BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 453

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Maatreëls teen die werksaamheid in liefde

3389 Die wêreld sal eise aan julle stel wat julle nooit sal kan vervul as julle ag slaan op God se gebooie nie. Julle moet wel die wêreldse owerheid onderdanig wees, maar as daar openlik van julle verlang word dat julle teen Sy goddelike wil in handel, dat julle dus op die gebod van naasteliefde geen ag mag slaan nie en moet sondig deur liefdeloos op te tree, dan moet julle slegs vir God as julle owerheid erken, sodat julle siele nie ter wille van aardse voordeel verlore gaan nie.

En daarom moet julle die wil van God in julself vas inprent. Julle moet weet waarom julle dit sal moet nakom en watter gevolge `n handeling teen Sy wil vir julle sal oplewer. Julle moet weet hoe buitengewoon noodsaaklik die werksaamheid in liefde op aarde is en dat slegs die liefde julle kan verlos. Verder moet julle weet hoe onbestendig aardse goedere is en wat se onvoordelige ruil julle maak, wanneer julle, terwille van hierdie aardse goedere, julle sieleheil prysgee.

Julle sal baie in die noute gedryf word. En dit sal nie maklik wees om teen die vereistes van die wêreld weerstand te bied nie. Maar julle sal dit kan doen, as julle God om krag vra en julle des te meer by God aansluit, hoe meer die wêreld julle van Hom wil skei. Want dit alles beoog hulle met hul planne en maatreëls, sodat die Christelike leer van liefde uitgeskakel kan word en gevolglik God Self, wat slegs deur die liefde gevind kan word en wat hulle van die mense wil vervreem.

Die mense weet niks van die krag van liefde nie, anders sou hulle probeer het om dit te verkry. Hulle ken slegs eieliefde en hulle probeer hulle besit te vergroot ten koste van hul naaste. En hulle het dus geen agting vir die gebod van naasteliefde nie en hulle eis dieselfde van hul medemens, in plaas van om hulle tot liefde aan te moedig. En hulle sal die mense, wat die gebooie van God tot hulle riglyn gemaak het, erg in die noute bring, omdat laasgenoemde nie in ooreenstemming sal wees met die gebooie van die wêreldse owerheid nie.

En dan sal hulle ernstig moet ondersoek, in hoeverre God se wil te herken is in die vereistes wat die wêreldse owerheid stel, want wat skadelik is vir die naaste, mag nooit uitgevoer word as dit omseil kan word nie, dit wil sê, in soverre die mens nie deur dwangmaatreëls by magte is om hulself te verweer nie.

Die liggaam sal leed en lyding op homself moet neem as dit `n sondige daad daardeur kan afwend. Want sy siel sal eens daarvoor dankbaar wees, deurdat dit hom sal bystaan in sy latere positiewe ontwikkeling. Tewens is die nood van die liggaam nie van lange duur nie. Maar die siel moet in die hiernamaals boet, as sy nie op die aarde die gebod van naasteliefde in ag neem nie en haarself terwille van aardse voordeel volgens die begeerte van die wêreld voeg, wat liefdeloosheid van die mense vereis. Want wanneer dit sal heers, dan regeer die duiwel die mense en aan hom mag julle jul nie onderwerp nie. Julle sal aan hom weerstand moet bied, selfs wanneer julle baie in die noute gedryf word en vir julle liggaamlike lewe vrees. Want daardeur red julle julle siele van ondergang, en deur julle voorbeeld ook die van julle medemens, as julle die liefde beoefen, ook wanneer die wêreld julle daarin wil verhinder. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205