die hiernamaals, aflos. Net so is slegs hy in staat om die vlak van sy volwassenheid te verhoog, want dit kan nie aan hom geskenk word nie, inteendeel moet hy `n poging aanwend om te lewe volgens God se wil. Dus moet hy die sorg vir sy sieleheil op homself neem, omdat geen ander mens dit van hom kan oorneem nie. Daarom moet hy homself op hoogte bring van die wil van God en Sy Woord aanneem, wat die goddelike wil aan hom wil bekendmaak. En dan moet hy toelaat dat die Woord van God op hom inwerk. Hy mag daarom nie blindelings glo wat mense hom aanbied nie, maar hy moet dit eers met die Woord van God vergelyk en eers wanneer dit geheel en al met laasgenoemde ooreenkom, mag hy hom aan die invloed daarvan oorgee.

As die mens verantwoordelik is vir homself, is hy ook verantwoordelik vir die geestelike leringe wat hy syne noem. Gevolglik is dit sy plig om alles wat hom aangebied word, in diepte te ondersoek, want juis daarvoor moet hy homself verantwoord. Hy kan homself nie beroep daarop dat hy valshede aangebied was en hy daardeur nie tot die waarheid kon kom nie, maar hy moet sy bes doen om agter die waarheid te kom, wat ook aan hom gegee sal word as hy daarna verlang. Aangesien God hom eendag verantwoordelik sal hou, sal Hy hom vooraf eers alle geleenthede bied om die waarheid te ken en daarvolgens te leef. Maar wanneer `n mens hom verlaat op dit wat ’n medemens hom aanbied, dan ontduik hy alle persoonlike verantwoordelikheid. Hy probeer om dit dan op `n medemens af te skuif wat hom onderrig het. Maar God het hom die verstand en die gawe van denke gegee en m.b.v. hierdie gawes kan hy vir homself besluit wat goed en deur God gewil is en dienooreenkomstig handel. Gevolglik kan hy ook aanspreeklik gehou word.

Daarom kan akademies ontvange geestelike kennis, dus ook leerstellings, wat deur die persoon in die vorm van offisiële onderrig ontvang, nie toereikend wees om die volledige kennis van die wil van God te bereik nie, solank dit nie deur eie nadenke, `n gevoel van verantwoordelikheid in hom laat ontwaak en bevorder nie. En met ernstige nadenke sal die mens besef welke onderrig deur God aan die mense gegee is en welke onderrig vanaf menslike kant daarby gevoeg is. Om homself dus eendag te verantwoord, moet die mens eers met die ontvange kennis betrokke raak en daardeur sal hy ook tussen waarheid en dwaling kan onderskei. Terwyl dogmatiese onderrig die verantwoordelikheidsgevoel in hom laat verstik, ja, dit moet inderdaad verstik, omdat die geloof daarin, of die vervulling van wat vereis word, `n suiwer meganiese saak word en die persoon nie meer verantwoordelik voel vir wat hy dink hy pligsgetrou vervul nie. Want wat hy doen, doen hy uit ’n bepaalde dwang, omdat dit van hom geëis word. Dit is nie `n handeling uit vrye wil nie, ofskoon hy dit ook kan weier of ignoreer, maar die innerlike drang daartoe ontbreek, wat die rede vir elke daad moet wees vir alles wat God van die mens vereis.

Die mens moet bewus wees van die feit dat God slegs dit waardeer wat uit liefde gedoen word, dat sy denke en dade daarom slegs deur liefde beheer moet word en dat alle liefdeloosheid `n sonde teen God is, Wie die Liefde Self is en dat die mens homself daarvoor sal moet verantwoord. Dus, wat hy beveel word om te doen, wat hy verplig word om te doen, skakel die vrye denke en handelinge uit en die mens gee effektief slegs erkenning aan die wêreld, d.w.s. aan hulle wat hom `n plig opgelê het. Om hierdie rede kan dit die siel nie veel baat nie, want die mens handel en dink nie vanuit die hart nie. Derhalwe, aangesien geen persoon die verantwoordelikheid vir die siel van `n ander persoon kan oorneem nie, moet die mens dit self dra en is hy ook verplig om sy denke en handeling noukeurig te ondersoek of dit met die wil van God ooreenstem en daarom moet hy op hoogte wees van die wil van God, wat aan hom deur Sy Woord oorgedra word. Daarom moet die Woord van God die grondslag wees, maar nie menslike interpretasies of toevoegings nie. En om dit te ondersoek, om hom eendag te verantwoord, is `n innige verhouding met God nodig, wie nou ook aan ’n mens wat na die waarheid verlang, Sy wil deur middel van gedagtes sal openbaar. Amen.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205