BOEK 1 - OPENBARINGE EN PROFESIEE VIR LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 454

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511.

Verpligting om geestelike kennis oor te dra

3390 Julle word voortdurend opdrag gegee om julle kennis te verhoog, en krag word ook voortdurend aan julle deurgegee wat julle ook vir geestelike werk behoort te gebruik. Daarom moet julle gebruik maak van hierdie krag deur die verspreiding daarvan wat aan julle oorgedra word deur die geestelike onderrig, deur dit oor te dra wat julle ontvang het. Geestelike krag moet nooit tot rus kom nie, d.w.s. `n persoon met krag tot sy beskikking, moet nooit onaktief bly nie, dus moet geestelike krag ook deurlopend gebruik word, anders sal dit sal weggeneem word van die persoon wat dit laat ledig lê. Geestelike werk is alles wat bydra tot `n ander persoon se kennis, dit maak nie saak op watter manier hierdie kennis aan hom meegedeel word nie, slegs die feit dat dit meegedeel is, is belangrik. En hierdie taak word aan julle gegee wat die geestelike kennis van God ontvang, hetsy direk of deur Sy instrumente.

Almal aan wie geestelike kennis aangebied is, en na beraadslaging daaroor, dit aanvaar as sy geestelike besit, sal net voordeel daaruit trek wanneer hy dit met liefde oordra. Want sodra dit vir hom waardevol geword het, sal hy dit ook deel met sy medemens, anders is hy nog steeds in die greep van kragtige selfsugtige liefde en die seën van God se barmhartigheid sal nouliks deur hom gevoel word. Geestelike kennis moet nooit braak lê indien `n persoon nie wil waag dat dit geheel en al van hom onttrek kan word nie. Want dit is `n goddelike wet dat hy wat gee, sal ontvang, en onbaatsugtige naasteliefde is `n voorvereiste sodat die mens kan ontvang. Die geestelik strewende aspirant moet aandag gee aan sy gevoelens en sy begeertes sal toegestaan word, maar dit verplig hom ook om die waarheid deur te gee aan een wat, soos hy, dit wil weet. Verder verbind dit hom ook om die waarheid oor te dra waar valsheid nog bestaan, want die waarheid sal die valsheid vervang.

En dus moet `n draer van die waarheid `n aktiewe poging aanwend om lig te bring aan al die plekke waar duisternis nog bestaan. Dit is geestelike werk wat nooit uitgesluit moet word nie, indien die mens geseënd wil wees om deur die geesteryk opgelei te word. Want die mens is altyd maar net die instrument van die ligwesens wat die waarheid wil deurgee aan alle mense, veral diegene wat in hulle sorg is en geestelik deur hulle gelei word. Mense kan self net selde die ligwesens se sagte stem hoor; daarom kweek hulle instrumente vir hulself wat namens hulle sal praat.

Hierdie aktiwiteit moet nooit geïgnoreer word deur `n ontvanger van lig nie, hy moet praat waar die geleentheid hom voordoen, hy moet mondelings en op skrif kommunikeer, hy moet gebruik maak van elke dag en elke uur en die werk doen waarvoor hy homself aangebied het om vir God te doen, en hy sal deurlopend sukses behaal. Hy sal in staat wees om geestelik te vorder en so ook die mense wat deur hom geestelik toegerus word. Hierdie vermaning is van toepassing op almal wat verkwik word deur die fontein van die ewige lewe en krag en moed put uit die goddelike Woord. Almal beweeg in `n gebied van diensbaarheid waar hulle baie vlytig kan wees, en hulle moet dit nie nalaat nie, anders maak hulle hulself onwaardig vir die ontvangs van die waarheid wat hulle van bo aangebied word. Want dit is kosbare kennis en moet tot voordeel van die mense oorgedra word, sodat dit die geweldige geestelike nood sal regstel, wat die oorsaak is van die mensdom se geestelike verval en wat ook aardse nood en lyding tot gevolg het. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205