BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebed - Roep My aan in nood

627 Die vertroue op die hulp van die Vader sal julle alles in die lewe maklik laat verdra. Want alle leed stuur God en Heiland na julle sodat julle die weg na Hom sal vind. Kom julle egter verblind, verhard en verbitter uit die leed te voorskyn, dan beroof julle julself van alle hulp van bo. Julle sal te alle tye jul toevlug tot gebed mag neem en julle mag sodoende die grootste vertroue hê om verhoor te word. Want wat julle ookal beskore is, daar is niks so erg, dat die hemelse Vader dit nie tot `n seën sou kon verander nie.

Elke kind het die reg om vraend na die Vader te kom. Wie hom in nederigheid tot die hemelse Vader wend, sal nooit `n vergeefse versoek maak nie. Maar julle almal benut die krag van gebed te min. Julle moet julself eers in groot nood bevind, voordat julle God om hulp vra. En tog moet elke dag, elke uur, julle seën bring. Julle moet niks onderneem sonder om die seën van God daarop te vra nie. Julle moet julle in leed en vreugde na bo wend. Julle moet die krag van gebed altyd benut, want julle siele het onophoudelik hulp nodig, sodat julle die doel al in die lewe op aarde sal bereik.

En ook ontbreek dit julle aan krag. Alleen, sonder gebed, is julle maar tot weinig in staat. Maar omdat julle reg het op die genade van gebed, benut dit dan soveel as moontlik. Smeek om hulp in nood, om reinheid van hart. Vra om genade, om standvastigheid van geloof, om daadkragtigheid in naasteliefde. Vra met jou hele hart, dat God jou Sy liefde sal skenk en altyd vir jou sal sorg.

Julle mag sonder ophou vra. As julle om jul sieleheil bid, sal julle verhoor word. Want as julle insien wat julle makeer, word alle ondersteuning verleen waarvoor julle gebid het. "Vra en julle sal gegee word" sê die Heer. Hy maan julle om julle na Hom te wend in nood. Gee dus gevolg aan hierdie oproep en neem die skatte wat God jul belowe. Maar val nie ten offer aan net die vorm nie. Want die Vader verhoor nooit die wat Hom net met die lippe dringend om hulp versoek nie en wie se harte ver weg is nie.

En wanneer jul gebed nie verhoor word nie, ondersoek dan wat julle nie reg gedoen het nie. Of die gebed wel uit die diepte van die hart opgestuur is, en of dit net van die lippe afgekom het en daarom nie die oor van die Vader binnegedring het nie. Ondersoek of julle om iets aards gebid het, wat die Vader van julle weerhou vanuit vaderlike insig en wysheid. En let altyd op om in elke gebed die wil van God bo julle wil te stel. Want die Vader weet wat goed is vir julle en wat nodig is vir julle sieleheil. Hy sal julle op die regte manier beloon, maar nooit sal Hy julle iets uit verkeerde vaderliefde gee wat net tot nadeel vir die siel is nie. Onderwerp julle daarom aan Sy wil en glo dat Hy julle altyd net so beloon as wat dit vir die siel dienstig en bevorderlik is. En as julle Hom gelowig aanroep in aardse nood, dan sal Sy hulp nie wegbly nie, sodat Sy Woord vervul sal word: "Roep My aan in nood en Ek sal julle verhoor." Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205