BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 439

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Meervoudige gang deur die skepping - verlossingsplan van God - Die herken in die lig ryk

3345 Die gees het `n lang pad om te gaan alvorens dit toegelaat word tot die laaste lewensproef, tot die beliggaming as mens. Dit moes deur baie ander vorms heengaan. Hy moes hom voeg volgens die goddelike wil. Hy was van sy vryheid beroof en dus moet hy hierdie weg oor die aarde in `n sekere sin gedwonge aflê, maar met die finale doel dat hy weer sy uiteindelike vryheid sal verkry. Die beliggaming as mens moet die laaste proef wees waarin die wese homself moet omhul om sy finale vryheid te verkry. Dit wat hy in die toestand van gedwonge wil gedoen het, naamlik om te dien, moet hy nou uit vrye wil doen en mag nie beïnvloed word nie, maar moet slegs gerig word. Hy moet dienend werksaam wees uit eie keuse, aangespoor deur die liefde. As die wese nou bereid is om hierdie dienende weg in liefde te gaan, dan kan hy binne `n kort tyd sy laaste vorm oorkom en binnegaan in die sfere van lig, waar hy weer vry en ongehinderd in geluksaligheid kan werk. Dit is die doel en sin van die lewe deur die skepping.

Omdat die doel die vrye wil van die wese vereis, kan die wese begryplikerwys ook val wanneer hy die vrye wil nie korrek gebruik het nie. Hy mag die doel mis en `n verkeerde weg gaan wat ver van die doel af voer. Dan was `n gang deur die skepping nie voldoende nie, en hy moet, om die doel te bereik, weer hierdie gang aflê. Ja, so nou en dan verskeie kere, totdat hy uiteindelik sy vryheid weer teruggekry het. En vir elke gang deur die skepping word nuwe geleenthede gegee om volwasse te word. Steeds weer word daar ander voorwaardes gestel waaronder die gees die opwaartse ontwikkelingsgang moet aflê. En dit is die ewige verlossingsplan wat eers vir die mense verstaanbaar word, wanneer hulle op hoogte is van die oorsprong en die einddoel van die gees, deur die opwekking van hul eie gees. Slegs dan is hulle in staat om die oneindige liefde en barmhartigheid van God te verstaan, Sy grootte en almag en Sy oorgrote wysheid. Maar hulle sal God eers in die ryk van lig herken, wanneer alle sluiers voor hulle oë sal wegval en hulle terugkyk op die afgelegde gang oor die aarde, wanneer hulle op hoogte sal wees van die oneindige liefdevolle sorg van die ewige Skepper teenoor Sy skepsels, van die hardnekkigheid van hulle in die onverloste toestand en die heerlikhede van die geesteryk.

Alles wat bestaan, het slegs ten doel om die gees na Hom terug te voer, wat eens vir Hom verlore gegaan het deur die wil van die teenstander aan wie Hy ook volle vryheid gegee het. Die ryp gees ken sy onvolmaaktheid en sy afstand tot God van voorheen en is ewig dankbaar en aan God toegewyd, omdat Hy hom nie in hierdie toestand gelaat het nie, maar met alle middele vir hom probeer terugwen het. Hy ken sy eie weerspannigheid en die oorgrote liefde van God en hy word nou byna verteer deur die liefde vir Hom wat hom gered het uit die geestelike diepte.

En al het die gang oor die aarde ook oneindige tye geduur, al het dit die wese ook matelose kwellinge veroorsaak, is die wese self vir sy Skepper dankbaar dat Hy hom hierdie weg laat gaan het, dat Hy hom die moontlikheid gegee het om die laaste doel te bereik en tot aanskoue van God te kom, want hierdie geluksaligheid weeg op teen alles wat die wese in sy weerspannigheid ondergaan het. En daarom is elke nuwe skepping `n bewys van die liefde van God wat die gees, wat Hom nog nie herken nie, tot insig te bring, om hom geluksalig te maak vir alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205