BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 451

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Gebedsverhoring - God se liefde - Verdriet of vreugde

3382 Julle mense begryp nie met welke innige liefde en sorg Ek julle omring nie, anders sou julle nie die toekoms met angs en vrees tegemoet gaan nie. Julle is tog altyd onder My sorg, Ek laat julle nie alleen nie en as julle julself tog verlate voel, is dit slegs omdat julle julself nie open vir die kragstroom wat onophoudelik van My na julle oorvloei nie. Dan moet julle daarmee worstel, sodat julle insig kan kry om My gewaar te word, julle moet julle harte na My wend en My daarin wil opneem. Julle moet net soos kinders in My Arms invlug met al julle sorge en nood en tot My bid dat Ek dit van julle sal wegneem of julle help dra, want My Liefde sal altyd daartoe bereid wees.

Uit My Liefde het julle voortgekom en My Liefde kan vir ewig nie minder word nie. En as julle die grootte van My Liefde kon begryp, dan sou julle heeltemal sorgloos deur julle aardse lewe gegaan het, omdat julle julself dan in My Liefde veilig sal voel. Want die regte Liefde wat met mag en krag gepaard gaan, kan en wil alles wat goed is, want Sy is diegene tot seën na wie Sy uitgaan. Dog gaan My Liefde uit na al My skepsels en Ek wil altyd net dit hê wat hierdie skepsels tot seën strek.

Ek wil My skepsels vir ewig geluksalig maak en Ek wil hê dat hulle My Liefde sal bemerk, omdat Sy saligheid vir hulle beteken. En as julle mense daarin glo dat Ekself die liefde is en julle nie anders as goed kan en wil doen nie, dan kan julle tog elke sorg agter julle laat. Want liggaamlik en geestelik sorg Ek vir julle en des te oorvloediger, hoe meer julle My by julle werksaam laat wees en hoe minder weerstand julle My bied.

As julle siele dus nog angstig is, hou die wêreld julle nog gevange en daarvan moet julle julself losmaak. Julle moet alles aan My toevertrou en aan My oorlaat hoe Ek die aardse lewe bestuur. Julle moet bereid wees om te offer wanneer Ek `n offer van julle verlang, want dan sal dit vir julle geestelike welsyn wees. En Ek weet waarlik wat die siel nodig het, Ek weet wanneer julle in gevaar is en Ek ken die regte middel om julle teen gevaar te beskerm. En tog is Ek bereid om julle aardse wense te vervul, as julle My in alle innigheid versoek en julle gelowig op die vervulling van julle gebede wag. Want My Liefde laat julle geen gebrek ly nie, Sy gee en vul steeds, solank as wat julle in My jul Vader sien en in kinderlike liefde na My toe kom, wanneer julle in My Liefde glo. Want My Liefde is altyd daar en steeds bereid om te gee. Wat julle somtyds as lyding aansien, is dikwels die brug tot vreugde, dog tot `n vreugde wat bestendig is en ewig nie meer versteur kan word nie.

Om `n groot doel te bereik, moet julle dikwels moeilike weë gaan, tog moet julle nie moedeloos word nie, want die doel is begerenswaardig en weeg op teen alle teleurstellinge en probleme. Maar wie onderweg magteloos en uitgeput raak, sal nie die doel bereik nie. Maar vir hom wil Ek moed inpraat en krag gee, omdat My Liefde hom die hulp nie kan weier nie. Hy moet slegs in My Liefde glo, ook al is dit nie moontlik om My Liefde in Haar hele volheid te deurgrond nie. Glo in My Liefde en doen julle bes om net soos Ek tot liefde te omvorm, deel ook dit uit wat julle besit en gee My daardeur die reg om in en deur julle te werk, want julle sal dan versterk word op julle lewensweg. Julle sal alle hindernisse oorwin en alles uit My Hand dankbaar en berustend aanvaar, naamlik leed en vreugde. Want beide is deur My gestuur om julle voort te help met die ontwikkeling van julle siele. En as julle voortdurend met My in verbinding bly, as julle harte steeds by My wil wees, as julle al julle sorge aan My toevertrou, dan sal Ek julle troos en versterk en julle leed van julle afneem. Want My Liefde verlaat julle nie in nood nie, julle wat Myne wil wees, wat aan My wil behoort tot in alle ewigheid. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205