BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Vernietiging van God se Woord - Gebed

641 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal vir ewig bly. En enigiemand wat in hierdie Woord glo, sal nooit tot in ewigheid sterwe nie, want alles wat aan My behoort het ewige lewe. En tog sal julle moet sukkel en veg vir hierdie Woord van My. Julle nader `n tyd wat uiterste verantwoordelikheid van julle sal vereis, julle sal moet wys dat julle lewende skeppings van die Godheid is en nie die kinders van die bose nie. En as julle hierdie getuienis lewer, sal julle vir alle tye geseën word. Myne sal moet veg en hulself kragtig teen die vyand verdedig, want alle aardse magte sal dit teenstaan wat van die ewige Godheid gekom het en sal nie wegskram van enige middel om dit heeltemal te vernietig nie. Maar selfs in die donkerste nag sal die lig skyn vir dié van julle wat aan My Woord vashou, en julle sal in staat wees om die weg te volg sonder die bekommernis om af te dwaal.

Luister dus: Waar die wêreld van voorneme is om teen My te werk, dit is waar Ek die teenoffensief sal berei, en dit sal die aardse mag se vasberadenheid laat wankel, want hulle sal skielik God se wrekende hand in die lug aanskou. En dit sal slegs gebeur nadat hul regulasies en wette probeer het om My leer heeltemal uit te roei, wanneer dit dus duidelik herkenbaar sal wees dat die leer van Christus nie meer aan die mense gegee mag word nie. Slegs dan sal Ek ingryp om My vegters, wat vir My werk, teen die ergste gevaar in daardie tyd te beveilig.

Wag dus rustig en met selfvertroue vir hierdie tyd; wanneer die nood op sy grootste is, sal Ek aan julle sy staan en Ek sal sekerlik weet hoe om te verhoed dat My vegters uitmekaar gejaag of vernietig word. Alles is aan My onderworpe, in die hemel en op die aarde. O, watter dwaasheid is dit om My teen te staan! En as hulle nie in My krag glo nie, dan moet dit sigbaar aan hulle bewys word. Julle moet jul krag op aarde werklik verstandig gebruik, vir die heerlikheid van God en die verlossing van julle eie siele en nie probeer om `n koninkryk te vestig op suiwer aardse begeertes en voordele nie, wat net as `n koninkryk van Babel beskryf kan word, as julle jul eie krag oorskat, met `n totale gebrek aan verantwoordelikheid teenoor die goddelike Skepper, en glo dat julle in staat is om instruksies uit te reik wat God se wil teenstaan.

Op die oomblik is dit nog steeds oorgelaat aan individuele mense om met hierdie saak te werk, wat in hulle harte deurslaggewend vir die ewigheid is. Maar julle sal riglyne gegee word oor hoe julle behoort te dink. Die wêreld en sy verteenwoordigers sal poog om al die kennis oor Christus se leer te beperk. Dit sal baie streng vereis word dat alle bestaande dokumente en Skrifte ingehandig moet word, en mense wat nie van My Woord afstand sal doen nie, sal ernstige innerlike konflikte ly. En dan sal Ek aan hulle dink in hul benoudheid.

Enigeen wat My in sy hart wil hou, sal nooit verlaat word nie en aardse owerhede sal nie in staat wees om hom aan te raak nie, want My krag is groter as hulle s'n. Die aanhitsing van die wêreld wat gaan oor die totale vernietiging van God se onderrig, sal herkenbaar wees in beide die gevolge daarvan, asook in hul nederlae, want aan die begin sal Ek dit toelaat om te gebeur om almal se aandag daarop te vestig.

Slegs wanneer die poging duidelik identifiseerbaar is, wanneer daar geen meer twyfel meer oor die erns van sulke planne bestaan nie en wanneer die benoudheid van My eie op hul grootste is, sal Ek Myself openbaar en My hand in oordeel uitstrek teen die ontkenners van My Woord, en wanneer hierdie uur gekom het, sal julle wat getrou is aan My, besef dat julle sigbaar gelei word deur die Vader se hand. Ongeag van wat die wêreld julle oplê, moet julle altyd net opkyk na My en in vaste vertroue van verlossing van hierdie teenspoed uitkyk vir My gees, wat julle sal toerus met krag om te weerstaan en julle nooit sal laat ondergaan nie. Ten einde julle siele te beskerm teen gevaar, sal Ek voortdurend in julle midde werk as `n teken van My teenwoordigheid. Amen.

Laat die hemelse Vader se woorde sag eindig in `n gebed, wat almal van julle na Hom toe moet stuur, wanneer julle teenspoed ly:

“Laat U vrede met my wees, my liefste Hemelse Vader. Gee my krag om hier te veg, en versterk my wil. Skenk my te alle tye U barmhartigheid, wys my die regte weg om te gaan. Laat my altyd en sonder huiwering van diens wees tot U eer. En as ek in moeilikheid beland, laat my geloof selfs sterker groei. Hou my, U swak aardse kind, vas met U liefde. Help my om my Verlosser te vind deur die gejaag van die wêreld. Beskerm en help my, altyd en tot in ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205